Godsdiens

IS DIE WOORD VAN GOD NIE DIÉ LIG VIR ONS PAD NIE?

alt Lees tog weer die verhaal van Job en sien hoe God iemand seën wat tot in die uiterste ellende, steeds op Hom vertrou!

JOB 22

5   Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?

6   WANT jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy  uitgetrek.

7   Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.

8    Maar aan die man van geweld — aan hom behoort die land; en die aansienlike — hy moet daarin woon!

9   Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.

10   Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.

11   Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?

12   IS God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.

13  Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou? JOB 22:21-27

 

21  SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

22    Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

23   As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.

24   En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

25    Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.

26   Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.

27   Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.

28   Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ’n lig.

29   As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.

30   Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.