Is die gees van Jaap Marais nog iewers in ons volk vaardig?
In hierdie tye, waar dit duidelik geword het dat die materiële vir mense dikwels meer belangrik is as die beginsel, is dit opnuut nodig om weer te kyk na dít wat vaardig was in daardie groot Afrikaner, Jaap Marais.
In Oktober 1969 was die Nasionale Party van John Vorster op die kruin van die golf. Vorster het gery op die nalatenskap van dr Verwoerd en veral dit wat Verwoerd opgebou het deur durf en moed aan die dag te lê ondanks aanslae op sy lewe. Dr Verwoerd wou die Blankes se toekoms verseker, terwyl Vorster net na homself en sy party se belange omgesien het. Vorster was ‘n grootbek wat met sy stem baie betower het, en die Afrikaner en selfs die Engelssprekendes in Suid-Afrika op sleeptou geneem het. Hy was beginselloos, ‘n harde drinker en seker een van die swakste eerste ministers wat ons volk opgelewer het, maar is sy swakhede nie deur mense raakgesien nie, veral aangesien sy toesprake (waarin hy selfs die VSA gewaarsku het!), mense eenvoudig in ‘n staat van beswyming gelaat het.
Die NP het selfs sterker geword na die dood van dr Verwoerd in 1966 en was daar min wat enigiemand kon doen op daardie staduim (1969) om die NP tot ‘n val te bring. Dit was egter Jaap Marias (en natuurlik ook dr Albert Hertzog, mnr Louis Stoffberg en mnr Willie Marais) wat gesien het dat die sportbeleid van Vorster maar net die dun end van die wig is en wat sou lei tot volledige integrasie. Mnr Jaap Marias het destyds al gewaarsku dat wanneer jy “A” sê jy uiteindelik ook “B” sal sê en dat die volle pad van integrasie a.g.v. die sportbeleid van Vorster gestap sou moes word tot by swart meerderheidsregering. Omdat Jaap Marias gedurf het om hierdie beleid van Vorster te ontbloot, is hy deur Vorster getakel, swartgemeer en tot die buitenste duisternis verdoem. Dit het hom egter nie van stryk gebring nie en het hy (en die ander 3 leiers), voortgegaan om die Herstigte Nasionale Party in Oktober 1969 te stig. Dit was ‘n daad van waagmoed en geneem uit beginsel, en was die materiële nie vir hierdie persone van enige belang nie. Trouens, sou die materiële die motiveringsfaktor gewees het, sou die Herstigte Nasionale Party nooit die lig gesien het nie. Daar was geen ander persoon buiten hierdie vier wat op daardie stadium ‘n party sou kon stig wat die effek sou gehad het wat die HNP destyds gehad het nie. Jaap Marais het hom daarna onderskei as ‘n leier by uitstek. Daar was iets in Jaap Marias vaardig wat kennelik nie oral te vinde was nie. Hy het nie gesmag na die klap van hande of die omvang van ‘n gehoor se applous nie. Hy het ook nie gekyk hoe die wind waai nie. Hy was gedryf deur Afrikaner nasionalisme. Hy kon standpunt inneem, ondanks die meerderheid se opinies en drange.
Ook in die vroeë 1990’s, toe die KP skielik die blink gedagte gekry het om te propageer vir ‘n volkstaat en die oud-generaals skielik as leiers na vore gestoot is, het Jaap Marias man-alleen sy saak gestel. Hy het betoog dat ‘n volkstaat ‘n verdelende faktor in Afrikanergeledere is en dat die Blankes saamgesnoer moes word op die basis dat FW de Klerk by die stembus gestuit moes word. Omdat die Blanke toe nog in staat was om dit te doen, was dit immers die aangewese metode om De Klerk te stuit. Eers indien daardie opsie nie meer sou bestaan nie, maar wel gevolg is (!), kon aan ander opsies gedink word. Die ander “leiers” was egter so weggevoer deur die skielike uitvindsel van die “generaals” dat Jaap Marias se pleidooie op dowe ore geval het. Die res is geskiedenis.
Vandag sien ons hoe talle predikante steeds in kerke sit wat geheel en al van hulle beginsel- en belydenis grondslag afgewyk het. Voorbeelde hiervan is die Nederduits Gereformeerde Kerk en nou ook die Nederduitsch Hervormde Kerk. Waar is die gees van Jaap Marais? Daar word beswaar gemaak ja, maar verder as dit word nie gegaan nie. Het hulle die moed van hulle oortuiging om die verrotte kerk die rug te keer? Daar is allerlei verskonings, soos dat die kerk nie mag “skeur” nie. In hierdie verband moet gevra word of Martin Luther dan ook ‘n skeurmaker was toe hy sy 95 stellinge op 31 Oktober 1517 aan die slotkerk van Wittenberg vasgespyker het. Die Hervormde Kerk is reeds ver verby die punt waar Luther was in 1517. In die Hervormde Kerk se midde is ‘n “vername” teoloog wat openlik verkondig dat Jesus Christus ‘n “hoerkind” is en dat Maria nie swanger geraak het as gevolg van die inwerking van die Heilige Gees nie, maar weens geslagsgemeenskap met ‘n Romeinse soldaat. Ja, hy word op die hande gedra, maar niks
Allerlei ander afwykings is reeds lankal te bespeur en sou daar waarskynlik vandag baie meer as net 95 stellings teen die kerkdeure in
Op 12 November 2011 het ‘n groep beswaarde lidmate, waaronder predikante van die Hervormde Kerk, die geleentheid om te toon dat daar nog Afrikaners is wat glo soos Jaap Marais dat alle instellings van die Afrikaner “herstig” moet word. ‘n Vergadering word dan gehou om te besluit oor die pad vorentoe. Ek wil glo dat daar nog Afrikaners is wat iets van die gees van Jaap
Miskien moet hierdie besorgdes die volgende vraag antwoord op 12 November: Wat sou Jaap Marais en Martin Luther in dieselfde omstandighede gedoen het?
