1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7446093

Besoekers aanlyn

Ons het 75 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

ONRUS WORD ONLUS WORD ANARGIE EN CHAOS

Kentekens van die onvermoë van ‘n regering om in die burgers van sy land se behoeftes te voorsien, steek nou oral in die wêreld kop uit.  Dit begin gewoonlik met vreedsame stakings wat eskaleer na onluste en uiteindelik eindig in anargie en chaos soos nou in Tunisië, Egipte en Yemen.

Of die oorsprong daarvan polities of maatskaplik is, maak op die einde nie werklik veel saak nie.   Die gevolge daarvan is onvermydelik dood en verwoesting waaruit baie ellende in die nadraai daarvan nog lank voortduur.

By ontleding kan dit altyd teruggevoer word na die gehalte van die regering wat aan bewind was, en veral met sy omgang met die burgery waarvoor hy verantwoordelikheid geneem het.   In ‘n outokratiese regeringsvorm is daar sonder uitsondering, altyd onrus wat met geweld onderdruk moet word.  Dit hou net stand vir so lank as wat die despoot die weermag en polisie se lojaliteit kan behou deur hulle te bevoordeel, gewoonlik ten koste van die res van die bevolking.

In die sogenaamde post moderne demokrasieë van veral Afrika waarop elke rewolusionêr hom beroep is die regeringsvorm oor die algemeen ‘n eenparty regering waar etnisiteit deurslaggewend is en feitlik niks verskil van die despotisme nie. 

Dit bring ons by Suid Afrika.   Die feit dat elke land wat sy oog op ons minerale rykdom het nou hoog opgee oor die demokrasie wat wat in Suid Afrika in 1994 tot stand gekom het, dui duidelik die koers aan van waarheen Suid Afrika op pad is.

Dit word voorgegee asof die regerings wat voor 1994 bestaan het nie demokraties was nie en daarom vervang moes word.  Die feit dat die swartes elkeen hulle eie grondgebied gehad het, in gebreke gebly het om dit te ontwikkel en as gevolg daarvan op die Blanke Republiek en sy inwoners aangewese geraak het vir werk en inkomste, word doelbewus verswyg sodat die leuen geglo kan word dat hulle van hulle burgerregte ontneem is.

In hierdie proses van “méns regtelike” en gelykmakende benadering wat op niks anders neerkom as die slagkreet van die kommunisme, naamlik Vryheid, Gelykheid en Broederskap, is die Banke in die algemeen, maar in besonder die Afrikanervolk wie se land hierdie Suid Afrika is, die verontregte!   Daar kan dus nooit sprake van standhoudende vrede en vreedsame naasbestaan wees as dit wat joune was, deur hulle wat in vertroue daaroor aangestel is, dit aan sulke onverdienstelikes weggegee is onder valse voorwendsels nie.

Nêrens in die wêreld is daar selfs net één voorbeeld waar dit geslaag het nie en is dit dus voor die hand liggend dat dit hier ook nie gaan slaag nie, selfs al was die bedoeling in goedertrou deur al die betrokke partye aanvaar.

Die mengelmoes van volkere wat oral oorhoops met mekaar lê, maar hier in Suid Afrika in een parlement saamgevoeg is, is die sekerste bron vir konflik wat bedink kan word!  Dit is hier waar ‘n uittreksel uit ‘n toespraak van dr. H.F. Verwoerd, met die aankondiging van selfbestuur vir Transkei, op 23 Januarie 1962, van onskatbare waarde is.   Laat ons ook in gedagte hou dat dit juis die plek is waar Mandela vandaan kom en niks kon vermag om sy eie mense daar op te hef of die land lewensvatbaar te maak.

“Laat ons die oplossing van n veelrassige staat n bietjie nader bekyk.   Of dit nou federaal georganiseer word of volgens ‘n ander stelsel, maak vir my argument eintlik geen saak nie.   As die een veelrassige staat ‘n federaal-georganiseerde staat sou word (ooreenkomstig Verenigde Partybeleid) of ‘n eenheidstaat (volgens Progressiewe Partybeleid met ‘n beskawings toets), of ‘n eenheidstaat (volgens die Liberale Party se voorstel van een-man-een-stem), en hy sou tegelykertyd waarlik demokraties wees en in ooreenstemming met die tydgees wat in die wêreld heers, dan sal dit onverbiddelik moet lei tot Bantoe-oorheersing.  Want die getalle sal op die ou end moet tel.   Dit is wat die tydgees verlang.  Dit heet hedendaags werklike demokrasie.(my beklemtoning)

Dit is nie wat die Kommuniste beoefen nie.   Dit is nie eens wat die Afrika-state beoefen nie.   Dit is waarvoor druk uitgeoefen word wanneer eise gestel word teenoor ons land.   Met ander woorde, die Integrasie pad mag vertraag of versnel word, maar onverbiddelik loop dit uit op Bantoe-heerskappy.   Daaruit is dan geen redding nie.  

Die gevolg daarvan moet wees ‘n onreg teenoor alle minderheidsgroepe.  My agb. Vriend het verwys na Tanganjika.   Die korrekte verwysing daarna sou in hierdie verband wees in Tanganjika het Brittanje en andere daarop staatgemaak dat Nyerere gemagtig is en in beheer sou  bly en dat hy die blankes (20,000) en die Indiërs (100,000) medeseggenskap sou gee.   Dit is waar dat hulle, as minderhede verdring sou word wanneer die hele bevolking saam ‘n eenheid kieserskorps is.   Dit is egter ook waar dat hulle vereers dit nie verwag het nie, maar dat hulle verwag het dat elke groep op ‘n kommunale basis min of meer gelyke mede-seggenskap sou kry.   Nou vind ‘n mens dat selfs in die staat- wat die verwagtings ook al was en afgesien van wat ook al mag gebeur het – niks anders gebeur as elders nie nl. dat die Bantoe se:  “Dit is my land en ek wil volle heerskappy hê, want ek is in die meerderheid” Blankes en Indiërs word dus daar gelyklik getref.

Dit sal ons kleurlinge en ons Indiërs in ag moet neem.   Hulle moet nie dink dat hulle beskerming het op grond van hul velkleur nie.   Die minderheidsgroepe sal almal rekening moet hou met ‘n onbeperkte Bantoe-heerskappy as een veelrassige staat tot stand kom.

Ek steek dit nooit weg nie.   Jy moet by die keuse tussen die alternatiewe albei toets- of jy liewers die huidige toestand wil behou of nie.    En dan sê ek ondubbelsinnig:  die gevolg van een veelrassige staat kan die volk van Suid-Afrika nie aanvaar nie tensy die Blanke, die Kleurling en Indiër rasse selfmoord wil pleeg.” (Aldus Dr. H.F. Verwoerd 23 Januarie 1962)

Nou lees ons week na week dat die “Bruin mense” ongelukkig is teen die aanbeveling dat daar weggedoen moet word met provinsiale kwotas.   Pieter Marais beskou dit as onregverdige diskriminasie teen bruin mense.  Dit is duidelik dat dit ‘n brandpunt vir beide die Indiërs en kleurlinge in die komende verkiesing gaan wees, word in Rapport berig.

Ons het vanuit die AVP al by herhaling beweer dat die diepte van leiers soos dr. Verwoerd en Jaap Marais nog nie gepeil is nie.   Dat dit wat hulle in die vorm van die handhawing van eiesoortigheid as staatkundige vorm toegepas het, nog deur al ons vyande toegepas sal word terwille van voortbestaan. Wat  deur die Kleurlinge en Indiërs saam met ons Internasionale vyande as ‘n verwerplike beleid beveg en ondermyn is,  word nou duidelik die enigste benadering wat sou kon verseker dat hulle as volwaardige volke in Suid Afrika kan bly voortbestaan.  Soos vir die blanke ondersteuner wat voorstanders was en is vir die wegdoen met apartheid só is die multikulturele stelsel se demografiese oorwig van getalle besig om beide die kleurlinge en die Indiërs se voortbestaan as volke hier in Suid Afrika  te bedreig, presies soos wat dr. Verwoerd dit voorspel het!

As die lesse vanuit die geskiedenis geen betekenis inhou vir diegene op wie dit van toepassing is nie, sal die klaagliedere noodwendig ook op dowe ore val as die voorspelde ellende tot wasdom kom!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie