Godsdiens

SEËNINGE EN VERVLOEKINGE

alt Beide seëninge en vervloekinge is voertuie van bo-natuurlike handelinge. In die geval van seën raak dit die ontvanger daarvan positief terwyl in die geval van ʼn vloek, dit ʼn negatiewe uitwerking het. Die oorsprong van albei word in die Bybel verduidelik en kan ʼn persoon, ʼn instansie of ʼn volk raak.

HOE WORD SEËN VERKRY?

DEUTERONOMIUM 28:

1 AS jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.

14 en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.

HOE STEL JY JOUSELF BLOOT VIR ‘N VLOEK?

DEUTERONOMIUM 28:

15 Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

Wat is seën?

In die HAT word dit verklaar as die skenking van geluk, welvaart, voorspoed deur God.

WAT IS N VLOEK?

Die vervloeking of verwensing wat rampspoed en ellende veroorsaak aan ʼn persoon, saak of omstandighede.

Dat ons Afrikanervolk huidig nie die seën wat beskikbaar is ontvang nie en ons volksgenote individueel ook gebuk gaan onder wat as ʼn vloek bestempel kan word, noop ons om opnuut na die oorsaak daarvan te kyk. Dit moet egter nie verwar word met die genade van verlossing van sonde aan die kruis op Golgota en die menigvuldige ander seëninge uit die Hand van God nie!

O Vader in die hemelhoog, tot wie ons ophef hart en oog, ons pleit vir insig en verstand sodat waar ons afgedwaal en ongehoorsaam was, ons ons sal verootmoedig en bely en dat u ons ore sal open om sorgvuldig te luister na U stem. Ons pleit dit in die Naam van Jesus Christus ons verlosser en Middelaar, amen.