Media

DIE REVOLUSIE

Met vergunning oorgeneem uit Koers (November 2011)

 Mense dink gewoonlik aan die Franse Revolusie as van revolusie gepraat word.  Die Franse Revolusie wat in 1789 – 1799 begin het, is inderdaad die moeder van alle moderne revolusies.  Maar dit gaan nog steeds aan oor die wêreld.  Die kommunistiese revolusie van sogenaamde demokrasieë is steeds ‘n voortsetting van die revolusielewensbeskouing.

 Een maklik waarneembare verskynsel van die revolusie is dat alles moet verander.  Die Griekse filosoof Herakleitos het al eeue vC gesê:  Panta rei kai ouden menia – alles verander, niks bly staan nie.  Nou kom baie in ons Kerk en sê ook Hervormde Kerk beteken ons moet voortdurend hervorm oftewel verander!

 Die veranderingsug van die revolusie sien ons byvoorbeeld in: voor die Franse Revolusie het alle mense links op paaie gery.  Perderuiters het aanvanklik daarmee begin sodat hulle die aankomende met die regterhand kon groet of die swaard kon presenteer!  Die Franse Revolusie het meegebring dat die massas anders wil wees as die adel.  As hulle links ry, ry die massa regs.  So het regsry in Frankryk begin en deurgewerk na alle lande wat Napoleon besit het.  Omdat Napoleon teen Engeland verloor het, ry die Engelse en al die ou Britse kolonies links – ook Suid Afrika!  In die VSA wat sterk onder die revolusie gekom het, is die verkeer ook regs, so natuurlik ook in Holland.

Alle tradisionele strukture word deur die revolusie omver gewerp.  Dorpe en stede se name moet verander, ook straatname, provinsies, titels (soos die vroulike vorm van onderwyseres, sekretaresse, voorsitster), skolier of leerling word leerder.  Self die benaminge van range in die polisie is verander tot ‘n polisiehoof die dwaasheid daarvan ingesien het en die range weer terug verander het!  Alle strukture moet verander totdat net die ondeelbare individu oorbly.  Die individu en massa individue vorm dan alleen die grondstruktuur van ‘n samelewing.  So is die gesinstruktuur, die volkstruktuur, die kerkstruktuur verwerplikes.

 

Ds PG Boon skryf in Kompas van April 2010 dat in die Franse Revolusie – net soos in die Peoples War rondom ons revolusie in 1994 (vgl Koers Brief 87 bl 10-12) duisende mense gesterf het.  Koning Lodewyk XVI is onthoof.  Sowat 40,000 mense het in Frankryk omgekom.  Tydens Napoleon se totale bewind het sowat 3,5 miljoen soldate en 3 miljoen burgerlikes omgekom.  Wetteloosheid en geweld het geseëvier.

 

Een van die sentrale beskouings van die revolusie is dat die oppergesag by die gepeupel lê.  Hier sê die Reformasie:  die oppergesag lê by God.  Ons hoor daagliks die uitdrukking: wat die volk wil hê, of beter gesê:  wat die ANC wil hê, wat die kommuniste wil hê.

 

Groen van Prinsterer, die groot Nedelandse staatsdenker en Protestant, het die wese van die Revolusie aan die lig gebring – ongeloof!  Sy boek Ongeloof en Revolusie verdien om deur elke Christen gelees te word.  Hy sê:  De revolutie-begrippen zijn de toepassing van het ongeloof op het staatsrecht (bl 20).  Groen sit oortuigend uiteen dat de revolusieleer ongeloof in stelselmatige vorm is (bl 131), en sê De revolutie-leer is de religie van het ongeloof (bl 138).

 

Groen wys daarop dat die Revolusie vir die wêreldgeskiedenis dit is wat die Reformasie vir die Christenheid was.  Soos die Reformasie Europa uit bygeloof gered het, het die Revolusie die beskaafde wêreld in die afgrond van ongeloof gewerp (bl 24).  So is te verklaar dat Suid-Afrika wat uit sogenaamde 80% Christene bestaan ‘n oorheersende ongeloofslewe lei.

 

Vandag is die roep dat ons ons verlede moet afskryf en uitwus.  Ons boeke daaroor word op stortingsterreine uitgebraak.  Die geskiedenis word willekeurig oorgeskryf.  Ons Kerk se verlede tel nie, al sy uitsprake vir afsonderlike volksontwikkeling word herroep, en so meer.  Groen sê inderdaad dat die tersydestelling van die Openbaring (Woord van God) en die geskiedenis “het levensbeginsel der Revolutie” is (bl 32).

 

Die Revolusiedenke reken dat as die koning onthoof is, is die gesag van die staat, dit wil sê die staat self, verwyder:  Neem den Vorst weg, en er is geen staat meer (bl 63).  Toe dr Verwoerd weggeneem is, is die staat weggeneem!  Die revolusie daarna was net die opruiming van die verlore staat.

 

Byna daagliks hoor ons oor radio, televisie en in koerante hoe sleg apartheid was, hoe mensonterend, hoe misdadig – ja dat selfs ons Kerk saam met die ekumeniese liggame dit as kettery moet verwerp.  Dit is een van die grondoptredes van die Revolusiegees sê Groen:  Bij het opsommen der verkeerdheden verzweeg men al datgene, waardoor zij werden opgewogen en verzacht.  Altijd werd het kwade, nooit het goede vermeld.  Taferelen werden gevormd, waardoor men beelden en kleuren ontleed had enkel aan wat onrechtvaardig, misdadig en schandelik was (bl 75).

 

Groen haal die Engelse filosoof Burke aan wat met hierdie stelling Groen se volledige argument ondersteun:  Wie den godsdienst nit bemind, haat hem ……  Wanneer we het fanatieke atheisme buiten beschouwing laten, laten we het voornaamste kenmerk van de revolutie weg (BL 144).  So kan mens verstaan waarom die kerke ingespan word om in plaas van sy openbaringsroeping te vervul ‘n sosiaal-politieke agent te word met diensbaarheid en voetewas van die medemens.  Die vergoddeliking van die mensheid is die geestelike hoogtepunt van die demokrasie, de innerlijkste levensadem van de eerste Franse Revolutie (bl 145).

 

In Suid-Afrika word bo mate geroem op die reënboognasie – of die uitdrukking nou oorspronklik van Mandela of van Tutu kom, maak nie saak nie!  Kort-kort hoor ons teen alle realiteite in hoe goed ons nuwe demokrasie ingestel is en ontwikkel.  Maar Groen het gewaarsku dat een van die gevaarlikste dwaashede van ons eeu (eeu van die Franse Revolusie) is die waandenkbeeld dat mens eensklaps ‘n samelewing kan vorm soos ‘n mens ‘n fabriek oprig.  ‘n Samelewing word nie gemaak nie; die natuur en die tyd en die geestekrag bring dit gesamentlik tot stand (bl 148).  Maak nie saak hoe groot en sterk die Revolusie in 1918 die fabriek van die Sowjet-Unie gevestig het nie, in 1989 het die muur van Berlyn geval!  Toe is die 70 jaar van Babiloniese Ballingskap beëindig.  Maar in Suid-Afrika word dit opnuut weer opgerig – want ons leer soos ape niks uit die geskiedenis nie.

 

Behalwe die reënboogroem word dikwels gesê: Ons het die beste Grondwet in die wêreld!  Groen haal aan:  wat is het middel om een land vrij te maken?  Moet men he teen vrihzinnige (waar God se Naam uit die aanhef verwyder is en uit universiteitswapens – Kovsies – en ander plekke) grondwet schenken?  Neem, men moet het de levenswijze bijbrengen, die bij de vrijheid behoort …. Een grondwet, hoe voortreffelijk ook, is niets meer dan een vorm (bl 139).

 

Met die Nuwe Hervormers van Hansie Wolmarans-hulle, voorheen leraar van ons Kerk, en die huidige invloed van die staatsfakuliteit in teologie, byvoorbeeld ook met die Besluit-54 AKV’10 en BAKV 2011, dink mens aan Saint-Simon (1760-1825), een van die sogename utopistiese sosialiste.  Hy het ‘n “nuwe Christendom” gepreek wat uitsluitlik gebaseer was op naasteliefde (voetewas!) waarin de wetenschap de plaats zou innemen van de kerk (bl 168).

 

Na noukeurige ontleding van die beginsels, ontstaan, voorgang en identiteit van die Revolusie, kom Groen tot die gevolgtrekking dat die bestryders van die demokrasie deed als de onbekwame geneesheer, die de verschijnselen bestrijdt, en de oorzaak der ziekte niet kent ….  Ongeloof is het beginsel, het geneesmiddel ligt dus in het geloof (bl 197).  Hieruit kan ‘n verstandige leser die opregte bedoelings van Koers in Leer- en Lewenskwessies verstaan om juis in die dimensie van die geloof die stryd te voer.  Door het geloof in den Zoon des levenden Gods alleen is de Revolutie verwinbaar (bl 297).

 

Hou Koers!

Prof HG van der Westhuizen