1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9806342

Besoekers aanlyn

Ons het 101 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

BLY WEG VAN VVK SE VERKIESING!

 Gesamentlike verklaring uitgereik deur

Boerevolk Vryheidstigting (BVS) en Afrikaner Volksparty (AVP)

Die AVP en BVS roep volksgenote op om nie aan die komende verkiesing van die Volksraad Verkiesingskommissie (VVK) deel te neem nie. Die belangrikste redes daarvoor is die volgende:

*     Die VVK wil met ‘n onwettige regime onderhandel wat hom ten doel stel om ons volk te vernietig. So ‘n regime se beloftes, indien enige gemaak word, is nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie.

*     Die VVK se uitgangspunt is dat ons volk geen land het waarop hy kan aanspraak maak nie. Dit is ‘n infame leuen. Die VVK erken met hierdie stap dat die regime se aanspraak op ons land regmatig is. Dit is nie net fataal nie, maar loutere onsin. Hierdie land is deur ons voorvaders in pand aan ons toevertrou om te bewaar vir die nageslag. Dat dit nou onder ANC-beheer is, verander niks aan ons volk se regmatige aanspraak op ons grondgebied nie. Hierdie land is ons land!

*     Deur met die regime te onderhandel word die regime se wettigheid deur die onderhandelaars van die VVK erken. Dit gee regmatigheid aan die bedrogvolle referendum en verkiesing van 1994, wat ons verwerp. So trek die VVK ‘n streep deur ons geskiedenis. Die regime het geen legitimiteit in die oë van ons volk nie.

*     Met hierdie verklaring sê ons namens die vegtende derduisende Bittereinders dat die VVK geen reg het om namens ons volk te praat nie. Wat die VVK se volksraad wel gaan doen, is om ons volk voor sy vyande te verneder. Daaraan mag geen reggesinde volksgenoot deel hê nie.

Ons volk se vryheid sal nie by die onderhandelingstafel van die vyand verkry word nie, maar wel deur volgehoue stryd. Daarvan is ons geskiedenis getuienis.

Die oproep is: Kom saam met ons in verset teen die onreg van ‘n onbevoegde geldmag-gesteunde swart kommunistiese regime.

Verwerp die VVK se slenter en herstel ons volk se selfrespek!

  

Afrikaner Volksparty

Boerevolk Vryheidstigting

8 September 2011

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie