Waarvoor staan die Afrikaner Volksparty?
Inleiding:
Wat vanoggend hier gebeur, is nie net van historiese belang nie, dit is die kulminering van 40 jaar se frustrasie deur versaking van beginsel en beleid, met die vernietigende gevolg wat ons tot op die rand van totale uitwissing as Afrikanervolk gebring het!
Kyk vir ‘n oomblik om u rond,...... raak bewus van die gees van stryd en vernedering, van verguising, van onreg en verdrukking. Maar voorsitter, word tegelyk gewaar van die nalatenskap van... eerbare volksleiers en beklee uself vanoggend met die wapenrusting, aan die nageslag deur hulle (fotos teen die muur) nagelaat en wat hierdie historiese gebou adem , nl. onwankelbare geloof in die God van ons vaders, die gees van verset teen die onreg ons aangedoen, die wil tot behoud van ons Godgegewe erfenis en die moed vir die oënskynlik onoorwinbare stryd.
Die ewigdurende stryd, wat nie gister begin het nie en nie môre gaan ophou nie, maar wat ongeag die omstandighede, moet en sal duur tot die oorwinning van ons vryheid waarvan hulle vir ons die voorbeeld was!
In seker een van die onmagtigste tye van die Afrikanervolk se bestaan, sou dit roekeloos wees om nie indringend na die oorsprong van die onmag te gaan soek nie.
As gelowige wat glo dat God die beskikker is van die lotgevalle van alle nasies, moet ‘n mens baie ver afgedwaal wees as jy dan nie eerste vra waarom God dan toelaat dat òns van Bloedrivier, Majuba en Magersfontein, nou deur barbaarse heidene in ons eie land, onteer, vermoor, onteien en verarm word nie. Menslikerwys as oorwinnaars uit onoorwinbare veldslae, deur Hom gelei, om nou verkneg te word deur ‘n nasie wat ongelowig is en sonder die vermoë om hulleself te regeer.
Dan antwoord God ons uit Sy Woord vanuit Deuteronomium 28 en waarsku dat as ons Sy gebooie nie gehoorsaam nie, die Vreemdeling wat by ons is hoër en hoër oor ons sal opklim en ons sal laer en laer afsak. Hy sal die kop word en ons die stert!
Dat John Vorster van beginsel afgewyk het met die Maoris na die sluipmoord op dr. Verwoerd, en dat P.W. Botha daarop voortgebou het en de Klerk en sy kabinet ons uiteindelik verraai het in belang van die Imperiale moondhede se grypsug, is alles waar. As ons egter nà selfondersoek, ons passiewe weerstand teen alles waarteen God ons in Sy Woord waarsku, bemerk, sien ons dan die omvang van ons sondigheid en ellende raak? Kom ons in opstand teen die onreg en bely en laat staan ons ons eie oortredings, of is die waarskuwings uit die Woord van God nie meer vir ons ‘n werklikheid nie? Selfs nie eers in die lig van wat ons nou beleef nie?
God gee egter ook die oplossing in Sy Woord in dieselfde gedeelte van Deuteronomium waaruit ons die oorsaak vir ons ellende aangehoor het. Dat as ons goed luister om al Sy gebooie sorgvuldig na te kom wat Hy ons beveel het, dat Hy ons dan die hoogste sal stel bo al die nasies van die aarde. Wat die vreemdeling aan betref sal ons die kop wees en hy die stert. Is dit nie waar ons was voor die moord op dr. Verwoerd nie, voorsitter?
Wanneer die riglyne uit God’s Woord en vanuit ons Volkswording uit die verlede, egter blote geskiedenis geword het, dit is dan wanneer ons vergeet van huisgodsdiens, van veragting van dobbelary en homoseksualisme en Sabatsontheiliging deur ondersteuning van die implimentering van “Open seven days a week”. Voorsitter, dit is dan wanneer ons vergeet van President Paul Kruger, Generaal Hertzog, dr. Malan, advokaat Strydom en dr. Verwoerd en andere se vaste vertroue en onwrikbare geloof. ‘n Godgebondenheid wat ons die kop en nie die stert gemaak het, tot so ‘n mate dat ons die wêreld verstom het met die voorspoed en vooruitgang, wat nie net ons gebaat het nie maar ook die nieblanke volke, en dìt onder die beginsel van afsonderlike ontwikkeling.!
Dit is dus duidelik dat, nie onderhandeling of kompromie, nie kapitulasie voor getalle of internasionale bedreiging, nie ontvlugting na volkstate, of emigrasie na Australië, of prysgawe van beginsel, deur politieke knoeiers, ons ons vryheid sal terugkry nie, maar deur gehoorsaamheid aan God en sy gebod, en die bereidheid tot gesamentlike en individuele stryd!
Laat ons dan teruggaan tot daar waar ons die leisels laat val het en die pad byster geraak het, hetsy deur misleiding, ditsy deur u en my onvoorwaardelike trou aan insiglose leiers wat deur die misbruik daarvan, ons volk se verset aan bande lê. Deur die onderlinge wantroue en verdeeldheid wat noodwendig ‘n uitvloeisel van die afwyk van beginsel en beleid verteenwoordig en neerslag vind in integrasie, het ons nou weereens in die praktyk ondervind, hou gèèn heil vir die Afrikaner in nie! “Leiers” wat in hulle gemoed reeds aanvaar het dat daar weens omstandighede, ‘n onomkeerbare toestand ontstaan het, dit is hùlle wat glo dat kompromie en onderhandeling die enigste uitweg is om iets van wat eens syne was, vir die Afrikaner te probeer terugkry. Terugvra wat hy weggegee het toe hy in ‘n posisie van mag was!. Dit, Voorsitter, is ‘n benadering wat slaafs nagevolg word soos wat die ANC die Freedom Charter navolg, en wat uit ‘n geheime dokument van die Broederbond kom, toe die ANC, nog die Broederbond was, en wat gevolg word deur die vakbonde, die georganiseerde landbou, die sakewêreld, die kerke, politieke partye, ens. en tot dusver, slegs tot gevolg het dat werklike verset en samewerking aan bande gelê word en ons erfenis sienderoë verkwis word!
Samewerking onder Afrikaners en Afrikanerorganisasies in sake van gemeenskaplike belang, sonder prysgawe van beginsel en beleid, waarin wyle mnre. Jaap en Willie Marais ons voorgegaan het, geskoei op die gemeenskaplike beginsel van Nasionalisme, voorsitter, dìt werk onderlinge vertroue in die hand, oppad na die hegte eenheid wat ons eens gehad het. As dit wat ons daarbuite nou met ons oë sien en met ons ore hoor en aan ons lywe voel, ons nie oortuig dat dit wat in die plek van apartheid gekom het, naamlik integrasie, ontbreek aan die samestelling om te kon voorsien wat deur apartheid daar gestel was en nie kan voldoen aan die verwagtings wat geskep is nie en dat dit eenvoudig in ‘n multikulturele samelewing, nie kan of sal werk nie, sal Moses en die profete ons ook nie oortuig nie!
Suiwer standpunte.
Telkens as daar binne Nasionale geledere afwykings of tekens van afwyking van beleid en beginsel was, het daar skeiding gekom terwille van die behoud van die suiwer standpunt. So het genl Hertzog Suid Afrika Eerste gestel in 1914 teenoor Genls Botha en Smuts se voorkeur vir Britanje, Dr. Malan in 1934 nadat Genl Hertzog die Nasionale Party met die Suid Afrikaanse Party verenig het in ‘n Koalisie om die Verenigde Party te vorm wat op dieselfde liberale beginsels, vandag die DA is. Derdens, ‘n Afwyking deur die Nasionale Party van die beginsel van rasseskeiding, kort na die Internasionale sluipmoord op Dr. Verwoerd op 6 September 1966, was die regstreekse aanleiding tot die stigting van die Herstigte Nasionale Party in 1969.
Dit, voorsitter, het ons gedra tot vandag. Nou, na bykans ‘n jaar se stryd, die noodsaak om, terwille van die Afrikaner Eerste, nogeens te suiwer.
Direk na mnr. W.T.Marais se dood het ‘n tendens ontwikkel om ‘n meer gematigde houding in te neem teenoor instansies wat die toestand van meerderheidsregering aanvaar het en deur middel van kompromie en onderhandeling en samewerking, die Afrikaner se belang nie meer vooropgestel kon word nie.
Afrikaners wat diesulke organisasies en individue in opdrag van die hoofbestuur van die HNP aangemaan het, is beswadder en verdaggemaak deur leiers en amptenare wie se lojaliteit verskuif het na nuwelinge in die party en wat ingegryp het in meerdere vergaderingsbesluite se uitvoering, ter beskerming van persone en instansies met bedenklike en dubbelslagtige optrede wat nie met party beginsels vereenselwigbaar was nie.
Sinvolle strydvoering vir die vryheid van die Afrikanervolk was nie meer moontlik binne die party nie, daar soos in die geval van genl. Hertzog, die Afrikaner se belange nie meer verdedig kon word sonder teenkanting vanuit eie geledere nie!
WYSHEID TOT NIET?
Die Afrikaner sal nie vry word deur interne en onderlinge getwis nie, voorsitter! Daarom begin ons skoon met die oog op die belange van die Afrikaner.
Waar enige volk of organisasie se belange in botsing kom met die van die Afrikaner, stel die Afrikaner Volksparty die Afrikaner se belange eerste!
Dit is mos die riglyn wat ons van ons vorige wyse en nasionaalgesinde leiers wat die land regeer het ontvang het, tot en met dr. Verwoerd! Bly by die suiwer beginsel en beleid wat ons telkens vrygemaak en vooruit laat gaan het.
Het groot geleerdheid daardie wysheid verswelg, voorsitter? Meerdere politieke kennis gebasseer op bestudering van die moderne staatkunde? Of was en is dit bloot lafhartigheid, gierigheid of eersug? So dom kan niemand tog wees nie!
Hoe die media dit nou ookal probeer verswyg, word dit onteenseglik ‘n etniese verdeling tussen die swartes wat onvermydelik in geweld sal ontaard. Dit is egter ‘n illusie dat so ‘n verdeling die blankes in ‘n verkiesing sal baat. Die rede daarvoor setel in die greep wat die kommuniste op die revolusie het. (Winston Churchill)
Enige iemand wat dus vir die blanke heil soek by Zuma, Motlanthe, Mbeki of Mandela of by welke swart leier of sy strukture, is blind en doof vir die voorbeelde van Afrika en vir die ontplooiing van die kommunistiese vernietigingsplan teen die Afrikaner!
Reeds het ons een geslag Afrikanerkinders verloor deur middel van opvoedkundige manupilasie. (Walter Martin)
Dit, voorsitter, moet ons omkeer!
Die ekonomiese knel wat in die VSA begin het en as ‘n depressie beskryf word, gaan ongetwyfeld werkloosheid en algemene finansiële agteruitgang in die hand werk.
Dit beteken dat ons na werkskepping sal moet omsien
Met ‘n onafwendbare toename in geweld onder swartes, sal misdaad vererger en sal ons onsself moet beskerm.
Die Internasionale aanslag op Nasionalisme verg ‘n Internasionale konferensie met die oog op die verweer daarteen. In hierdie verband het ons reeds skakeling.
Al hierdie sake is nie teen iemand gerig nie maar uitsluitlik om die Afrikaner weer te bemagtig oppad na politieke vryheid toe.
Komitees word aangestel vir navorsing en aanbevelings in hierdie verband en word u versoek om aan te meld as u dink dat u ‘n bydrae kan maak op welke terrein ookal.
Laat ons op ons kniëe gaan en bid vir die verlossing van ons volk. U en ek kon nie kies waar ons gebore moes word nie. Ons het ook nie ‘n keuse gehad oor watter ras of volk ons wou wees nie. Selfs die taal wat ons vandag praat het ons keuseloos ge-erf!
Laat ons dan erken dat ons dit uit God se hand ontvang het as ons erfdeel en dat ons daarvoor ‘n verantwoordelikheid het!
Vanuit die geskiedenis se voorbeeld van moed en offer, laat ons saam met Totius sê:
“Maar al slaan om my stam die woedende vlam
wat knett’rende vonke saai;
al kom al die winde, die kwalik gesinde,
om my as uit die wêreld te waai;
al kom ook die dier om sy eetlus te vier;
al word ek gekap en gekloof;
al word ek gestowe deur die son daarbowe
wat my laaste sappe wil roof—
nogtans sier ek my hoogte in die vreeslikste droogte
met my altyd groenende top;
en my wortels verduur en droogte en vuur;
ja ek staan uit my as weer op.
Laat dan mense en diere, droogte en viere,
Met al wat hul kwaad wil versin,
Maar kom om te kap, te brand en te trap----
Ek leef en sal lewe; my dood kry is min!
Danie Varkevisser