1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4352217

Besoekers aanlyn

Ons het 120 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

KRUISPAD – MAAK SEKER VAN JOU KEUSE

BybelGénesis 13:1-18

“Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.” (:10).

Ons sien in hierdie gedeelte hoe twee manne voor verskeie keuses te staan kom. Daar is dan ook tussen hierdie twee manne ‘n duidelike onderskeid in die beweegrede van die keuses wat hulle uiteindelik maak.

Abram maak die eerste keuse, nl. dat hy en Lot ter wille van vrede hul huishoudings en besittings van mekaar moet skei. Abram is sonder enige twyfel die ouer man en die “meerdere” in hierdie situasie en beklemtoon verder sy groter karakter deur vir Lot die geleentheid te bied om sy keuse van die land eerste uit te oefen.

Die keuse is vir Lot voor-die-hand-liggend. Die landstreek van die Jordaanstreek is ongetwyfeld die beter landstreek en die beweegrede van sy besluit is hoofsaaklik om sy eie stoflike belang te bevorder. Om laasgenoemde te verwesenlik, vestig Lot homself in die sondige gemeenskap van Sodom. “En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.” (:13).

Abram berus daarin dat God die Beskikker van sy lewe is. Abram begin nie met God twis of om Sy regverdigheid te bevraagteken nie. Abram gaan leef nie in bittere afguns of vermakerigheid en vermoei homself om vir Lot te wys dat hy meer voorspoedig as Lot sal wees op die “swakker landstreek” waarmee hy nou opgeskeep moet sit nie. Abram vind rus in die beloftes van God en dien Hom getrou in die landstreek wat hy glo God vir hom afgemeet het. “...en hy het het daar vir die HERE ‘n altaar gebou.” (:18).

Ek wonder hoe lyk die beweegrede van die deursnee individu in ons samelewing waarvan die meerderheid hulself as Christene beskou? Is die beweegrede van ‘n moeder om ‘n beroepsvrou te word en in die sakewêreld uit te munt waarlik die welstand van haar gesin? Kan ek nie met reg sê dat hierdie vrou se begeerte na dit wat voor oë begeerlik is haar rol deur God ingegee oorskadu nie? Wanneer ‘n pa nie genoeg van geld kan kry nie en sy plig as priesterkoning in sy huis versaak omdat hy nooit tuis is nie is dit gewoonlik omdat sy begeerte na geld en sukses swaarder weeg as die plig wat hom deur God opgelê is. Wanneer kinders hul ouers manipuleer om hul sin te kry en sodoende hul hele huisgesin ontwrig, is dit omdat ‘n enkele kind se selfsug die beweegrede van besluite word.

Nou is die vraag wat vanoggend aan u gerig word:”Wat is die beweegrede van die besluite wat u in die lewe neem?” Is u diensbaarheid aan God en gehoorsaamheid aan Sy Woord onderliggend aan u besluitneming? Ons as gelowiges is ook veronderstel om deurgaans in ons lewens besig te wees om daagliks na die wil en weë van die HERE te vra soos wat soveel geloofshelde vir ons die voorbeeld gestel het. Ons dink byvoorbeeld aan Moses wat in Exodus 33:12 vir God smeek om vir hom die lewensweg vorentoe aan te dui. “As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; ...”

Daar is soveel mense wat reken dat ‘n geloofbelydenis met die lippe hul geloofsverantwoordelikheid op aarde afgehandel het. Ek het mos nou gesê ek glo in God en in Jesus en nou kan ek mos met my lewe voortgaan? Waarom wil u só eensaam deur hierdie lewe gaan met al sy uitdagings, teleurstellings en beproewings? Dit is dalk omdat u van mening is dat God u voorheen in u lewe in die steek gelaat het. U was dalk onder die wanindruk dat nadat u tot bekering gekom het die lewe net maanskyn en rose sal wees en toe ‘n verskriklike ontnugtering gekry het. Die rede vir laasgenoemde sou wees omdat u kennis van die Woord tekort geskiet het, want ‘n grondige Skrifkennis sou vir u leer dat gelowiges nie teen teëspoed gevrywaar word nie. Ware gelowiges het egter die versekering dat God hul nooit in hul teëspoed en beproewing sal begewe of verlaat nie. “...want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” (Hebr. 13:6).

So het God nie vir Moses gevrywaar teen enige beproewing in die uitvoering van sy roeping wat hy van God ontvang het nie. God het egter saam met Moses getrek om water uit die rots te laat vloei in tye van droogte in die woestyn. Hy het kwartels en manna gestuur in tye van hongersnood en het die Skelfsee gekloof in ‘n tyd van benoudheid om die teëstanders van Sy kinders te oorweldig. Hy het selfs by geleentheid die aarde oopgeruk om diegene wat hulself teen Moses verhef het in te sluk.

U het dalk opgehou om u lewensbesluite te rig volgens die voorskrif van die Woord omdat u van mening is dat daar langs hierdie weg te veel voorskrifte is. Noukeurige ondersoek en deeglike oordenking sal u tot die besef bring dat vermaning en tug langs die nou weg van die lewe nie onnodig is nie, maar juis om ‘n mens se lewe koersvas te hou in ‘n wêreld vol versoekings waarin dit so maklik is om te dwaal. “Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” (Spr. 14:12). Dit is diegene wat na vermaning in die Woord luister wat weer hul weg in die lewe vind, terwyl diegene wat dit ignoreer en hul oor daarvoor toestop heeltemal verdwaald in die lewe raak. “ ‘n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.” (Spr. 10:17).

Ek kan met redelike sekerheid sê dat elkeen wat vandag hierdie woord hoor en die lewe gespaar bly oor die volgende paar jaar verskeie besluite sal moet neem. Sommige daarvan sal dalk so belangrik wees as ‘n beroepskeuse of die keuse van ‘n lewensmaat. Sommige sal op die oog af minder belangrik voorkom, maar met verloop van tyd besef u dalk dat ‘n sekere besluit belangriker was as wat u op daardie betrokke stadium besef het. Ek wil u tog versoek om vandag alreeds ‘n enkel besluit te neem wat al u toekomstige besluite sal beïnvloed. Dit is die besluit, die keuse, om God in al u besluite in die lewe te ken. “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (Spr. 3:6).

As u dalk net vir ‘n oomblik hierin huiwer en wonder of u Hom werklik met alles in u lewe kan vertrou, wil ek u oog opnuut vestig op dit wat by Gólgota gebeur het. Dáár het Hy vir my en u, as gelowige kinders van God, eerstehands gewys hoe getrou en betroubaar Hy werklik is!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie