VLAAMSE BELANG-LP MEV. BRITT HUYBRECHTS: "MYNS INSIENS HET DIE BESTUUR VAN HIERDIE 'KATOLIEKE' SKOOL HEELTEMAL DIE PAD BYSTER GERAAK"
Geagte leser. Ons het 'n baie interessante tweede onderhoud gehad met mevrou Britt Huybrechts, wat nog 'n mejuffrou was toe ons verlede jaar November 'n onderhoud met haar had.
Sy het aan ons gedurende dié onderhoud toevertrou dat sy in die lente sou trou. Soos bekend het sy in Junie 2024 mnr. Dries van Langenhove as die federale leier vir die Kamer in die provinsie Vlaams-Brabant opgevolg. Die rede vir die onderhoud is die feit dat die Katolieke middelbare skool -- genaamd HDC Leuven, wat staan vir 'Heilige Drievuldigheids College' -- wat gevestig is in hierdie stad, onlangs hul kleredragkode aangepas het sodat studente klere mag dra wat gebruiklik is by die eredienste. En by die moderne tale word die vak Arabies geïmplementeer. Ons het o.a. vir haar gevra of na haar mening hierdie onderwysinstelling nog die benaming 'Katoliek' mag dra vanweë die feit dat dit duidelik is dat hierdie aanpassings immers net die Moslemse scholiere betref. Want tydens watter 'eredienste' word daar ander hoofbedekkings gedra as kopdoeke?
Dit is ‘n ding wat slegs dwase aanvang, dié sogenaamde eenheid.Dit is mos pure snert! Wie kan bloed uit ‘n klip uit tap? Dit voorspel dan ‘n Toekoms wat donker en onheilspellend verswart, verswak en verwelk.
Die DA is hulpeloos in hulle stille verraad. Ons pragtige land word met plunder versink tot nog ‘n Afrika rommel hoop. Uitnemendheid is vir agtergeblewendheid verruil en ons volk gedwing om in vreemde tong te leef sodat selfs my beenmurg rebelleer!
Dit het onder ons aandag gekom dat Afriforum Afrikaners wat op sosiale media, Afriforum en daarmee saam Solidariteit, “belaster” deur hulle te assosieer met boere wat van moord aangekla is, as sou hierdie aangeklaagdes lede van Afriforum was of is, nou dreig met “regsoptrede”.
Dat daar geen regverdiging vir moord is nie is onweerlegbaar. Dat daar onregverdige omstandighede geskep is wat ten grondslag lê aan sulke gedrag, hetsy die moord, ditsy die aantygings, waar of onwaar, is egter ook onweerlegbaar.
Dat beide Afriforum en Solidariteit by die ontstaan van hierdie omstandighede betrokke was en steeds is, is óók onweerlegbaar en behoort hulle begrip te hê vir die voorspelde simptome! Ek lys derhalwe terwille van nugterheid, ‘n brief van wyle mnr. Jaap Marais aan F.W. de Klerk.
Klaagl. 3:1-66: “Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die Here bekeer; laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê: Óns het oortree en ons was wederstrewig — Ú het nie vergewe nie.” (:40-42). ’n Goeie ding wat die afgelope dekade onder ons volk te sien was, was die gedurige bespreking van verootmoediging voor God. ’n Mens sien en hoor dikwels van mense wat hieroor praat en ook selfs van byeenkomste in hierdie verband. Ek dink dat die woorde uit 2 Kron. 7:13-15 selfs ’n betreklike bekende teks onder ons volk geword het. “As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.”
Jer. 23:9-40: “Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek! Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.” (:31&32).
Hierdie woorde uit Jeremia laat my dadelik aan ’n verskynsel in ons dae onder ons volk dink waaroor ons dalk rede tot groot kommer behoort te hê. Die verskynsel van mense wat sommer links-en-regs die stelling sal maak – “Die HERE het vir my gesê . . .”. En wat onrusbarend is, is dat dit wat op voorafgaande frase volg selde met gesonde lering uit die Woord van God ooreenstem.
MNR EDWIN WAGENSVELD: "EK HET DIE BESLUIT VIR HIERDIE INISIATIEF GENEEM NÁ DIE AFSKUWELIKE MESAANVALLE IN DUITSLAND WAT GEPLEEG IS DEUR ASIELSOEKERS WAT REEDS LANK DIE LAND MOES VERLAAT HET"
Geagte leser. Ons het die genoeë achtste om 'n agste onderhoud te hê met mnr Edwin Wagensveld, wat u ongetwyfel nog sal onthou vanweë sy nimmereindigende stryd om die
Islamisering van Nederlandse stede en dorpe te stuit en om die reg te hê om die Islamitiese boek, die Koran, te verbrand. Met ander woorde, hy wil die uitrol van die Islam-agenda keer en gaan elke dag voort om op te staan vir vryheid van spraak. Ons het hom onder andere gevra hoe sy regsgeding geëindig het en oor die kalender wat hy einde September op X (voorheen Twitter) begin het.
Ons het ook sy mening gevra oor die verpligte gemeenskapsdiens wat opgelê is aan agt van die oproeriges wat hom aan die begin van hierdie jaar beide verbaal en nie-verbaal agressief bejeen het.
POLITIEKE RUKWIND HET ‘N WÊRELDWYE TORNADO GEWORD.
maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigting groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.”(Dr. H.F. Verwoerd aan Harold MacMillan na sy Winds of change toespraak.)
6 SEPTEMBER 1966... ‘n POLITIEKE RUKWIND IN SUID-AFRIKA!
Soos ’n Tornado wat kolk en draai en verbreek. Wat die penwortel van Nasionalisme uit Afrikanergrond uitruk met geweld! Van die “Winds of Change” toespraak op 3 Februarie 1960 van die Britse Eerste Minister van Brittanje, mnr. Harold Macmillan voor senatore en volksraadslede, dus albei huise van die parlement in Kaapstad, is dié wind al sterker gestu deur die blaasbalk van die liberalisme van buite en binne Suid Afrika, tot die rukwind van 6 September 1966! ’n Kunsmatig geskepte “politieke stormwind” wat moes verander, maar ook moes vernietig wat die Britte nie deur oorlog en barbaarse verskroeide aarde beleid mee kon vermag nie! Wat in sy kolkspoor agterbly is chaos, verwarring, wantroue, verval en agteruitgang.... maar ook tog die oorblyfsel van ankerwortels wat onverbidddelik ge-anker in vaste grond van geloof en beginsel, gewond maar onoorwonne, weer sal bloei en uitloop in sy vaste spoor!