Media

’n SLAGOFFER VAN ERGE DISKRIMINASIE

Dit het mode in Suid-Afrika geword om die blankes te beskuldig van diskriminasie as die swartes nie vinnig genoeg in blanke stelsels opgeneem word waar hulle kan deel in die inkomste, sonder om daarvoor te werk nie.  Vandaar die bepaling in die regime se grondwet dat daar nie diskrimineer mag word op grond van ras, geslag, godsdiens, taal of watter ander gronde ook al.

Met die skoen nou aan die ander voet, waar Malema deur sy eie politieke party aangekla en verhoor moes word, het almal met verwagting die uitslag en die gevolge daarvan afgewag  en gehoop dat hierdie rammetjie-uitnek se draad geknip gaan word en is allerhande statistiek en tellings daarna gepubliseer wat moes aandui hoe die oorgrote meerderheid  sy skorsing verwelkom het.

Kyk na die foto wat vandag in die Beeld koerant verskyn het en oortuig  uself  dat hy uiters gebelgd voel oor die diskriminasie wat teen hom, Shivambu en andere toegepas is!  Wat egter nog belangriker is, lees sy argumentasie oor waar hierdie “diskriminasie” sy oorsprong het.

“Die verhoor was nie objektief en onpartydig nie en die jeug leiers het nooit die geleentheid gehad om versagtende omstandighede aan die NTK  voor te hou nie, het Malema gesê.  Selfs die apartheidshowe, waar kameraad Nelson Mandela en kameraad Solomon Mahlangu gevonnis is, het helde hul reg toegelaat om getuienis ter versagting  te lewer.  Watter logika het kameraad Derek Hanekom en sy geselskap gebruik om dié basiese reg te weier?”

Uit hierdie benadering kom twee interessante feite na vore.  Dat die regstelsel van die apartheidsbeleid regverdig was en dat die blankes in die ANC maar moet lig loop!  Hoewel hy waarskynlik nie ’n keuse gehad het nie, was dit takties ’n fout van Hanekom om hom by die tug aksie te laat betrek.  Sou die onverbiddelike gevolge van rasgemengde politiek vir Jeremy Cronin en Derek Hanekom inhaal, sal daar uit Afrikanergeledere waarskynlik net die F. W. Stigting wees wat dit sal betreur voordat hulle vinnig Griekeland toe verhuis om die ekonomiese krisis daar te gaan help “oplos!”

Selfs al misluk sy appèl of word hy toegesluit vir korrupsie, sal hy terugkeer na die ANC, het mnr. Julius Malema, geskorste ANC-jeugleier, gister op ’n mediakonferensie in Luthuli-huis waar hy besonderhede van die jeugliga se plan om appèl aan te teken teen hul skorsing bekendgemaak het. (Maryna Louw)