Afrikaner

10 OKTOBER 2025 ONS DINK AAN PRESIDENT PAUL KRUGER EN WAT HY VIR ONS VANDAG NOG BETEKEN

President Paul KrugerVanaf 12 tot 16 Desember 1880 kom tussen 4000 en 5000 Burgers by Paardekraal bymekaar. Want op 11 Desember het die ou Republiekeinse Volksraad, wat in 1877 laas bymekaar was, weer die Regering van Transvaal herstel en die driemanskap Paul Kruger, Piet Joubert en M.W. Pretorius is aangewys om die vierkleur te gaan hys by die tydelike regeringsetel te Heidelberg.

Op 14 Desember 1880 vra Paul Kruger dat die Burgers wat nie met die vryheidstryd wou voortgaan nie, opsy moet staan! Nie een het geroer nie! “Laat elkeen wat bereid is om ‘n verbond te sluit dat jy sal veg tot ons vryheid weer herstel is, ‘n klip neerlê” So het ‘n sigbare bewys van die verbond van Paardekraal in die vorm van ‘n klipstapel verrys!

As ons vanoggend moet vra: Laat elkeen wat bereid is om ‘n verbond te sluit dat jy sal veg tot ons vryheid weer herstel is, ‘n klip neerlê”, sal u wat nou hier lees, daartoe bereid wees?

Daar is in ons volk nog genoeg gelowige volksgenote wat sekerlik bereid sal wees om ag te slaan op wat die ou President op daardie byeenkoms gesê het. Die doel van die fees is deur Paul Kruger vasgelê in die volgende woorde:

“Wij zyn hier gekomen om feest te vieren en gij weet’t, ons en u doel ist niets anders dan om ons meer en meer te doen verstaan den wil des Heeren om ons te wijzen op Zijne leiding, opdat de ouders aan hunne kinderen tot in het verste nageslacht kunnen verhalen wat God aan ons gedaan heeft”

Dat ons volk in die mees benouende toestand van ons bestaan verkeer hier in 2025, is egter sekerlik ‘n vingerwysing of ons volksleiers na die sluipmoord op dr. Verwoerd regtig verstaan het wat die wil van ons Hemelse Vader vir ons Afrikanervolk is? Het ons nie dalk soos hulle verward geraak met wat die doel van ons bestaan hier aan die Suidpunt van Afrika regtig is nie?

Die AVP sal ons geheue in ‘n volgende paar aflewerings help opskerp uit toesprake van ons vorige leiers om weg te kom van die waarskuwing dat: my volk gaan ten gronde vanweë ’n gebrek aan kennis!