Dit is nie net ‘n oortal Moslems wat Nederland bedreig nie. Tussen die dorpie Hazerswoude-Ryndyk en die stad Leiden is die dorp Groenendyk, geleë in die provinsie Suid-Holland. Die inwoners van Groenendyk klassifiseer eintlik maar onder Hazerswoude. Hierdie rustige gemeenskap het nou in ‘n onleefbare toestand ontaard as gevolg van die oormaat gekontrakteerde werkers uit Oos Europa. Deur net na die talle motors met Poolse nommerplate te kyk weet mens dat Groenendyk nie meer die eens veilige Nederlandse dorpie is nie.
Die bekommernis oor al die nuwe ontwikkelings strek ook so ver as die verswakte eiendomswaarde van bestaande wooneenhede.
Mnre Pars en van Ulden het gesê dat die talle protesaksies wat voor die munisipaliteit gelê is op dowe ore geval het. Dit het tot gevolg gehad dat ‘n advokaat nou aangestel is om hierdie saak verder te neem. Intussen glo die Rynwoudse munisipaliteit dat die protes mettertyd sal vervaag maar die teenoorgestelde is eerder waarneembaar.
Die Komitee word in hulle protes ondersteun deur die Wykkomitee wat eweneens die naam van GROENENDYK dra.
Al die dorpsbewoners in Hazerswoude-Ryndyk voel ook bedreig deur die groot aantal vragmotors met Poolse smouse veral naby die Hoogvliet supermark. Hier probeer hulle daagliks sake doen vanuit hulle voertuie.
Daar is rede vir die Nederlanders om in opstand te kom teen toeloop van immigrante van oraloor wat die land oorbevolk en geen aanwins vir Nederland is met hulle vreemde kulture en swak gewoontes en nie.