Afrikaner

DIE MASLANGA GRIEP

Klaas Waarsegger‘n Nuwe pes het in die nuwe Suid-Afrika uitgebreek wat populȇr die Maslanga griep genoem word. Na bewering het die wȇreld gesondheids organisasie in der haas n afvaardiging gestuur op bevel van Donald Trump se presidensiële diktaat, om die misterieuse toestand te probeer ontrafel.

Gemeet aan die lewensgevaarlike simptome van hierdie pes, het dit ‘n verskrikking veroorsaak wȇreldwyd.

Die simptome wat tot dusvér aangemeld is, is koeëlwonde, geestesversteuring, bewerasie en geheueverlies.

Sovér vasgestel, word die oorsaak van hierdie pes herlei na politieke inmenging, polisie bedrywighede, diamant smokkelary, dwelm verkope en rasse tekortkominge.

Die dodelikheid van hierdie pes word ook geaksentueer deur parlementêre betrokkenheid. Medikasie is op hierdie stadium beperk tot kriminele ondersoek.

By ondervraging word pasiënte voorsien van ‘n bottel water vir ‘n droë keel, sodat spraaksaamheid kan verbeter. Persoonlik dink ek skokiaan sou beter gewerk het.

Sommige pasiënte wat te veel H2O ingeneem het, moes ook van droë onderklere voorsien word. Afgesien van parlementêre ingryping kon geen van die aangewende moderne reukweerders hond haaraf maak aan die “nuwe” parlementêre bedompigheid na hittige debat.

‘n CIA verslag aan Donald Trump, het aanbeveel dat tariewe (25% plus) ingestel moet word, want die pes veroorsaak ook Amerikaner haat. Die Suid-Afrikaanse diplomaat Rasool se pigment, wat as persona non grata verklaar is in Amerika, se pigment het blykbaar niks hiermee te doen nie, alhoewel die CIA ook aanbeveel het dat ‘n pigmentele ondersoek dringend noodsaaklik is.

Sielkundige toetse is reeds onderweg om die oordraagbaarheid van die pes te bepaal.

As Afrikaners kan ons maar net hoop dat ‘n politieke kuur na 33 jaar se eksperiment, gevind sal word (oranje oorpakke) om die toestand hok te slaan.

KLAAS WAARSEGGER