… en die HNP wil met sy moordenaars onderhandel?
Oom Frik Herman, stoere Bittereinder van Alma, distrik Nylstroom, man met ‘n blik wat deur jou gekyk het en ‘n handdruk wat jong manne laat bloos het, is vermoor op sy plaas Die Laaste Watergat. Soos so baie ander van ons Afrikanervolksgenote.
Afrikaners met Boereharte. Afrikaners vir wie hierdie grond waarop ons woon en werk die opgegaarde stof van ons voorvaders is. Vaderlandsmense. Patriotte. Boere in murg en been. Daar is min soos hy gewees. Daar is so min manne van hierdie stoffasie in ons volk oor.
Wil die HNP en die VVK nie maar tot besinning kom en die lafhartige verraaiersopsie om met die barbaar, ja hulle wat ons volk vermoor, te gaan onderhandel oor ‘n stukkie grond, laat vaar nie? Indien nie, moenie kla dat julle self as Judasbokke gebrandmerk word nie!
Die Afrikaner Volksparty bring hulde aan ‘n man wat alles feil gehad het vir sy volk. Ja, stil kêrels. Daar gaan ‘n man verby. Daar is baie min soos hy.
