1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4314971

Besoekers aanlyn

Ons het 66 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAARMEE IS ONS BESIG. . . EN WAAROM IS ONS HIERMEE BESIG

BybelPs. 30:1-13

“Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?” (:10)

“sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.” (:13).

Dit is nodig om in ons gejaagde lewe van vandag gereeld “halt” te roep. Dit is onontbeerlik om op ‘n gereeld grondslag aan myself die vraag te stel oor wat ek hier op aarde doen. Waarmee is ek besig en meer belangrik, waarom is ek hiermee besig? Ek dink dit is nodig dat ons veral sal let op laasgenoemde, nl. WAAROM is ek besig met dit waarmee ek besig is?

Die Psalmdigter roep God aan en smeek God om genesing. Wat meer is, is dat die Psalmdigter vir God vra om hom te genees en dan ‘n rede vir sy versoek aanvoer - sodat hy God kan verheerlik. Die Psalmdigter verduidelik in vers 10 dat ‘n dooie siel God nie kan verheerlik nie, maar indien God hom sou gesondmaak, sou hy egter in staat wees om God te verheerlik.

Ons samelewing krioel van lewende lyke. Daar is soveel mense wat asemhaal, maar geestelik is daar geen lewe meer nie. Die lewe is vir hulle maar niks anders as ‘n tydsverloop waarin hul gebore word en weer eendag sal doodgaan en in die tydperk tussen lewe en dood probeer hulle die tyd maar net verbykry en hoop op die noodlot vir die beste.

Daar is ook die volgende groep mense wat darem ‘n bietjie meer entoesiasties oor die lewe is, maar dalk om die verkeerde rede. Diesulkes wat onophoudelik streef na pret, opwinding en prestasie. Die dryfkrag hieragter is gewoonlik dat hul alles in die stryd werp om ander mense te probeer beïndruk al sou dit beteken dat dit menigmaal ten koste hul geestelike welsyn sal wees.

Die samelewing gaan mank aan mense wat doelgerig leef met die strewe om God deur hul lewens te verheerlik. Wanneer ek praat van mense wat God verheerlik, bedoel ek ‘n verheerliking in liggaam en gees soos die verheerliking waarvan ons lees in 1 Kor. 6:19-20:”Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” Dit is nie alleen ‘n verheerliking deur gereelde kerkbywoning en die mooi sing van geestelike liedere of dalk ‘n verheerliking met die tong nie. Alhoewel al laasgenoemde aangemoedig moet word, eindig ons verheerliking van God nie daarmee nie. Dit moet neerslag vind in ons daaglikse handel en wandel. Dit moet die antwoord wees op my vraag – waarom is ek in my lewe besig waarmee ek besig is?

Dink so ‘n bietjie aan die gemeenskap rondom u. Hoeveel mense ken u wat hul werk doen net om aan die einde van die maand hul vergoeding te ontvang? Hoeveel mense daarenteen ken u waarvan u kan getuig dat hierdie mense God waarlik dien in hul beroep?

Kom ons kyk ook ‘n bietjie na kinderopvoeding. Dit is geen uitsonderlike gesig om te sien hoedat ouers ywer om van hul kinders die beste presteerders te probeer maak om ander te beïndruk nie. Dit is egter ‘n kosbare en redelike seldsame gesig om te sien dat ouers besig is om hul kinders op te voed in die vrese van die Here. Die besef dat hul kinders bes moontlik eendag ‘n ander persoon se lewensmaat gaan word en ‘n rol in die samelewing sal moet vervul wat tot voordeel van sy gemeenskap moet wees kan as ‘n seldsame idee beskou word.

Wanneer u ‘n paar jong seuns in u gedagtes oproep, kan u dink hoeveel daar is wat sal probeer om hul vrouens lief te hê, te koester en lief te hê soos wat Christus Sy kerk liefhet? Terwyl daar talle is wat daarop uit is om soveel moontlik wellustige pret saam met meisies te geniet gaan ons volk mank aan verantwoordelike en eerbare jongmanne. Terselfdertyd is daar dan ongelukkig ook te veel jong seuns met die skeefgetrekte siening dat sy vrou eendag sy vloerlap sal wees wat sal moet spring wanneer hy sy vingers klap terwyl God die vrou as die man se hulp, maar nie sy slaaf, gemaak het nie.

Hoeveel jong meisies ken u wat daarna streef om ‘n reine lewenswandel na te volg en te probeer leer om eendag ‘n goeie hulp vir hul man te wees soos wat God die vrou se rol verorden het? Jy moet seker ‘n bietjie bykom jongman, want die vrou van vandag is dinamies en leef lankal nie meer in haar man se skadu nie. Dit is volgens die wêreld baie meer aanneemlik om ‘n goeie beroepsvrou te wees en dalk sommer in die tussentyd te kyk hoe gewild sy kan wees deur die een verhouding na die ander deur te werk.

Terwyl die wêreld se standaard vir ‘n “goeie meisie” gemeet word aan hoeveel aandag sy met haar skoonheid kan trek word sy daarenteen kosbaar in God se oë geag juis wanneer sy hierdie wêreldse standaard heeltemal druip. “SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.” (1 Tim. 2:9&10).

So wonder ons ook telkens hoeveel mense daar is wat met ‘n opregte gesindheid kerk toe gaan en vir hoeveel lidmate dit maar net ‘n gewoonte begin raak het. Die onderskeid word soms getref wanneer die Woord van die waarheid reg gesny word en mense ernstig aangespreek word. Daar is dan menigmaal diegene wat hulself opruk en vir die waarheid van die Woord vererg en diegene wat hul met opregte berou bekeer onder skuldbesef.

Daar is soveel mense wat hulself graag Christene noem. Wanneer ons in waarheid soek na daardie individue wat daadwerklik streef om God in liggaam en gees te verheerlik, word hierdie groepie skielik heelwat kleiner.

Dit is vir ons soms onverstaanbaar dat die Almagtige God wat aan ons voorouers beloof het om Sy Hand oor ons volk – ‘n Christenvolk – hier in Afrika te hou, toelaat dat ons toekoms só donker daaruitsien. Ons vergeet egter te maklik dat ‘n deel van hierdie verbond tussen ons volk en God was dat ons Hom in ons volkshuishouding sal verheerlik.

Wanneer dit derhalwe vir ons as ‘n volk voel asof ons tans ook besig is om in die doderyk weg te sink moet ons onsself die vraag afvra of daar nie meriete hiervoor is nie? Waar is die heerlikheid wat ons aan God beloof het – daardie heerlikheid wat aan ons ‘n bestaanreg en sinvolle begrip vir ‘n doelgerigte bestaan gee?

Die eerste vraag(WAARMEE) is natuurlik weer: “Hoe donker moet dit rondom ons volk word alvorens die verheerliking van God in ons liggaam en gees, in ons woorde, denke, strewes en dade ons hoogste strewe sal wees?”

Die volgende vraag is dan ook – WAAROM sal ‘n lewe tot verheerliking van God opnuut ons strewe word? As dit sal wees om net maar iets (bv. staatkundige vryheid, ekonomiese voorspoed, ens.) van God te probeer kry, moet ons dit sommer uit die staanspoor laat vaar. As dit egter is omdat ons Hom in waarheid en met ‘n opregte hart liefhet, kan ons verseker wees dat ons Godsverheerliking aan die hele wêreld sigbaar wees! “Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees.” (Jes. 58:8).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie