Media

NIEMAND IS SO DOOF SOOS HY WAT NIE WÍL HOOR NIE

In ’n studie van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) bevind Charlotte Motha en George Frampong dat armoede ’n groot rol speel in die sukses van leerlinge op skool.  So lui die berig in die Beeld koerant van 29 September 2011.

Volgens hulle vaar die wat ryker skole bywoon beter, maar voorheen benadeelde leerlinge wat dié skole bywoon, behaal dikwels nie sukses nie.

Wat moet ’n mens nou van hierdie beriggewing aflei?  Is dit nou bloot Alet Rademeyer se joernalistieke styl, of is dit die redakteur wat haar in raaisels laat skryf sodat die waarheid verskuil moet bly?

Die twee “navorsers” se slotsom was dat daar nog baie werk voorlê. ’n Mens kan saamstem met hulle gevolgtrekking dat die departement van basiese onderwys se beklemtoning in sy 2014-aksieplan, vir toegang tot leer en onderrighulpbronne nie genoeg is om beter uitslae te behaal nie.

Verdere bevindings was dat gr. 9’s se prestasievlak in al nege provinsies baie swak was. In tale op elementêre vlak was die prestasie gemiddeld 34%, terwyl 46.2% leerlinge nie tale kon slaag nie.

75% kon nie wiskunde op elementêre vlak slaag en in wetenskap het 72.5% dit nie gemaak nie. Van die armste leerlinge wat welvarende skole bygewoon het, behaal dikwels nie sukses nie, was een van die bevindings.

Die opskrif van hierdie berig lui so: DIE ARMES SUKKEL IN RYKER SKOLE ‘Hulpbronne alleen nie genoeg’.

Waarom plaas koerante, of enige vorm van die media sulke raaiselagtige berigte anders dan om te mislei?  Waarom sê hulle nie prontuit dat dit die anderskleuriges, met klem op die swart leerlinge is wat swak presteer nie, ongeag in watter soort skool, of uit watter omgewing of agtergrond hulle kom nie?

Daar is reeds eeue lank gedokumenteerde bewys dat daar ’n onderskeid is in die intellektuele vermoë van onderskeie rasse.  Dat integrasie van rasse in skoolverband altyd die meer begaafdes afrem tot nadeel van vooruitgang en veragtering van standaard.  Die media se aandeel in die afbreek van wat oor eeue opgebou is deur dienstig te wees aan dit wat ooglopend negatief is maar onder die dekmantel van sg. “menseregte” regverdig word, maak ’n bespotting van onpartydigheid, regverdigheid en veral die waarheid!

Die intelligente en simpatieke onderwysbenadering van wyle dr. Verwoerd wat daarop gerig was om die swartes op te voed en te onderrig teen ’n tempo en standaard waarmee hulle intellektueel kon tred hou, word deur die agitators afgemaak as moedswillige onderdrukking en minderwaardige onderwys met die bedoeling om die swartes te benadeel, terwyl sy bedoeling verantwoordelike voogdyskap was!

Die liberale en humanistiese integrasiedrywers, gesteun deur verwaande en aanmatigende swart militante wat aandring op gelykstelling, vernietig nie net die welwillendheid van die Blanke Afrikaner teenoor die swart ras nie, maar vertroebel ook ’n hele samelewing. Sommige omdat hulle werklik dom is en ander omdat hulle ’n bepaalde doel daarmee het.  In beide gevalle is dit tot nadeel van al die rasse wat betrokke is en slegs tot voordeel van die knoeiers met imperiale oogmerke wat die paar dommes en verwaande militante finansieel bevoordeel ten koste van al die ander wat krepeer!

Afrikanerouers moet nie tevrede wees met die afgewaterde onderwys van die staat waarmee ons kinders afgerem word om in pas te kom met die “agtergeblewenes” nie. (Dié stelling is mos nou polities korrek!) U moet alles in u vermoë doen om u kind tot sy volle potensiaal te laat onderrig, veral in sy moedertaal tussen sy eie rasgenote.

Dit is slegs wanneer ons as ’n volk ons geledere sluit wat ons daarin sal slaag om ons af te skei op onderwys en kultuurgebied sodat ons ons identiteit en ons erfenis kan bewaar vir ons nageslag! As ons blind bly vir dit wat ons sien en ons doof hou vir dit wat ons hoor, sal die noodlottige gevolge daarvan nie by ons verbygaan nie! 

 

Sien ook: 

Onderwys in Suid Afrika-swakste ooit (Des 2010)