Godsdiens

Hoekom word ons siek?

WAAROM WORD ONS SIEK EN HOE KAN ONS GENEES WORD?

Dat die mens in die laaste dae van God se skepping leef, word deur weinig indien enige teoloë betwis. Sedert die sondeval het die mens egter sy uiterste bes gedoen en wel ver gevorder om deur middel van navorsing, ervaring en die mediese wetenskap, homself gesond te probeer hou en te vrywaar van al die verskillende siektes waaraan hy op aarde blootgestel was. In ‘n hoë mate het hy daarin geslaag om homself te beskerm deur inentings en medisynes en hoog opgeleide dokters en tegnologies gevorderde metodes van behandeling van sekere siekte toestande.

Dit is egter opmerklik hoeveel mense ten spyte van alles steeds sterf aan byvoorbeeld verskillende soorte kankers en hartsiektes wat dokters en geliefdes magteloos laat om genesing te bewerk en die dood af te weer.  Gelate word dan gesê dat dit God se wil is en dat dit seker maar die persoon se tyd was om te sterf.  Die vraag is, ís dit God se wil dat ons moet siek word en sterf?

 

Uit Handelinge 10: vers 38 kan ons aflei dat siekte en sonde van die duiwel is. Jesus het vir die verlamde man van Mt. 9:2 gesê, “Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.”  Behalwe dat siekte en sonde nie van God is nie, is dit uit die Bybel duidelik dat God deur Sy Seun, Jesus Christus, toe hy op aarde was, meer wonderwerke van gesondmaking as enige ander wonderwerk verrig het.

Handelinge 10:38

38  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

Hand.34:30.

30  deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

Hand. 3:6.

6  Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

Hand. 3:16.

16  En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.

Hand.4:10

10  laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

Mt. 9:2

2  En hulle het ’n verlamde man wat op ’n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.

3  En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.

4  En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?

5  Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en loop?

6  Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe — toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

7  En hy het opgestaan en huis toe gegaan.

8  En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so ’n mag aan die mense gegee het.

Dit is dus duidelik dat dit nie God se wil is dat ons moet siek wees en voortydig sterf nie. Dit is ook nie Sy wil dat ons moet sondig, (geestelik siek wees) en as gevolg daarvan sterf nie.  In teendeel was sy optrede op aarde om te genees, om ons gesond te maak.  Met die uittog uit Egipte, was een van die wonderlikste gebeure behalwe die wonderwerke van die tien plae, Psalm 105:37 wat sê dat daar niemand was wat struikel nie! Behalwe vir die materiële  voorspoed wat God van die Egiptenare na Sy volk toe oorgeplaas het, het Hy ook seker gemaak dat daar nie een was wat siek was nie!  God se wil vir ons is dus eerder voorspoed en gesondheid as siekte en dood!

Psalm 105:37

37 Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie.

Volgende Sondag kyk ons na Sy middel tot gesondheid.