Afrikaner

STILSWYE IS DIE DUN PUNT VAN ‘N GEVAARLIKE WIG!

Verdeeldhed Jaap Marais Malan Strijdom Verwoerd 624x441Van meet af aan was dit die mees effektiewe wyse om die Afrikanervolk te rangeer op ‘n sylyn waar hy rustig onbetrokke, elkeen sy eie potjie krap terwyl sy hele toekoms besig is om in duie te stort! Met elke ander party, beweging, instansie of watter afkorting vir ‘n naam ookal uitgedink word met die voorgee dat hulle in belang van Suid Afrika optree, beding, stry of pleit, is daar ‘n doodse stilte oor die feit dat die Republiek van Suid Afrika uitsluitlik die Afrikanervolk se land is!

Gaandeweg is die DA, die VF positief, Afriforum, Solidariteit die groeperings wat beskou word as die verteenwoordigers van die blanke in Suid Afrika terwyl almal van hulle ingekoop het in die volksvernietigende ideologie van “eenheid in verskeidenheid” Juis die ideologiese beginsel van gelykheid, vryheid en broederskap van die kommunisme wat wêreldwyd die lewe van miljoene gekos het.

‘n Beleid, ingestel op vernietiging van kultuur, van taal, van godsdiens, van identiteit, van selfwerksaamheid, van vrede, van voorspoed en veral van individualiteit! ‘n Voorspelde beleid van kultuurbotsing, verval, agteruitgang, gebrek aan veiligheid en uiteindelik afhanklikheid vir oorlewing van magte en kragte buite jou volksverband aan wie jy onderdanig sal wees ten koste van jouself.

Die klem op die erkende feit dat hierdie land óns land is en wat nou dood geswyg word, ook deur die sogenaamde “stryders” in Afrikaner belang, is ‘n dodelike en vernietigende praktyk wat onmiddellik aan bande gelê moet word. Die feit dat de Klerk en sy swakkeling party ondersteuners, nie ‘n mandaat gehad het vir hulle veragtelike “Rooi Vrydag” belydsverandering nie, moet aanhoudend oor en oor beklemtoon word!

Die kriptiese vraag waarvoor de Klerk ‘n “ja stem” in ‘n referendum gevra het, het hom nie die reg gegee om die mandaat wat sy kiesers hom gegee het waartoe hy verbind was om uit te voer, te versaak nie! Sy handeling was openlike verraad, ondersteun deur beide Amerika en Brittanje! Hierdie land is steeds ons Afrikanervolk se land volgens elke internasionale regsbeginsel van besitreg!

Dit was dr. H.F. Verwoerd wat Harold MacMillan, eerste minister van Brittanje vermaan het dat as jy nie meer saamstem met die mandaat wat jou kiesers jou gegee het waarvolgens jy moet regeer nie, die eerbare ding om te doen is om te bedank! Dit is wat de Klerk moes gedoen het! Hy moes bedank het en ‘n verkiesing uitgeroep het. Die feit dat hy eerder sy Internasionale “hanteerders” se opdrag uit gevoer het, was omdat hulle geweet het die Nasionale party die verkiesing sou verloor het! Die voorgaande tussenverkiesings het dit duidelik gewys!

Naas die stilswye oor die Afrikaner se onbetwiste besitreg van Suid Afrika, is die mees gemene politieke skelmstreek in ons volk se ganse geskiedenis aangewend om die Afrikaner vrywillig te laat afsien van ons besitreg van Suid Afrika. Die 1982 volkstaatslenter nadat die 1981 verkiesing waarin 18 setels van die NP grens setels geword het! Met die daling van hulle ondersteuners se meerderhede van die vorigeverkiesing na skamele meerderheid wat verseker in die volgende verkiesing deur die Herstigte Nasionale Party gewen sou gewees het.

Met die volkstaat fopspeen argument dat dit ons ten minste ‘n eie stukkie grond sou verseker waarvandaan ons weer kon begin, is die grondslag gelê waarmee die Afrikanervolk sy land vrywillig afgegee het. Wat meer is, is dat daardie politieke slenter die aanspraak van die swartes op Suid Afrika ‘n wetmatigheid verleen het wat nie van tevore bestaan het nie!

Die kern van die Afrikanervolk wat in die Herstigte Nasionale Party saamgetrek was, het egter geweier om die beginselstandpunt dat hierdie land óns land is prys te gee en daarmee saam aan gèèn verkiesing of aksie deel te neem wat aan hierdie diaboliese politieke verraad ‘n wetmatigheid sou verleen het. Beide Orania en Kleinfontein aksies wat die bedoeling van die volkstaat gedagte in praktyk moes laat slaag, was van meet af deur die HNP ondersteuners, nie net as ‘n onhaalbare benadering afgewys nie, maar ook as die oorgee,weggee, vlug instede van veg vir jou reg, as ‘n nadeel in die beskouing van die handhawing van geregtigheid.

Die gruwelikheid van die onreg wat met behulp van beide die VSA en Britanje, op Suid Afrika en die Afrikanervolk voltrek is, se gelyke in wêreldgeskiedenis bestaan nie! Dat ons volk dit moet besef en daarteen in verset moet kom, is ‘n vereiste in ons stryd om weer vry en onafhanklik te kan wees. Die verdeeldheid wat in ons volk ontstaan het as gevolg van hierdie ongeregtigheid, is huidig die versperring vir samewerking in die verset wat noodsaaklik is om die onreg effektief te bestry.

Lukas 11:17.  Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en 'n huis wat teen homself is, val. Sal u nie met my saamstem dat dit is waar ons volk nou is nie? Behalwe as u ongelowig is en nie glo wat ons Hemelse Vader in Sy Lewende Woord vir ons as riglyn gegee het nie. Indien u dit glo, laat ons dan ons verskille opsy sit en oor die gemeenskaplike onreg tree in samehorigheid tot volkseenheid!

Laat ons begin deur ‘n massa saamtrek op 5 September 2026 in herdenking aan dr. H.F. Verwoerd se sukses om die Afrikanervolk as ‘n hegte eenheid op beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling saam te bind. Ons het ‘n verantwoordelikheid om aan die wêreld te wys dat onreg nie reg is nie en met veragting verwerp behoort te word!