“MAAR die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?”( GÉNESIS 3:1 1933 Afrikaanse vertaling van die Bybel)
As die beginsel van die waarheid en die werklikheid van dit waarmee ons vandag in Suid Afrika konfronteer word met, “is dit ook so, “sê die slang vir die Afrikanervolk: Julle sal gewis nie sterwe nie!”
As die beginsel dat ‘n meerderheid meer is as ‘n minderheid en in die politiek die minderheid onvermydelik sal oorheers vir solank as wat die meerderheid meer is as die minderheid, en die minderheid mislei word om te glo dat,”julle sal gewis nie sterwe nie”, was die teenhang van die gelowige en polities kundige dr. H.F. Verwoerd se begrip van die waarheid van die beginsel en die werklikheid van die uitkoms van die afwyking daarvan, sy waarskuwing dat ons verseker as volk uitgewis sou word!
Die fluistering vir verandering in die ore van Vorster, Botha en de Klerk van die Satan, oorgedra na die “Eva’s” van hulle tyd, naamlik die Johan Heynse, die Beyers Naudé’s, die Willie Jonkers, prof. Willie Esterhuyse, die beheer en bestuur van die weermag se Genl.-maj. Tienie Groenewald: 'n Voormalige hoof van Militêre Intelligensie in die ou Suid-Afrikaanse Weermag (SADF) en 'n sleutelfiguur in die stigting van die Afrikaner Volksfront in die vroeë 1990's. Genl. Constand, voormalige hoof van die weermag en sy liberale broer Braam Viljoen, teologiese professor, wat die beginsel van verskeidenheid en geskeidenheid verwerp het vir getalle magsdeling.
Toonaangewende Afrikaanssprekendes wat die opposisie van die NP, naamlik die ou Sap party van Jan Smuts se internasionale integrasie beleid oorgeneem en help implementeer het, met die voorspelde vernietigende gevolg wat ons vandag beleef!
Die “is dit so” dat verandering na “demokrasie” (die valse definisie vir “majority rule”) julle gewis nie sal laat sterwe nie, het in die afgelope dertig jaar se blootstelling, reeds voldoende bewys gelewer van die diaboliese leuen wat in daardie onheilspellende benadering van die satan opgesluit is.
In Markus 8:10/21 hoor ons die stem van Jesus Christus:EN dadelik het Hy met sy dissipels in die skuit geklim en in die streke van Dalmanúta gekom. En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin redetwis en van Hom 'n teken uit die hemel gevra om Hom te versoek.
Toe sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag 'n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.
En Hy het hulle verlaat en weer in die skuit geklim en na die oorkant gegaan.
En hulle het vergeet om brode saam te neem, en het net een brood by hulle in die skuit gehad.
En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.
Toe redeneer hulle onder mekaar en sê: Dit is omdat ons geen brode het nie.
En Jesus merk dit en sê vir hulle: Waarom redeneer julle dat julle geen brode het nie? Begryp julle nie en verstaan julle nie? Het julle nog jul verharde hart?
Het julle oë en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?
En onthou julle nie toe Ek die vyf brode vir die vyfduisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie? Hulle sê vir Hom: Twaalf.
En die sewe vir die vierduisend — hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe.
Toe sê Hy vir hulle: Hoe verstaan julle dan nie!
Is die toestand waarin ons volk vandag verkeer nie vir ons sigbaar uit die Lewende Woord van ons hemelse Vader wat vir ons as riglyn gegee is nie? Hoeveel selfverkose leiers na dr Verwoerd was nie bestand teen die suurdeeg van politieke fariseërs nie! Hoeveel tekens moet aan mense en organisasies soos bv. Afriforum en Solidariteit, die VF-Positief, Volkstaters, asielsoekers, hensoppers en Joiners, die DA en welke ander Afrikaner wie ore het en tog nie wil hoor nie! Oë het maar nie wil sien nie, gegee word terwyl ons geskiedenis en die afgelope dertig jaar dit uitskreeu? Hoe verstaan hulle dit dan nie?
Het die suurdeeg van die Internasionale Imperiale geldmag van ons Afrikaners nie afgeskrik nie?
As die hele Europa se blankes nou die strate vol betoog nadat hulle deel was van die aanslag op Suid Afrika se beginsel beleid van skeiding, en nou die voorspelde gevolge van integrasie van botsende kulture wat dreig om hulle te verswelg nie meer kan hanteer nie, begin begryp en te verstaan! Dan het dit nou hoog tyd geword om alles in die stryd te werp om ons volksgenote te oortuig van die voldonge feit dat die satan se versekering “dat julle gewis nie sal sterwe nie”, vals is en daarop gerig is om elke gelowige op aarde te probeer uitwis!
Laat ons begin om gesamentlik aan ‘n gemeenskaplike projek ons verdeeldheid teë te gaan in belang van ons voortbestaan! Met ore wat bereid is om te hoor en te verstaan en oë wat sien en dan te glo wat jy sien, die voorbeeld te word wat die hele wêreld tot nugterheid sal bring.
Dit is waarom die lydsaamheid sedert 1994 ons beproewing is en ons verantwoordelikheid teenoor die hele gelowige wêreld as voorbeeld van gehoorsaamheid onder selfs die uiterste beproewing!
