Die inwoners van die stad Arnhem is erg verdeeld oor die bou van 'n nuwe Turkse moskee in die Klarendal-wyk. Die verskille gaan hoofsaaklik oor die ligging en grootte van die moskee.
Die Islamitiese Unie vereis dat die toring 25 meter hoog moet wees.
Die voorsitter van die Bahaeddine beweer dat die moskee 'n droom van die Moslems was: "Tans is ons moskee te klein om al die besoekers te huisves".
Uit verskeie rigtings is protes teen die oprigting van die moskee geopper. Die Sosialistiese Party maak kapsie daarteen omdat die Islamitiese Unie geaffilieer is met die 'ekstreem-regse' Turkse organisasie Milli Görüs wat om die rede dan ook verbode is in diverse lande soos Duitsland waar hulle 27 000 lede het.
In Nederland met 30 000 lede is Milli Görüs nie verbode nie omdat hulle in teenstelling met die Turkse en Duits afdelings glo gematigd is sonder ekstreme sieninge. Die naam beteken vry vertaal, 'Nasionale Visie' wat egter niks in praktyk beteken nie. Hulle het ook talle male verklaar dat hulle nie die radikale Islam ondersteun nie maar hierdie woorde kan gerus met 'n knippie sout geneem word.
Ook die Bewonersgroep Rosendaalstraat wat vir hierdie geleentheid opgerig is en omstreeks 500 bewoners huisves verset hulle alhoewel woordvoerder mnr Ton van Duren sê hulle verset is nie teen die oprig van die moskee nie maar teen die grootte en die ligging. Hulle voel dat die moskee nie groter moet wees as om 250 besoekers te akkomodeer nie en dat dit nie op die terrein van die St Jans-skool gebou moet word nie.
Mnr van Duren het ook benadruk dat die plan nie realisties is nie. "Ons het gekyk hoeveel moskeebesoekers daar op 'n Vrydag is en tot die gevolgtrekking gekom dat daar slegs 110 die huidige gebou besoek". Die woordvoerder vrees dat as die moskee groter gebou word dit ook Moslems van andere stede sal trek wat 'n onmoontlike toeloop sal veroorsaak.
Maar Bahaeddinne se kommentaar was: "Waarom sou mense wat in hul eie wyke na die moskee gaan nou skielike na ons kom. Hulle het dit in 25 jaar nie gedoen nie. Die koms van 'n moskee is 'n realiteit waaraan nog nie ieder en elk gewoond is nie".
Aangesien die sosialistiese PvdA faksie 13 van die 39 setels in die Arnhem se Stadsraad best, berus die besluit by hulle om toestemming te verleen vir die nuwe moskee al dan nie, dog die PvdA faksie is ook verdeeld.
Woordvoerster mev Blom verwoord dit so:"Laat ek eers sê dat ek verstaan waarom Moslems in die wyk Klarendal 'n nuwe moskee wil hê. Maar die groot vraag is of dit wel die regte plek daarvoor is. Die moskee moet by die omgewing inpas".
Wethouder mnr van Eeten van die Groen Links faksie het mev Blom verseker dat die moskee net gebou sal word vir 250 besoekers. In verband met probleme oor die baie motors van besoekers swyg hy.
Die ligging van ander moskees het keer op keer bewys dat daar altyd 'n oorlas vir die inwoners van die buurt is
en die onveiligheid toeneem soos byvoorbeeld in die een by Amersfoort waar honde-eienaars bedreig word en brutaal aangerand is soos ons voorheen oor berig het.