1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4542241

Besoekers aanlyn

Ons het 97 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

NOG STATISTIEK OOR MATRIEK – IS DIT ONDERWYS?

School FailDeur Leonard van der Dussen

Die matriekuitslae van 2016 is aangekondig. Die minister het met Powerpoint die wêreld meegedeel dat die slaagsyfer 72,5% was, en verskeie ander persentasies meegedeel soos die nege provinsies se slaagsyfers en dan ook vrystelling vir graadstudies, diplomastudies ensovoorts; maar is dit onderwys?

Dit is onvermydelik dat daar maatstawwe moet wees en dus statistiek. Tendense en statistiek is noodsaaklik vir bestuur, maar dit is moeilik om tussen al die statistiek en retoriek vas te stel of die onderwys, die onderrig, die opleiding, werklik sy doel bereik. Suid-Afrikaanse onderwys is verpolitiseer met die CAPS-kurrikulum waarvan die onderliggende hoofdoelstelling is om die sogenaamde ongeregtighede van die verlede reg te stel en dus gelykmaking ten doel het, terwyl die vakkundige doelwitte laer af in die rangorde is.

Gelykmaking is akademie se vyand: die ware vakkundige en student is objektief op soek na meer kennis, dieper insig, verbetering in tegniek en streef dus hoër en na uitnemendheid. As gelykmaking die doel is, werk dit reëlreg teen akademiese uitnemendheid, word die strewe na meer, dieper en verbetering deur die strewe na die laagste gemene deler vernietig.

Suid-Afrika se verpolitiseerde sosialistiese onderwysbenadering kom bo-op die wêreldwye probleem van gemeganiseerde onderwys waarin die meting, die behaling van sertifikate en beste punte, die eintlike proses van onderrig en die warmte van leermeester en leerling en die oordra van nie net die gemeganiseerde kennis nie, maar ook die implisiete kurrikulum van toewyding, entoesiasme, vakkundige nuuskierigheid en die lag en huil en dus emosies van die vak ondergeskik gemaak word aan die kurrikulum en hoe om die beste punte in die vraestel te behaal.

Dit moet verstaan word dat onderwys snitte en grepe van kennis en vaardigheid gebruik om die vak te onderrig; dit is onmoontlik en onprakties om die totaliteit van ‘n vak heeltyd in die oog te hou, en noodwendig moet daar stelselmatig te werk gegaan word van die basiese tot die meer ingewikkelde en die meer omvattende. Die doel moet wees om deur voorbeeld en snitte van kennis die aanvoeling en begrip en bemeestering van die geheel te ontwikkel. Dit gebeur nie waar die doelwit net meting deur eksaminering is en al die fokus dus klinies op die verskraalde snit van kennis wat in die onderrigproses gebruik word, geplaas word nie.

Die gevaar van verskraling en gebrek aan ontwikkeling word oorkom deur hoofsaaklik twee faktore in onderwys: eerstens menslike onderrig, waar die leermeester sy leerlinge onderrig en die studente onderling mekaar sien en ervaar en die vak geniet en bespreek en daar dus nie net by die kliniese voorgeskrewe gedeeltes en voorbeelde stilgestaan word nie, en tweedens deur eksaminering op toepassing te fokus en nie net weergee van die dieselfde snitte en voorbeelde wat in die onderrig gebruik is nie. Waar die klem op die statistiek en die meting is, ly die vakkundigheid skade, want die onderwysproses word gerig op die behaling van punte in die vraestel en dus bly die fokus op die voorbeelde en die eksamen, en nie op verkenning en bemeestering van die vak in sy omvangrykheid nie. Dis globale problematiek wat orals gesien word en waaraan wêreldwyd toenemend weer aandag gegee word.

Suid-Afrika het die bykomende probleem van die strewe na die laagste gemene deler om die regering te onvermoë tot doeltreffende regering en bestuur te verbloem, met ‘n regering van die dag wat desperaat probeer om die slaagsyfer – die persentasie – te verhoog. Die gevolg is verskraling van kurrikulum – beide in wydte en diepte – en ‘n kultuur van eksamendeurkomgerigtheid, pleks van vakkundige en akademiese verbreding en verdieping.

Die ware presteerders is die eerste slagoffers waar hulle ontneem word van die geleentheid om waarlik te kompeteer, uitgedaag te word en te presteer in ‘n omgewing waar onderskeidings goedkoop geword het, en die arme presteerder homself nie kan onderskei van die kwasi-presteerders nie en maar deel is van ‘n oorgroot groep van baie onderskeiding-kandidate.

Die land en sy ekonomie en voortbestaan is egter die hoofslagoffer, want kundigheid, vaardigheid en die strewe na hoër en beter word ernstig benadeel, wat tot verswakking in die ekonomie lei, en selfs op persoonlike vlak die bevolking benadeel soos met verswakkende mediese kundigheid en vaardigheid, maar so ook op al die terreine van die samelewing.

Onderwys het wêreldwyd probleme as gevolg van die twintigse eeuse verskraling tot prosedurering en meting. Suid-Afrika is deel van hierdie probleem, maar vererger sy probleme met laagste gemene deler-onderwys wat geleidelik lei tot ekonomiese rampspoed en agteruitgang in ‘n globale samelewing.

Die waarneming van die verskynsel oor die algemeen is een ding. Wat verstommend is, is die mate waartoe die samelewing in Suid-Afrika aan hierdie rampspoedige staatsonderwys bly vasklou en die baie A’s geniet en aanprys, skynbaar sonder insig vir die toekoms. Dis vir die “Model C”-deel van die samelewing maklik om hulleself wys te maak dat hulle darem aan die bopunt van die staatsonderwys bly presteer, maar sonder om te erken dat dieselfde slaagpersentasies as in onderwys van die vorige bedeling wat behaal word in ‘n veel laer standaard.

Daar is pogings na beter, soos die skole wat die IEB-eksamen skryf, maar hierdie onderwysstelsel bly verbonde aan staatsonderwys en die gelykmakende invloed van Umalusi en het dus beperkte beweegruimte, wat self erken dat dit binne die CAPS-kurrikulum en dus staatsvoorskrifte funksioneer; maar gee krediet aan die beter aanbiedings en gedeeltelike oplossing wat dit bied: vir minder as 2% van die land se matrikulante. Met nog so klein persentasietjie wat buitelandse opsies soos die Cambridge International Examinations gebruik.

Denkende mense sal vinnig en skerp moet optree oor hulle kinders se skoolonderrig. Die staatsonderwys is nie die oplossing nie, en om deel te bly van die 98% van die bevolking en te bly deel in die afwaartse spiraal na die laagste gemene deler toe, is geen toekoms nie. Word deel van die sowat 2% wat buite die staatsmatriek funksioneer, en maak dit groter, dan het ons land dalk ‘n toekoms.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie