1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8529300

Besoekers aanlyn

Ons het 61 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

EERBEHOUD GAAN BO DIE LEWE UIT!

As daar niks is waarvoor jy bereid is om te sterwe nie, behoort daar ook niks te wees waarvoor jy behoort bereid te wees om te lewe nie!  Hierdie lewenswaarheid vind ’n mens slegs by toegewyde en opregte gelowige mense wat ernstig is oor die waarheid en reg en geregtigheid.  Hulle is dan gewoonlik ook diegene wat op brandstapels en in leeukuile gesterf het vir dit waarin hulle geglo het. Die afwyking van die Afrikanerleierkorps wat na die moord op dr. H.F.Verwoerd die Afrikanervolk moes voorgaan, het tot ’n  eerlose politieke oorname aanleiding gegee omdat hulle eerder bereid was om te bly lewe vir ’n sekulêre en wêreld dienstige lewens-en-wêreldbeskouing, wat hand-oor-hand besig is om die Afrikanervolk eerloos uit te wis!

Dit was verkwikkend om in die nalees van President Paul Kruger se deputasie na Engeland oor die anneksasie van Transvaal, ’n paar riglyne in hierdie verband neergepen te kry.  ’n Vars bries uit die verre verlede tot versterking van verwarde, moedelose en misleide volksgenote.

Na die anneksasie van Transvaal deur Theophilus Shepstone op 9 April 1877 dreig ’n groep gewapende Burgers om die Engelse oorlog aan te sê. Paul Kruger maan hulle tot geduld om eers langs vreedsame weg hulle vryheid te probeer terugkry en as dit nie help nie, kan hulle hulself goed voorberei vir ’n wapen stryd.

Paul Kruger dien ’n sterk bewoorde protes skrif in waarin hy Engeland wys op die bepalings van die Sandrivier konvensie van 1852 waarin Engeland plegtig die Afrikaner se vryheid en onafhanklikheid waarborg.  Dit val op dowe ore soos ook die eerste gesprek in Engeland met Lord Carnarvon, minister van Kolonies.

As onderhandeling nie help nie, sal ons wapens ons moet help het Paul Kruger aan dr. Jorrisen en Eduard Bok gesê wat hom vergesel het. “Maak jou oë oop neef Paul, moenie eens van oorlog praat nie! Dit sal ’n dwase stap wees.!  Selfmoord!”

“En sal die nasate van so ’n volk, waarvan die voorgeslag vir so ’n doel en regverdige saak, selfmoord gepleeg het, nie trots voel nie!  Al verloor ons alles en behou net ons eer, dan het ons tenminste iets om op te bou- ons kan dan die wêreld vierkant in die oë kyk!  ’n Goeie naam gaan voor en wat die mag en krag van Engeland betref, ek betwis nie die feit nie, maar wil ook met dieselfde asem sê dat getalle nog nooit by my ’n baie groot indruk van onvervalste krag geskep het nie.  wat wel weeg is die gesindheid van die hart en die saak waarvoor geveg word.

As die idealisme vervang moet word deur die materialisme, ja indien die mens homself tot daardie peil verlaag, noem hom dan ’n ding, laer as ’n dier……’n vernietiger van lewens skoonhede, die etiese en die godheid self!  Ek sal Engeland beveg met al die krag wat ek kan uitoefen.  Ons is so ’n klein groepie en Engeland is magtig, dog ons gaan ons eer red en handhaaf!”

Hieruit is daar veel te leer. Geduld en goeie voorbereiding. Dan moed en bereidheid tot stryd vir die handhawing van eer, reg en geregtigheid sodat die nageslag iets het om op te bou!  Mag God ons die krag daartoe verleen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie