As voormalige blanke regters begin messe trek, kan 2012 dalk ’n interessante en besige jaar word. Tydens die 1994 algemene verkiesing het die OVK die verkiesing vry en regverdig verklaar, ten spyte van een en ‘n kwart miljoen meer getelde stemme as waarvoor daar stembriewe uitgereik was! Op navraag van mnr. Jaap Marais was Regter Kriegler se antwoord dat daar natuurlik ongerymdheid betrokke was. “’n mens kan egter nie in ‘n bordeel werk en kuis bly nie”, was sy verweer.
Dit blyk nou dat die oud regter tot “ politieke bekering” gekom het. Die kabinet se besluit om uitsprake van die konstitusionele hof te laat ontleed, het die vrees laat ontstaan dat die volgende ANC-aanval op die regbank op pad is, berig die Beeld koerant van Vrydag 25 November. Regter Kriegler se bekommernis dat die howe se onafhanklikheid nie aandag kry nie is immers meer “kuis” as wat sy oordeel oor die regverdigheid van die verkiesing was waaroor hy toesig moes hou!
Dié “kort” mes wat hy nou trek teen die “bordeel waarvan hy volgens sy eie erkenning deel was, kom egter ’n bietjie laat. Nie te min laat dit ’n mens wonder oor dié regter se vermoë om die politiek te be-oordeel. Wat hy nou as opvallend beskryf was tog voor-die-hand-liggend voorspelbaar. Die koerant het hom só aangehaal:
Oudregter Johann Kriegler, voorsitter van die regs organisasie Freedom Under Law, het gesê dis opvallend dat “die bystand en beskerming van die howe se onafhanklikheid, onpartydigheid, toeganklikheid en doeltreffendheid skynbaar nie aandag verg nie”.
’n Langer mes as Kriegler s’n, is die van oud regter Heath. Mbeki het geweier dat Heath se aftrede
vervroeg word en hy moes as regter bedank. Dié stap, sê Heath, het hom ’n “armlastige” gemaak. Nou se hy
Mbeki het aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) “voorgeskryf” in Zuma se verkragtingsverhoor.
Regter Hilary Squires se uitspraak in Schabir Shaik se korrupsiesaak was gebrekkig omdat daar nie genoeg bewyse was om hom tronk toe te stuur nie.
“Hulle (Shaik en Tony Yengeni) is opgeoffer. Dit was maklik om hulle te offer. En toe inisieer Mbeki natuurlik Zuma se vervolging. Nie net wat betref die korrupsie aanklagte nie, maar ook die verkragtingsaak.
“Hy (Mbeki) het aan die NVG voorgeskryf watter besluite hulle moet neem. Ek kan nie die bewyse aan jou verklap nie, maar daar is oor die algemeen geen twyfel nie dat hy ’n sterk sê in daardie besluite gehad het en tog was die NVG veronderstel om onafhanklik te wees.”
‘n Nog langer mes is natuurlik Zuma se nuwe aanstelling van Heath as hoof van die SOE (Spesiale Ondersoekeenheid), ‘n eenheid wat hy aanvanklik self in opdrag van die regime gestig en bestuur het. Chaskalson het egter destyds bevind dat sy aanstelling ongrondwetlik was
DIE Konstitusionele Hof se beslissing dat regter Willem Heath se aanstelling as hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ongrondwetlik is, was 'n skok, skryf The Star.
DIE Cape Argus verwys ook na die Regering se onverbloemde begeerte om die einde van regter Heath en sy eenheid te sien, en verwys na herhaalde aanvalle op hom deur onder andere die Minister van Finansies, Trevor Manuel.
VOLGENS The Citizen het die hof 'n lank gekoesterde begeerte van die Regering om regter Heath se eenheid tot stilstand te bring vervul.
Nou is Heath egter terug en sy mes is uit!
Wat van belang is, is om te let op die opstel van die slagordes. Die Zoeloes teen die Xhosas en die hiënas op die flanke.
Die regering het sedert 1 April verlede jaar opgehou om die eienaarskap van grond wat herverdeel moet word aan swart mense oor te dra.
Volgens mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, word alle grond wat sedertdien kragtens sy departement se pro-aktiewe grondkoop-strategie bekom is aan swart boere verhuur en behou die staat in die praktyk eienaarskap van die grond.
’n Groter potensiaal vir meer en lááng messe, is nouliks denkbaar. Die AVP maan dat Afrikaners paraat moet wees in afwagting van die onmin wat sigbaar besig is om onderling tussen die onderskeie etniese groepe te broei. Ons veiligheid is ons eie verantwoordelikheid. As individue is en bly ons kwesbaar. Saamgebind vorm ons ’n ondeurdringbare verdedigingslinie en behoort ons dit ’n voorkeur oogmerk vir 2012 te maak. Dit sal ’n skild word wat bestand sal wees teen enige lengte en aantal messe wat een ons getrek mag word, in die dag of in die nag, indien ons dit in geloof doen!
