1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4593129

Besoekers aanlyn

Ons het 58 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

HALLOWEEN BY VOORTREKKER MONUMENT

Halloween

 

Op die 29ste Oktober het ek omstreeks 01h00 die oggend by die Voortrekker Monument verbygery en by navraag aan die verkeersbeampte uitgevind dat daar ’n Halloween Partytjie aan die gang was. Ek en my vriende het ingery om te gaan kyk wat aangaan en ons kom nie ons oë glo nie.

Halloween staan bekend as die “Hekse se Nuwejaar”. Daar was honderde jongmense in klere en grimering van hekse, monsters, zombies en duiwels ens. Daar was talle wat onder die invloed van drank en wie weet wat alles, wat daar rondgeslinger het en eer aan Satan gebring het.

Halloween se oorsprong kom van die Heidense Keltiese fees van Samhain waar die dooies vereer word.

Op 16 Desember wil ons die Allerheiligste God van hemel aarde op dieselfde plek aanroep en aan hom die eer gee?

Wat gaan aan mense, het ons mal geword? Wie het toestemming gegee dat hierdie terrein vir so ’n sataniese fees beskikbaar gestel word?

Dan wonder ons hoekom dit so sleg gaan in ons land.

 

1Kor 10:21-22  Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. 22  Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie