Afrikaner

DIE STRYD DUUR VOORT

(Opgestel deur mnr. Jaap Marais MEI 1996)

1. Die grondwet wat nou aan Suid-Afrika opgelê word, is die kulminasie van die Jaap Maraisproses wat op 6 September 1966 aangeskakel is deur die Kommunis Tsafendas se sluipmoord op dr H F Verwoerd en die politieke verdeeldheid wat deur sy opvolgers aan die Afrikanervolk opgedwing is. Die waarheid oor hierdie moord en die magte en mense wat daarby betrokke was en wat daarna politieke moord gepleeg het op alles wat dr Verwoerd verteenwoordig het, is nog nie oopgevlek nie, maar die bloed van hierdie groot man wat tussen sy volk en die vyande gestaan het, roep daarom.

Afrikaner leiers

2. Weens politieke misleiding en uiteindelike volksverraad deur “Nasionale” Party en ander Afrikaanssprekende leiers is die Afrikanervolk in naam van “demokrasie” bloedloos onderwerp aan n Kommunisties-beheerde terroriste-organisasie wat nooit die terroristeoorlog sou kon wen nie. Die eer en die nasionale selfrespek van n volk met n heroïese verlede, soos die Afrikanervolk, laat nie toe dat in so n onreg berus word
nie. Met die slagkreet: die stryd om vaderland en vryheid duur voort, Roep dit tot
intense verset en tot we
iering om op enige wyse in dié politieke bestel te deel.

 

3. Ons sal die konstitusionele bestel wat deur dié grondwet geskep word, beveg as ‘n onregmatige en ondoelmatige politieke instelling, en ons sal nie rus voordat hierdie wet se flenters in die Politieke snippermandjie nie.



4. Die nuwe grondwet rus nie op die werklikhede van rasse-, kultuur-, taal- en godsdiensverskille nie, wat die hoofkenmerk van die Suid-Afrikaanse bevolking is. Dit gaan uit van die politieke bygeloof dat n wet sulke diepliggende hoedanighede laat verdwyn. Dit is so n primitiewe konstitusionele opvatting dat dit met die
beoefening van geesuitdrywing vergelyk kan word.

        

5. Die parlementêre demokrasie het ‘n uiters beperkte toleransie vir rasse-, kultuur- en godsdiensverskille, soos die aanskouingsles van talle Afrikastate, Indie, lerland, die Sowjet-Unie, en state soos Bosnië, Tsjetnië, Tjeggië en Slowakye telkens geleer het. Gedwonge samevoeging van sulke uiteenlopende groepe mense in naam vandemokrasie” geskied gewoonlik met verskuilde imperialistiese motiewe om nasionalismes te verwar en te frustreer. En byna sonder uitsondering val sulke kunsmatige state gewelddadig uiteen en word die “demokrasie” n eenpartystaat of diktatuur, veral in Afrika. Die nuwe grondwet stel Suid-Afrika en sy bevolking bloot aan n soortgelyke verloop, met die allerernstigste en rampspoedigste gevolge vir die land en sy bevolking. “Demokrasie” het veelal ontaard tot skuilplek vir politieke misdadigheid en roofmotiewe, soos die verarming van dié land en sy produktiewe deel van die bevolking getuig teenoor die verryking van die soustreinryeren die klein groepie geldmagnate wat hulleself as n herrenvolkie gedra teenoor die belange van Suid-Afrika en die Afrikanervolk. "Demokrasie" is deel van die sluipwoorduitrusting waarmee die kommuniste hulle vermom om hulle teenstanders te ontwapen en in te sluip in magsposisies, soos nou ook in Suid-Afrika.

6. Die verhewigende aanslag op die Afrikaanse geskiedenis, taal en opvoedkundige inrigtings deur die opstellers van die grondwet, en die voortgaande ANC-SAKP-terroriste-oorlog teen die Zoeloenasie, sal nie net die pogings verder verydel om n nuwe nasie” te fabriseer nie, maar sal die oorsaak word van groter onderlinge verwydering en geweld, in stryd met die valse geloof wat in die aanhef van die grondwet bely word.

7. Die menseregte-akte wat by die grondwet ingelyf is, is die Kommunistiese en liberalistiese instrument om nasionalisme te dwarsboom en te onderdruk, veral tans Afrikanernasionalisme as die sentrale ontwikkelingsmag in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en die hoofversperring tot die verbritsing van Suider-Afrika.

 

8. Dat die miskenning van rasseverskille n vereiste gemaak word van diekonstitusionele bestel wat op die grondwet moet rus, is só in stryd met die skeppingswette en die werklikheid van menslike bestaan dat dit aan politieke waansin grens. Net ‘n dwaas of polities behepte kan glo dat die wete van rasseverskille verdwyn as n wet daarteen gemaak word. Die Kommunistiesgeïnisieerde skeldterm “rassis” is ingebring om Blankes af te skrik van enige betuiging van rasbewustheid, en tegelyk die Kommuniste en liberaliste se revolusionêre drang na uitwissing van rassegrense in n gunstige konteks te plaas, om sodoende die Kommunistiese aanvalle op Blanke skole, Blanke woonbuurte, Blanke kerke en ander Blanke instellings te rasionaliseer en Blankes wat bereid is om vir die behoud van hulle eie te stry, as “rassiste” te stigmatiseer.

 

9. Dat Suid-Afrika gegroei het tot die sterkste staat in Afrika, en in die tyd van dr H F Verwoerd se premierskap tot een van die twintig rykste lande in die wêreld, was juis te danke aan die feit dat daar uitmuntende Afrikaans- nasionale leierskap was en dat rasse- en volksverskille erken en natuurlike ongelykheid gehandhaaf is op grond

van die basiese mensereg op voorkeur vir die eie. Onder dié omstandighede het beleggings uit die buiteland ingestroom; die Suid-Afrikaanse ekonomie is ‘n wonderwerk van die moderns wetenskap” genoem; daar is geskryf: “Die nasie ly aan n oordaad van voorspoed”; die prima-rentekoers was 3% tot 3,5% per jaar; en almal het in die welvaart gedeel: Swartes in die nywerheid-sektor se lewenstandaard het met 5,4% per jaar gestyg, 40% vinniger as die van Blankes in die sektor; bedrog en korrupsie was uiters rare en feitlik onbekende verskynsels in die land; en Suid-Afrika is beskryf as 'n glansende voorbeeld van vrede op beroerde kontinent”. Dit het die geldigheid en verstandigheid van die beleid van afsonderlike ontwikkelinge bevestig.

 

Die stryd duur voort 2

10. Nadat die “Nasionale” Party onder Britse en Amerikaanse druk en onder leiding van mnre John Vorster, P W Botha en F W de Klerk daarvan afgewyk, rassegelykmaking en herverdeling van inkomste en besittings aan die Suid-Afrikaanse samelewing opgedwing het, het die morele verval en ekonomiese agteruitgang ingetree en is die sosiale verwoesting aangerig wat vandag blyk uit die stroom bankrotskappe, die golf van misdaad, die gebrek aan werkgeleentheid, die gesinsmoorde, en die algemene misstande wat duisende laat emigreer. Die nuwe grondwet sal aan hierdie proses van verval en agteruitgang formele beslag gee en die politieke grondslag lê vir ‘n orde waarin plakkery en rampokkery die samelewing sal kenmerk en onbevoegdheid gesubsidieer sal moet word.

 

11. Die skryf van hierdie wet, wat met soveel toneelspelery en soveel tyd- en geldverkwisting voortgebring is, was ‘n oefening in futiliteit, omdat die konstitusionele orde wat dit tot stand bring ineen sal stort. soos alle soortgelyke vorige proefnemings oral in die wêreld. Wat dit sal verhaas, is die regering wat die grondwet opdwing se sigbare onbevoegdheid om politieke stabiliteit en ekonomiese vertroue te bewerkstellig en om mense se besittings en lewens te beskerm teen rowers, rampokkers en moordenaars. Daarby misluk die regering sigbaar om die verskillende volksgroepe te beweeg tot versoening met oorheersing deur etniese en politieke minderhede, soos die Xhosas, ‘n Indiër-Moslem-groep, ‘n Joods-Sionistiese groep, die SA Kommunistiese Party en ‘n klompie omgedopte figure met Afrikaanse name.

 

12. Dele van die aanhef van die grondwet is ‘n patetiese poging tot selfregverdiging van ‘n terroristebende se onbeholpe magstrewe en sy gruwelike minagting vir menselewens, soos blyk uit roekelose bomgooiery, wreedaardighede in terroristekampe en barbaarse halssnoer-moorde waarmee hulle “struggle” gevoer is.

 

13. Die gebrek aan ‘n verwysing in die aanhef na God en goddelike beskikking in die lewens van volke en nasies spruit uiteraard uit die Kommunistiese ideologie, en dit maak ‘n ironiese bespotting van die aanhef se slot waarin gevra word: “Mag God ons mense behoed”. Daaraan kon gepas toegevoeg gewees het "... teen ‘n onbevoegde regering en ‘n grondwet wat in sonde ontvange en gebore is, die beproefde beginsels van goeie volkereverhoudings en doeltreffende staatsbestuur verontagsaam, en God se naam alleen as ‘n soort nagedagte noem."

 

14. Vir selfrespekterende en volksgetroue Afrikaners om dié grondwet te eer en te ondersteun, is om, in stryd met die wet van selfbehoud en die eise van nasionale waardiqheid, medewerkers aan hulle eie veronregting en onderdrukking te wees. Miskenning van die grondwet deur Afrikaners sal die prikkeling wees tot volkstrots, durf en geloof in hulle volk se reg op herwinning van sy vaderland en vryheid.

 

15. Die inherente swakheid en ondeugsaamheid van die konstitusionele bestel wat deur dié grondwet tot stand gebring moet word, kan nie staande gehou word deur die afgelope twee jaar se politieke kultuur van vroompraatjies en slimpraatjies, opgewondenheid oor rugby- en ander sportwedstryde, vriendelike en onthale, oor en weer gekuier
deur staatslui. verandering van name van plekke en geboue, verwydering van beelde en skilderye. en geblaak in belaglik oordrewe gunstige publisiteit deur die media aan onbevoegde regeringsfigure. Die lewenswerklikheid laat hom nie aanhoudend so vervals deur politieke manipuleerders en korruptiewe magte nie.

 

16. Die nuwe grondwet sal teen die rotse van lewenswerklikhede stukkend geslaan word deur die strominge van rasbewustheid en die golwe van volksnasionalisme. En sy makers sal verwens word deur ‘n geslag wat die smart en ellende sal verduur wanneer die onvermydelike ineenstorting plaasvind. Dog, uit die uitmekaarval van hierdie konstitusionele timmerasie sal met onverbiddelike historiese mag volkstate tot stand kom, soos Botswana, Lesotho en Swaziland reeds is, en sal die Afrikanervolk homself weer soos in 1881 en in 1948, bevry van vreemde oorheersing om sy geroepenheid in Afrika te volg.(opgestel deur mnr. Jaap Marais MEI 1996)