Afrikaner

“TE WIT VIR DIE HEMEL”

Klaas WaarseggerDie postmodernisme het die Afrikaner geweeg en te wit bevind vir die hemel. Die

reënboognasie is die nuwe voorskrif vir heiligmaking volgens die Regering van Nasionale Eenheid. Die NG Kerk het dit ook dan bevestig met hul Belhar Belydenis.(Praat van Lucifer op die kansel). Die Belhar Belydenis is in wese ‘n sataniese perkament van rebellie teen witmanskap.

Biskop Tutu se verbasterings-gedagte (reënboognasie), het dan ook inslag gevind in die politiek van die DA en VF+. Die veronderstelling is dat ons voorouers ‘n besmette godsdiens aangehang het, omdat hulle volks-higieëne toegepas het. Volkspreservering word gesien en beken as ‘n gruwel van die verlede. Om ruim te dink sonder grense, word voorgehou as ‘n bevryding van ons vorige politieke bestel.

 

Om wit te wees en om wit te bly, is volgens hulle ‘n daad van rassisme om ander seer te maak en te diskrimineer. Apartheid het niks te make gehad met rassime nie, dit het te make gehad met volksnasionalisme. Die DA en VF+ propageer ook nou “volksprostitusie” as ‘n droom-scenario en sosiale geregtiheid. Die Bybel beklemtoon diversiteit en verskeidenheid en nie ‘n liberale verminking van die mensdom. Slegs sangoma-leraars en politici verkondig integrasie

as die heilige graal. (Sinkretisme) BBBEE is ook as ‘n loskoopboete aanvaar deur die DA en FV+, maar dit moet net ȇrens in die toekoms tot ‘n einde kom. Hierdie vrysinnige gekke is soos ‘n kanker wat aan ons volksliggaam vreet. ‘n Volk word vernietig van binne en nie van buite.

 

In die nuwe Suid-Afrika is jy ‘n blommekind as jy swart is, en ‘n draer van ‘n gifbeker (apartheidsondaar) as jy wit is. Ons is blykbaar bevlek met ‘n genetiese kode omdat

ons wit is, en daarom moet ons verskoning vra omdat ons is wat ons is. Hierdie irrasionalisme het die realiteit verruil vir grensloosheid. (Die speelveld van satan). Die sosiologiese subkultuur van ‘n sogenaamsde reënboognasie kom neer op afkomsvervloeking. ‘n Poging van ontvlugting van wie die Afrikaner is, en die sluiting van ‘n abstrakte bloedverbond as ‘n stataniese nagmaal of mis. Jou identiteit het eweskielik uitruilbaar geword. Dr Mulder: (“I am an African”). Dit beteken ons Westerse erfenis raak nie kant of wal nie, maar as reëboognasie moet ons inkoop in

swart oorheersing. Dit is ‘n belydenis dat blank Suid-Afrika onrematig was en ons grondrowers is.

KLAAS WAARSEGGER