Steeds 'n simptoom van die afwyking van 'n suksesvolle beleid van Nasionalisme, in ruil vir 'n rasgemengde "moderne demokrasie"
Hierdie simptoom wil Afriforum uitwis deur ras te negeer as 'n onderskeidingsterm!
In 'n verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), wat verlede week gepubliseer is, het dit aan die lig gekom dat 5 467 kontrakte toegeken is aan 3 066 diensverskaffers teen 'n totale waarde van R14,3 miljard. Nadat vasgestel is dat 4 549 kontrakte afgehandel is, waarvan reeds 2 803 as onreëlmatig bevind is, is daar niemand in die regime wat 'n geluid maak nie!
Dit verstom 'n mens dat wanneer daarin geslaag word om 'n politieke koers te verander, baie van diegene wat daardie aanvanklike koers ondersteun het omdat hulle daarin geglo het, daardie koers versaak asof dit nou uitgedien is!
Dit ten spyte daarvan dat daardie koers vir meer as sewe dekades as uiters suksesvol bewys is ten opsigte van elke lewensterrein en veral tot voordeel van elke betrokke ras in Suid Afrika. Dit was 'n gekose beleid wat daarop gerig was om die identiteit van elke ras en volk te beskerm en te bewaar soos wat ons hemelse Vader dit geskep en bedoel het om te wees.
Waarom sou die AVP hom hoegenaamd bemoei met die plasing van 'n artikel, wat nadat dit op sosiale media vir dae lank as die "waarheid" sirkuleer is en nou deur die hoofstroom media as fopnuus uitgewys word?
In die eerste plek omdat die hele wêreld nou al vir nagenoeg twee jaar deur leuens en fopnuus ingeperk, bemasker, belieg en bedrieg word met syfers en "virusvariante", as begronding vir inperkings en verlenging van 'n fop ramptoestand, terwyl berigte oor sterftes en beserings, verminkings en permanente imuunstelselbeskadiging oral soos "varkmasels" uitslaan en dit feitlik onmoontlik geword het om te onderskei tussen wat waar is en wat leuen is.
Satire van ons Parlementêre Korrespondent in Kaapstad
“BREAKING NEWS” (gebreekte nuus)
Dit is welbekend dat ‘n kakkerlak ‘n atoomontploffing (Zondu Verslag) kan oorleef. Só is dit in ons Parlement. Die menslike spesie het ‘n beskermingsmeganisme vervolmaak, genaamd herontplooiing, of te wel kaderontplooiing. As die habitat in die Parlement te giftig geraak het, word die kameraad huis toe gestuur waar hy in vrede en veiligheid kan gedy teen volle betaling en in weelde kan leef.
Joh. 13:1-20
“Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het? Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.” (:13-17).
Geliefdes, wat ‘n Voorbeeld!
20 Onwettige Besetters Slaan Boer (60) vir 2 Ure en Dreig met “Necklacing” – Maar Polisie Ondersoek Boer! 27Okt 2021

‘n Grondeienaar van Middelburg, Mpumalanga, mnr Danie Heyns (60), was op Sondagaand 24 Oktober, 2021 amper vermoor deur ‘n trop onwettige grondbesetters, gelei deur ‘n swart man wat in die dorp bly. Die boer is vir 2 uur lank geslaan en gemartel deur die hoof aanhitser en sy gepeupelbende van omtrent 20 sterk. Hoe dapper is hulle as hulle ;n 60 jarige kan slaan en martel terwyl daar omtrent 20 van hulle is.
Sedert 1994 waar onwettige en kriminele samesweerders Afrikanerland met onderduimse onderhandelings, maneuvers en politieke wanpraktyke in ANC hande besorg het, was geregtigheid nog nooit weer 'n grondbeginsel in Suid Afrika nie.
Van meet af aan het hulle ons blankes een vir een begin vermoor en het die regime alle moontlike maatreëls wat ons kon en wou tref om onsself te beskerm verbied terwyl die polisie in'n magsposisie geplaas is om ons eerder te vervolg wanneer ons opgetree het en die aanvallers in die proses gedood of beseer is.