1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4383867

Besoekers aanlyn

Ons het 20 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

KOERS IN DIE KRISIS ... OF LIEWER ... ‘N KRISIS IN DIE KOERS VAN SUID AFRIKA?

Op pad na die afgrondMet die uitslag van Suid Afrika se skoolverlaters met weinig wat na 12 jaar se opleiding en onderrig behoorlik kan lees, reken en spel en met afwaartse aanpassings in wiskunde nou toelating tot universiteit, verblyf en fondse moet kry, skuif die duisternis van Afrika al verder Suidwaarts met ‘n donker skaduwee oor die moontlikheid van vooruitgang!

As die voorneme van die ANC regime, afgelei uit Zuma se retoriek van versnelde grondhervorming (sonder vergoeding)en meer aandag aan die gelykmakingsproses daarby gereken word, is dit duidelik dat die Afrikawetmatigheid van “vat van die blanke en gee dit aan die nie-blanke”, die ANC in beheer moet hou.

Die koers is dus verhoogde onsekerheid, minder beleggings, laer inkomste en dienooreenkomstig, groter verval. In die politiek sal daar hoër gebie moet word vir stemme as die bod van die ANC, wat in ‘n baie beter posisie verkeer om beloftes van hierdie aard te maak as of die EFF, of die DA.

Vir die blanke in Suid Afrika is daar géén voordeel in die vooruitsig behalwe in die mate waarin hy bereid is om homself te bemagtig nie. Indien die blankes sou besluit en daadwerklik begin om hulle kinders in massa uit die staatskole te verwyder, sou dit al ‘n reuse sprong tot selfbemagtiging wees. Dit waaraan ons kinders in die ANC se skole nou blootgestel word, rus hulle glad nie toe vir die uitdagings van môre nie en beïnvloed hulle lewens-en-wêreldbeskouing uiters negatief.

Met die oplewing van Nasionalisme in veral Europa wat nou gedwing word om hulle identiteit te beskerm, het die klimaat van negatiwisme teenoor die beleid en beginselstandpunte van die Afrikanervolk feitlik onverdedigbaar geword en moet ons daarvan kennis neem en gereed maak om dit te benut! Die koers waarin Suid Afrika onder die Swart ANC regime beweeg, word al meer met kritiek beloon uit selfs hulle stoere liberale internasionale ondersteuners!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie