Godsdiens

IS U IN SAK EN AS? LEES DAN DIE WOORD VAN GOD!

altJOB 22:21-30

Hoewel Elifas onbewus was van die oorsprong van Job se ellendige toestand, is die raad wat hy in hierdie paar verse aan Job gee, vir ons omstandigheid, sekerlik van dié beste raad wat bedink kan word indien die gevolg daarvan ook ons versugting is. 

21   SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

22   Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

23   As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.

24   En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

25   Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.

26   Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.

27   Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.

28   Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ’n lig.

29   As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.

30   Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.

 

Dankie O Vader, ook vir die kragtige riglyn van Elifas vir ons Afrikanervolk wat in sak en as verkeer. Amen