Media

DIE AFRIKANER AAN DIE SLAAP GEVANG?

Juilus Malema1As ‘n mens die media moet glo, is almal, ja selfs behoudende Afrikaners, nou verenig in die verwerping van Julius Malema. Die boodskap is klaarblyklik: as Malema net tot swye geroep kan word, dan sal als beter gaan! Maar wat is regtig besig om te gebeur?

Julius Malema is ‘n maaksel van die ANC. Hy is gestuur om die Afrikanervolk te treiter, terwyl die ANC/SAKP in tandem met die geldmagte die land van sy minerale bronne stroop en die Afrikanervolk in die proses onteien, verarm en uiteindelik vernietig. In die VSA noem hulle sulke pionne “patsies”. In Afrikaans praat ons van sondebokke. Die taktiek is dus om iemand te offer, terwyl die groot agenda steeds gevolg word.

Toe Malema nie meer volgens voorskrifte opgetree het nie, en sy eie agenda begin volg het, het hy vir sy eie meesters ‘n probleem geword. Malema mag wel dom wees, maar hy was slim genoeg om die ANC aan te vat oor dit waaroor die gepeupel (somtyds met reg) kla, naamlik die uitbuiting deur die geldmagte.

Die opstande by die myne mag lyk na onbillike aansprake op lone en salarisse wat nie deur die myne bekostig kan word nie. Die waarheid is dat mense soos Ramaphosa en ander arbeidsmakelaars met die grrootste hap van die salarisrekening wegloop, die myne steeds astronomiese winste maak en die werkers, soos meeste ander werkers van die groor geldmagte se maatskappye, met die kaf tevrede moet wees.

Malema volg wel sy eie egoïstiese agenda, maar hy stel in die proses dinge aan die kaak wat vir ons vryheidstryd indirek tot voordeel kan wees. Malema moet dus stilgemaak word omdat hy dinge ontbloot wat ons nie mag hoor nie en die swart gepeupel nie mag weet nie. Ja, dat ons almal, swart en wit, deur die regime en sy geldmagmeesters uitgebuit word. Hy het nou die Trojaanse perd in die ANC geword. Wat is Zuma enigsins beter as Malema? Zuma haat die Blanke dalk meer as Malema, sing ook “Skiet die Boer” en was instrumenteel in die onderwerping van die Blanke aan ‘n kommunistiese regime. Ja, hulle is voëls van eenderse vere.

Feit is, hoe langer Malema leef en ‘n lawaai maak, hoe groter behoort ons bewus te word van wat die ANC en die geldmagte aan ons doen. Dit wil die ANC en die geldmagte ten alle koste verhoed en sal hulle hom van enigiets onder die son aankla, en as dit nie werk nie, selfs uit die weg ruim!

Ons is vinnig besig om by die punt te kom waar die swart op swart geweld sal oorspoel na swart op wit geweld. Presies soos Jaap Marais voorspel het. Maar nou word ons aan die slaap gesus deur die geldmagte se media wat ons wil laat glo dat as Malema uit die pad is, dit met almal sal beter gaan!

Malema vir president? Nee dankie. Maar dan nee dankie vir enige swart president! Iemand soos Julius Malema, en dit wat hy tans aan die kaak stel, moet eerder die Afrikaner tot sy sinne bring as wat tans besig is om te gebeur, naamlik dat volksgenote die geldmagte agterna praat!

Daar is net een vraag om te beantwoord: Sal dit beter met ons vryheidstryd gaan as Malema uit die weg geruim is? Die antwoord is tog baie duidelik: Nee!