Die onverwagse dood van die geheimsinnige Noord-Koreaanse leier. Kim Jong – IL, het ’n wye geskarrel in die wêreld veroorsaak. Behalwe ’n oproep deur die president van Suid-Korea vir ’n noodtoestand in feitlik elke staatsdepartement, het hy ook alle verlof opgeskort en gelas dat die weermag tot gereedheidsgrondslag van hoogste graad geplaas moet word.
Die aankondiging op staats-TV dat Kim Jong(69), aan ’n hartaanval dood is terwyl hy in sy land met ’n trein op reis was en Noord Korea ’n kortafstand missieltoets daarna uitgevoer het, terwyl daar juis spanning bestaan omdat N-Korea nie bereid is om bes te gee oor sy kernwapenprogram nie, het die moontlikheid van ’n kernbedreiging aansienlik verhoog.
MARKUS 1: 1-15
DIE begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.
2 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak —
3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
4 Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.
5 En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.
’n JAKKALS VERANDER VAN HAAR MAAR NIE VAN SNAAR
’n Ou gesegde wat baie meer om die lyf het as wat op die oog af sigbaar is. Daar is al baie bespiegel en geskryf oor die ANC se voete slepery oor die menseregte vergrype in Zimbabwe en in besonder die doen en late van Mugabe.
In onlangse uitlatings van Gwede Mantashe, die Sekretaris-generaal van die ANC, wat die twaalfde nasionale konferensie van Zanu-PF bygewoon het, het hy gesê dat bevrydingsorganisasies mekaar moet steun. Hierdie opmerking van Mantashe is gemaak in die teenwoordigheid van ’n groep Sekretaris-Generaals van bevrydingsorganisasies van Suider-Afrika wat ook die konferensie bygewoon het.
Dit was na aanleiding van Mugabe se aankondiging dat hy ten spyte van sy 88 jaar, glad nie van plan is om af te tree nie en gereed is vir die volgende verkiesing wat in 2012 gehou moet word, aangesien die eenheidsregering, Zanu-PF + MDC, onhoudbaar is.
RSA
Die Openbare Beskermer ondersoek bewerings dat die departement van openbare werke kontrakte ter waarde van tot soveel as 300 miljard rand onregmatig toegeken het, luidens ’n berig in die Beeld koerant van 12 Desember 2011. Dit blyk dat in die orde van meer as 2400 kontrakte in gedrang is wat die departement aan mnr. Roux Shabangu toegeken het.
Namibië.
Op die voorblad van die Namibian van Vrydag 23 Desember 2011 verskyn ’n berig wat só lui: “The ministry of Agriculture, Water and Forestry has pushed Government into hiring a company with a chequered past to build a dam at a cost of N$2.8 billion – N$800 million more than another bidder who was initially appointed.
Middag Danie
OP PAD NA 2012. AFRIKANER, WAAR GAAN ONS HEEN?
Ek lees met groot belangstelling bogenoemde artikel. Verstaan ek reg dat jy na Bybelse profesie kyk en dan sien hoe die volk binne wêreld gebeure weer sy vryheid kan verwerf?
Kyk uit met groot verwagting na jou antwoord.
Boere groete
Barry
Goeiedag Barry,
Jou vraag is effe kripties. ’n Mens sou daaruit kon aflei dat jy van mening is dat ek oor profetiese vermoëns beskik in die sin dat ek uit die Bybelse profesieë en in die lig van wêreld gebeure kan voorspel hoe die Afrikanervolk sy vryheid kan verwerf.
Indien dít jou afleiding was verstaan jy beslis nie reg nie. As jy egter begryp dat my bedoeling was dat, soos in die profeet Hábakuk en vele ander profesieë, geen individu, huisgesin, familie of volk wat goddeloos of selfs Godloos leef en dit wat Hy as duidelike riglyn en voorskrif vir ons laat opteken het, bloot ignoreer en tog hoop dat Sy fisiese maar ook geestelike verlossing verkry kan word, dan verstaan jy my reg.
OP PAD NA 2012. AFRIKANER, WAAR GAAN ONS HEEN?
Waar wil ons heen?
Omdat die Afrikaner Volksparty die Afrikaner eerste plaas, is ons strewe natuurlikerwys ons vryheid in ons eie vaderland. Ek verwys na ’n toestand wat ons volk by twee geleenthede in ons geskiedenis in geloof, met stryd en bloed, wat uiterste opofferings en onbaatsugtige ywer en toegewydheid geverg het, bereik en daarin gedy en God daarvoor gedank en gedien het. Hoewel ons daardie vryheid twee keer verloor het, is die positiewe dat ons dit albei kere teruggekry het! Dít is waar die AVP wil heen in 2012 en so die Here wil, as ’n volk….., die Afrikanervolk, nie ’n reënboognasie nie, nie as minderheidsgroep nie, maar as ’n heg saamgebinde Afrikanervolk, één van siel en één van sin, weer daarin te slaag.
Is dit haalbaar?
Die Gelofte van 16 Desember 1838
by die
Slag van Bloedrivier
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen,
dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee,
ons dié dag en datum elke jaar as 'n dankdag
soos 'n Sabbat sal deurbring,
en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê
dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis
ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.