1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7508914

Besoekers aanlyn

Ons het 11 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Oor die Vannerbaails, Kroeghers, VF Positief, Langenhoven en Oom Daantjie

Die fout met die liberalisme van ons dag (daar was glo al ander soorte) is dat dit die liberalis te heilig maak vir sy herkoms.
Sy herkoms, sy taal, sy volkskap pas nie in by die heersende omstandighede nie.
Want sien, hulle is hierdie gevoelige wesens, so gevoelig dat hulle altoos die grootste gemenedeler soek. Die bekendste voorbeeld is seker Jan Smuts. Sy soeke na ‘n grootste gemenedeler het hom by holisme en ‘n veldmaarskalkskap by die vyand wat hy drie jaar in ‘n bitter oorlog beveg het uitgebring. Vergete alles wat hy in sy jonger dae oor daardie vyand in ‘n boek met die veelbetekenende titel, ‘n Eeu van onreg, geskryf het.
Intussen het Jan Smuts se houding kleintjies soos konyntjies onder ons volk gekry.
Ek luister nou die dag na ‘n radiostasie met die naam Radio sonder mense (nadat Niekie van den Berg die plek verlaat het vir die ja, groen, baie groen weivelde van die DA-politiek) en daar praat ‘n ou (hy is die spesialis-bydraer tot die program) met een van daardie Engelse sakelui wat nie kan of wil Afrikaans praat nie. En hy sê (die spesialis-bydraer): “It is Kroegher speaking. From Kroegher International.”
Wel, ek kon sweer ek ken dié ou by ‘n ander naam...

Kruger (sonder die “gh”). Hy het vroeër by ‘n Afrikaanse koerant van Jeppe gewerk saam met ‘n ander ou wat ons as Tim du Plessis ken. Dié Kroegher, of Kruger, se broer was in daardie stadium nog redakteur van dié koerant van Jeppe. Of hy as Kroegher of Kruger daar gewerk en nou nog (intussen verplaas) by Nasionale Koerante werk, sal ons nie kan sê nie.
Du Plessis is ook een van daardie “Afrikaanses” van Nasionale Koerante wat baie verdienstelik as ‘n liberalis (sommige beweer kommunis) deurgaan. Sy liberalisme is só heilig dat hy sy dogter na ‘n Engelse skool gestuur het; so terloops, ‘n baie algemene praktyk by die personeel van daardie Afrikaanse koerant van Jeppe.
Nou, dié ding van jou Afrikaanse van so Engels te laat klink kom al heelwat langer as ‘n eeu. Die skryfster MER gee vir ons heelwat agtergrond tot dié saak in haar skryfwerk, byvoorbeeld ter inleiding tot die dagboek wat haar broer as burger te velde in die Tweede Vryheidsoorlog gehou het. Dit het daar onder Charlie Somerset en die Tweede Britse besetting gekom en moes die Kaaplandse Afrikanerbevolking onder sy poging tot hul verengelsing ly.
En so tref  Langenhoven hulle ook aan. Onder andere vir ene Vannerbaail, (die nageslag van hierdie Van der Bijl het ook in Rhodesië uitgeslaan en een was daar ‘n minister in Ian Smith se kabinet).
Langenhoven se stryd vir die erkenning van Afrikaans as amptelike landstaal is oorbekend en hy word heeltemal tereg daarvoor geëer.
Maar die eer dat Afrikaans, of “Hollands”, soos dit daardie tyd net na die helfte van die 19de eeu bekend gestaan het, ‘n parlementstaal geword het kom iemand anders toe: Oom Daantjie van den Heever van die kiesafdeling Albert.
Oom Daantjie was van Burgersdorp, daar waar daar vandag nog ‘n Afrikaanse taalmonument staan. Onder meer oor die heldedaad van Oom Daantjie in die Kaapse parlement.
Maar kom laat ons die Afrikaanse kultuurkenner Abel Coetzee (in So langs die pad, -Dagbreek-Boekhandel - bl. 85) vertel hoe dit gebeur het:
“Destyds was dit (Albert) die setel van Oom Daantjie van den Heever. Toe die Kaapse parlement net na die middel van die eeu ingestel is, het die kolonie se kiesbeampte elke kiesafdeling besoek om die werking van die stelsel te verduidelik en om te help met die aanwys van geskikte kandidate vir die eerste verkiesing... Toe vra hy naderhand: ‘Wie is julle kandidaat?’ Hulle wys Oom Daantjie van den Heever aan. Die beampte sê: ‘Maar Oom Daantjie praat net Hollands, en dis nie die taal van die parlement nie. Hoe kan hy julle belange daar gaan stel? Hy is ongeskik. Wie is nou julle kandidaat?’ Weer is die antwoord: ‘Oom Daantjie van den Heever.’
“D.P. van den Heever is toe verkies vir die eerste Kaapse parlement, en toe die tyd kom dat Oom Daantjie sy sê moet sê, het hy sy manel reggetrek en Hollands gepraat. Die speaker het hom die swye opgelê want dis nie die taal van die staat of die parlement nie. Toe sê oom Daantjie: ‘Meneer die Speaker, ek het gehoor ons regering is demokraties. Hoe soort stelsel is dit waar ‘n man nie eers sy eie taal mag praat nie?’
Aldus Abel Coetzee.
Terug by die hede...
Dit is nou al ‘n paar keer die afgelope tyd dat SABC-TV tonele uitsaai wat in die Parlement of in sy komitees geneem is. Daarin het ons byvoorbeeld vir IVP-Parlementslid Koos van der Merwe en dr. Corné Mulder (albei oud-KP-Volksraadslede) driftig op Engels teen mekaar hoor uitpak. Ons het nou, gister? - weer gehoor VF Positief-leier Pieter Mulder in volmaakte Engelse tongval en in die rooitaal sy Engelse sprook sprak. Ons het gehoor hoe Pieter Groenewald, ook VF-Positief, sy storietjie oor die drie ape in ‘n komiteevergadering vertel – ook in gedienstige Engels.
En toe gaan sit ons en wonder.
En besluit: Dié ding het al daar in Kempton Park met die onderhandelinge gebeur. Dáár het die KP en die NP se verteenwoordigers al hulle dinge in Engels gedoen en die Engelse en Swartes bederf. Al was daar diskreet ‘n lywige “navorsingstuk” oor die regte van Afrikaans rondgestuur.
En ons wonder verder... Oor die VF Positief-verteenwoordigers in die provinsiale en plaaslike regerings (Van die DA’s dink ons net mooi bokkerol, oor hulle het ons nie gewonder nie)... Waffer taal praat hulle daar?
Ons voorspelling is Engels.
Jammer, Oom Daantjie.
Maar dis darem nie ons skuld dat ‘n klomp slapgatte daar sit nie - so wonderlik demokraties verkies. Ons het geweet waarop die ANC se democracy afstuur. Dis weer ons en Charlie Somerset van voor af oor.
Maar Oom Daantjie, ons het nie vergeet nie.
Ons weet nie of ons dit soos Oom Daantjie weer in die parlementsgebou in die Kaap gaan regkry nie. Soos Oom Daantjie weet, ons verkies Pretoria as ons parlementêre setel. Daar waar manne soos Paul Kruger (‘n régte Kruger) gepraat het. Dis ons diepste hartsbegeerte dat daar nét Afrikaans gepraat sal word – nie ‘n dooie woord Engels meer nie.
En in ons Afrikanerparlement sal daar trotse Afrikaanssprekende Afrikaners wees, nie Vannerbaails, Bouthas,Vannermuwies of Koe-ekke-moors nie. Nie eers een Da Claak nie. En ons wil nie graag oproerig raak daaroor nie maar, soos my goeie vriend dit stel:
“My van die is mos Koekemoer
Onthou nou Rooinek ek’s ‘n boer
Sê net weer Koe-ekke-moor
Dan kom die naam se end jou oor!”

Maar ons dink oom sal verstaan. Oom het mos ook die Vannerbaails geken...

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie