1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4449787

Besoekers aanlyn

Ons het 74 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

AVP REAGEER OP DIE ARTIKEL VAN DION FORSTER DEUR MIDDEL VAN KOMMENTAAR VAN DR. HENDRIK BREYTENBACH.

KERK EN STAATIS ‘N VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT WERKLIK ONGEWENS OF SELFS GEVAARLIK?

DANGEROUS ECHOES OF THE PAST AS CHURCH AND STATE MOVE CLOSER IN SA

Dion Forster, Direkteur van die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Stellenbosch Universiteit, se opskrif verraai reeds sy vooroordeel ten opsigte van die ”verhouding” tussen kerk en staat wat bestaan het in wat hy die apartheid verlede noem.

Hy stel dit dat Suid Afrika nogeens voor die uitdaging te staan kom van ‘n gekompromiteerde verhouding tussen kerk en staat. Dit impliseer dat daar só ‘n soortgelyke verhouding in die verlede was.

Dat die kerk in ‘n gelowige volk se lewe onvermydelik ‘n bepaalde en vaste rol sal hê, is onafwendbaar. Dit is hieraan waar die sogenaamde “mensereg” ondergeskik is en nie die bepalende norm moet wees nie.

Forster se geregverdige kommer oor die huidige ontwikkeling waar Zuma en die ANC van kerklike instellings misbruik maak en sommige kerke daarvoor ontvanklik is en was, is egter die kulminasie van die wanvertolking en veroordeling van die beleid van afsonderlike ontwikkeling wat juis deur liberale en swak toegeruste kerkleiers verketter is tot euwele beleid.

Die AVP plaas dus graag die kommentaar van Dr. H Breytenbach op die wanstaltige vertolking van Dion Forster direk na sy artikel, sodat die ware en geregverdigde verhouding tussen kerk en staat, soos wat dit bedoel is om te wees, vir elkeen wat hierdie artikel lees duidelik sal wees, ook met die oog op die AVP se siening wat presies in lyn lê met dié van dr. Breytenbach.

Enkele opmerkings oor Forster se artikel. (Dr. Hendrik Breytenbach)

1. Die eerste opmerkings oor die invloed en vertroue wat in die kerk gestel word, is korrek. Dit is ook so dat politici as gevolg daarvan die steun van die kerk probeer wen. Die presidentsverkieings in die VSA is bv ‘n sprekende voorbeeld.

Dat dit ook in Suid-Afrika gebeur het, kan nie ontken word nie. Die ommekeer sedert 1966, en veral sedert die Broederbond se verraad vanaf 1986, kon nie plaasgevind het indien die kerk aan die evangelie getrou gebly het nie. Dat John Vorster, P W Botha en FW de Klerk nie geskroom het om die kerk en godsdiens vir hulle eie propaganda te misbruik nie, staan vas. Net so min kan die ANC-regering die aanvaarding van sy menseregteprogram sonder die steun van kerke wat aan die evangelie ontrou geword het, laat slaag. In die verband is die pogings uit die geledere van die N G Kerk, die Hervormde Kerk en die Gereformeerde Kerke om bv Jeugdag en Geloftedag as Versoeningsdae te koppel en te propageer, die steun uit daardie geledere om “rassisme” te kriminaliseer en die pogings om G(ay)L(esbian)T(ranssexual)B(isexual) regte te bevorder, sprekend. Daar was dus ‘n onheilige verhouding en daar is steeds so ‘n verhouding. Dat die ANC dit uitbuit en toenemend sal uitbuit namate hulle steun kwyn, is onteenseglik. Maar nie net die ANC nie: binne die geledere van die DA (en elke ander politieke party) word dieselfde spel gespeel.

2. Die kerk (as instituut) is nie minder aan die versoeking blootgestel om ‘n onheilige verhouding met die staat te hê nie. Omdat die staat oor die magsmiddele beskik wat die samelewing orden, is dit dikwels vir die kerk ‘n versoeking om so na aan die staat te lewe as moontlik, sodat hy invloed oor die mag van die staat kan kry en homself as instituut kan versterk. Dit is ‘n teken van die wankelende geloof – selfs ongeloof – in die kerk, want sy vertroue is nie op God en sy wapenrusting nie, maar op mense en hulle mag. Daarom is dit nie verbasend dat kerke wat nie langer vas staan in Woord en Belydenis nie, so na as moontlik aan die beskermende sambreel van die staat beweeg. Teenstand teen die ANC-regering uit die sinodes van die NGKerk; die Hervormde Kerk of die Gereformeerde Kerke is ondenkbaar in ons huidige politieke opset.

3. Die bewering dat apartheid die gevolg was van ‘n ketterse teologie, spreek van ‘n sterk ideologiese vooroordeel en is pure nonsens. Rasse-onderskeid is ‘n Godgegewe werklikheid wat in die Skrif begrond is. Gerieflikheidshalwe word vergeet dat daar nooit in die teologie of in die kerke wat apartheid begrond het, enige sprake was van wit bevoorregting en swart onderdrukking nie. Die teologie is gelei deur die Groot Gebod in altwee dele. Daarom was apartheid ook vir die gekleurdes in die land nie net die geleentheid tot selfontplooiing nie, maar tegelyk die tydperk waarin hulle die vinnigste ontwikkeling op kulturele, politieke, ekonomiese en onderwysterrein beleef het.

4. Forster se gebrek aan historiese perspektief word duidelik in sy beoordeling van die verhouding teologie-apartheidstaat. Die kerke was nie in ‘n betreklik gespanne verhouding met die owerhede in die eerste jare na die Engelse Oorlog. Die CNO-skole en kerklike weeshuise is nie opgerig in samespanning met die staat nie, maar in gehoorsaamheid aan die Woord, selfs al het dit die teenstand van die regering ondervind. Net so is daar uit kerklike geledere, in gehoorsaamheid aan die Woord, lank vóór daar sprake was van ‘n apartheidsbeleid, ingegryp om die verbastering en verarming van die Afrikaner te stuit. Dit het gelei tot ‘n redelike gespanne verhouding met die ou SAP-regering. Histories besien, het die kerk die staat voorgegaan in sy pogings om geregtigheid aan alle rasse in die land te laat geskied, sonder om die Afrikanervolk op die altaar te plaas. By die kerk se pogings om ‘n etiese oplossing vir die rassevraagstuk te bied, het die beleid van apartheid later aansluiting gevind.

5. Die verhouding tussen kerk en staat word in die NGB art 36 uiteengesit. Die kerk regeer nie die staat nie, maar stel die owerheid voortdurend onder die gesag van die Woord. Daarom tree die kerk op as profeet. Die staat, as instelling van God, regeer só oor sy burgers dat sy optrede nie in stryd is met die Woord nie. Dit beteken dat die staat ‘n dienskneg van God moet bly en sy eerste sorg is dat sy burgery nie meegesleep word op ‘n ewige doodspad nie. Die norm vir enige staatsmisdryf bly steeds die Woord. Omdat Forster ideologies bevooroordeeld is, kan hy nie insien dat ‘n sekulêre staat, gedryf deur die humanistiese kultuur en gebou op die sisteem van menseregte, ‘n vyand van God geword het nie. Die enigste verhouding wat met reg kan bestaan tussen so ‘n staat en die kerk, is die verhouding waarin die staat voortdurend met die kerk as draer van die Woord gekonfronteer word.

6. Voor 1981, met die heidengrondwet van PW Botha, was die verhouding tussen kerk en staat nie ‘n gespanne, konfronterende verhouding nie. Die regering was immers hoofsaaklik christene, wat as gelowiges ook in hulle optrede as regeerders in gehoorsaamheid aan die Woord moes optree. Dat die kerk in daardie omstandighede ‘n besliste rol gespeel het om die owerheid in sy optrede te steun – optrede wat die kerk verstaan het as korrek en bybels, omdat dit so was – is vanselfsprekend.

7. Na 81 het die verhouding verander. Sedert daardie tyd leef ons in ‘n sekulêre staat. Die owerheid mag nominaal uit ‘n meerderheid christene bestaan – maar die christelike geloof word naas alle ander erken. Die probleem met die verhouding tussen kerk en staat ontstaan in die sekulêre staat wanneer die kerk sy rol en taak nie langer vervul nie. In stede daarvan dat die kerk as profeet optree, die Woord klokhelder laat spreek en die owerhied roep tot gehoorsaamheid, poog die kerk om naas ander gelowe ‘n plekkie in die son van die owerheid te verkry. Wêreldwyd het dit meegebring dat die kerk sy profetiese taak verruil het vir ‘n diakonale taak: Welsynswerk; gesondheidsorg; versoening onderling; ens word die hart van sy verkondiging. (Merkwaardig is dat die staat die diakonale verantwoordelikheid van die kerk op groot skaal vir homself geneem het: Onderwys; maatskaplike dienste; gesondheid; en meer is werk wat die kerk gedoen en aan die staat prysgegee het.) In die uitvoering van sy diakonale werk, voel die kerk hom afhanklik van die staat en daarom probeer hy so na as moontlik aan die owerhied te leef.

8. Die probleem in die verhouding van kerk en staat is dus nie dat die staat die kerk misbruik nie – die probleem is dat die kerk sy getuienistaak prysgee en sy gehoorsaamheid aan die Woord en aan sy Heer laat vaar. Daarom is Forster se vrees dat daar ‘n onheilige verhouding tussen kerk en staat aan die broei is onder die ANC, gewoon ongegrond. Die verhouding was reeds voor 94 daar en is sedertdien voortgesit. Dit is nie anders as in ou Israel nie: ‘n goddelose koning en ‘n goddelose kerk loop hand aan hand. Dit is maar selde dat daar ‘n Elia na vore kom wat met skerpte die kerk tot taak roep en die koning tot gehoorsaamheid.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie