Afrikaner

AZANIA,ORANIA EN NOU WEER AZANIA?

 

OP PAD NA 'N VOLKSKONGRESNP KONGRES 1923

Dit was in die laat vyftigs. My skoonmoeder het van ‘n besoek aan Duitsland af teruggekeer toe sy die opmerking maak dat sy ‘n berig gesien het dat daar veral in Angola, maar ook wyd in Afrika na Suid Afrika verwys word as AZANIA. Ek het dit afgelag as swart wensdenkery en in elkgeval ‘n onhaalbare swart droom!

Met die Nassionale party op die kruin van die golf, saamgelees met my jeugdige politieke naŃ—witeit, was so ‘n standpunt vir my niks anders as ‘n belaglikheid nie. Die afgelope tweede wêreldoorlog en die twee verliese van ons vryheid wat met verbete stryd teruggewen is, het in my ouderdomsgroep nie grondgevat nie en was daar niks wat vir ons ‘n bedreiging was nie.Dit was eers toe die Nasionale Party in 1969 geskeur het dat ek gewaar geword het van die verskuilde voortsluipende politieke bedreiging.

Betrokkenheid en deelname aan volkskwessies het al gou begrip gevestig van die volgehoue stryd wat ons voorgangers gevoer het om ons volk se beskawingspeil, taal, kultuur, identiteit maar veral ons land Suid Afrika, in ons besit te hou! Die agenda vir die vestiging van ‘n EEN-WÊRELD-REGERING was verskuil in die felheid van die aanslag op NASIONALISME en die beginsel van AFSONDERLIKE ONTWIKKELING wat lynreg in die pad van die IMPERIALISME gestaan het! Die werklike erns daarvan is eers regtig deur enkele Afrikanerleiers besef na die sluipoord op dr. H.F. Verwoerd!

Dat ons eie Afrikanerleiers in die Broederbond, die drie susterkerke, akademici, kultuurorganisasies, maar veral in die regering self hulle hierby sou laat betrek was ondenkaar! Dit was eers toe die Konserwatiewe Party in1982 doelbewus gestig is as opvangsgebied vir die toenemende ongelukige volksgenote binne die Nasionale party en die feitlik onmiddellike volkstaat voorleggings wat daarop gevolg het, dat die besef dat ons volk gelei word om vrywillig ons land prys te gee, by sommige van ons volksgenote ‘n werklikheid geword het.

Dat die meerderheid op groot skaal mislei is, is vandag duidelik. Politiek gebrekkige vêrsig, versterk deur wanstaltige politieke insig, het daarin geslaag om Kleinfontein en Orania as oplossings vir ons volk voor te hou met die gebrekkige sukses wat na dekades steeds duidelik sigbaar is! Die enkele voordeel wat dit wel het is om die verskil in vermoë tussen blank en swart opnuut te bevestig. Die nadeel is egter dat die gebrek aan verset om de Klerk te stuit toe dit moontlik was, die idee gevestig het dat die Afrikanervolk nie instaat is om vir dit wat sy eiendomlike is, volgens elke Internasionale regsbeginsel verkry, te stry nie. Verder het dit ‘n wetmatigheid verleen aan die swartes as sou hulle ‘n reg op ons land Suid Afrika het! Nou lê die laaste fase van die onteiening van ons land as Afrikaner besitting voor! Sy naam moet verander word na Azania! Soos elke veranderde naam die betekenis van die oorspronklike naam laat vervaag en uiteindelik moet laat verdwyn, so sal Azania die bestaan van die Afrikanervolk van die tafel van die geskiedenis afvee! In die 1960's het die Pan Africanist Congress Azania as 'n naam vir Suid-Afrika aangeneem, wat 'n visie van 'n Pan-Afrikanistiese toekoms vir die land simboliseer.

Die Pan Africanist Congress (PAC) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party en voormalige bevrydingsbeweging. Dit is in 1959 gestig deur 'n groep Afrikaniste wat van die African National Congress (ANC) weggebreek het weens meningsverskille oor die ANC se benadering tot rassegelykheid en die konsep van 'n multirassige samelewing in Suid-Afrika. Die PAC het Afrika-nasionalisme en 'n Suid-Afrika bepleit waar grond aan sy inheemse Afrika-mense behoort het.

Is dit waarvoor ons voorgeslagte geveg, gebloei en gesterf het? Ons volksgenote se onge-ergdheid en onbetrokkenheid in ons volkstryd het die pad oopgemaak vir die vyandelike magte om ons vryheid en onafhanklikheid te vernietig! Die noodsaak vir ‘n Volkskongres was nog nooit meer dringend as nou nie. Die leiers van elke Afrikanerorganisasie, party en beweging moet ter aanvang bymekaar kom om so ‘n kongres te beplan en te bespreek. Die Afrikaner Volksparty doen ‘n beroep op elke Afrikaner, Boer en blanke belanghebbende om u Leiers daartoe te oorreed. Ons sal die datum, tyd en plek eersdaags bekend maak. Skakel asb. Met mnr. Johan Theunisen om u deelname te bevestig. Sy selnr. Is 0832638007 of. Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

EEN DRACHT MAAKT MAG!

Vriendelike groete,

Danie Varkevisser.

LEIER: Afrikaner Volksparty