1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7280714

Besoekers aanlyn

Ons het 16 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

50 Jaar na Republiekwording Vrydag 31 Mei 2019

Republiekwording Mei 1961Met die herhaling en enkele byvoegings nou in Mei 2023

Inleiding

 Ek het ‘n kort lysie van bekende terme wat ek graag aan u wil voorhou. Terme wat in die   afgelope 50 jaar elkeen ontwerp was om ‘n fase in die politieke ontplooiing in te lei!

Verlig en verkramp, Dètant, Pluralisme, Konsensus, Moreel onverdedigbaar, Etnosentries en Ideologies van aard, Agtergeblewenes, Onderhandeling, Volkstaat, Morele hoëgrond, Minderheidsregte, Belange politiek, Grassroot Level, Agtergeblewenes, Regstellende aksie, Nie-Rassigheid, Rassisme, Rassis, ens..

Politieke retoriek het ’n bepaalde doel!

Elkeen van die terme wat oor al hierdie jare gereeld gebruik word, is om ons Afrikaners opgestel te kry vir die aanvaarding van:

  1. Onderwerping aan ‘n onwettige, onbeholpe, korrupte Kommunistiese Swart Meerderheidsregime.
  2. Gedwonge integrasie in ons kinders se skole.
  3. Uitfassering van Afrikaans as onderrigmedium.
  4. Wettiging van Aborsie, gemengde huwelike, Selfdegeslag huwelike.
  5. Aanvaarding van Homoseksualisme, selfs as predikers op kerkkansels.
  6. Vervolging van Predikante wat weier om selfdegeslag huwelike te bevestig
  7. ‘n Regime wat swyend toesien hoe moord deur swart op blank toeneem, ons vrouens en dogters verkrag en vermink word en Misdaad in die algemeen ‘n Nasionale sport geword het waarin staatslui en amptenare met mekaar meeding.
  8. Verlaagde standaarde.
  9. Verhoogde dienstegeld en gepaardgaande werkloosheid
  10. Wettiging van Pornografie en dobbelhole.
  11. Bankrot Staatsdepartemente en munisipaliteite, Gratis water en ligte.
  12. Vervalle Dienste en paaie. Oneindigende brandstofverhogings
  13. Goedkeuring van Grondroof en besit, sonder vergoeding.
  14. Oneindigende pogings vir Ontwapeningswetgewing
  15. Eennsydige haatspraak. One Setler one bullet, Kill a farmer kill a Boer, Adapt or Die!
  16. In kort, ‘n Volksmoord op die Afrikanervolk!
  17. Afskaf van Christelike onderwys

Thomas Jefferson het by geleentheid gesê: ‘n Volk wat onge-erg is en tog verwag om vry te bly, verwag iets wat nog nooit was nie en ook nooit sal wees nie!

 Geagte volksgenote en vriende, die AVP is moeg vir Politieke en akademiese geknoei agter ons Volk se rug deur Sg. Afrikanerleiers! Moeg vir selfaangestelde “Verteenwoordigers” van die Afrikaner wat namens ons wil onderhandel en kompromieë vorm! Moeg vir Leiers wat nie instaat is om die gevolge van hulle optrede en uitsprake te kan vooruitsien nie en slegs kan staatmaak op hulle korttermyn uitoorlê-taktiek wat, nadat dit misluk het ons telkens in ‘n doodloopstraat laat beland!

Waarmee ons egter finaal klaar is, my vriende, ….is verleiers en verraaiers!

Is dit nie ook vir u ontstellend om net daaraan te dink hoe Afrikaners met die “Ja-stem” hulle verontwaardiging teenoor die behoudende Afrikaners betuig het nie? Hoe hulle daarna op al die pogings van bekwame Afrikanerleiers neergesien en agter bedenklike “Afrikaners” aangeloop het, tenspyte van pleitredes, van waarskuwings oor die gevolge van die rigting waarin De Klerk en sy ondersteuners besig was om ons volk te lei en die haalbare onmiddellike oplossings om dit te stuit nie?

Is dit nie tragies om nou na vyftig jaar terug te kyk oor die bloed en lyke van Afrikaners en ander blankes, die rommelhope van ons eens pragtige en vooruitstrewende land en dan nog weinig verset teen die onreg te sien maar steeds sogenaamde Afrikanermense wat met die Kommunistiese terroriste saamwerk in die waan dat hulle in belang van die Afrikanervolk optree!

 Die knoeiers en opportuniste, die vredepraters en onderhandelaars, die oorlogpraters en kompromiemakers, het almal tenspyte van aanvanklike goeie steun, sonder uitsondering gefaal soos ons vroegtydig en by herhaling gewaarsku het!

Die Noodsaaklikheid vir uitnemende politieke leierskap is dus nou deur die geskiedenis self na vore gestoot en roep ons volk tot verantwoording!

 Die onmeetbare verlies en skade wat ons sedert 6 September 1966 berokken is, my vriende, verbied ons om nog een tree agter Randeierpolitici, politieke proponente, Perseptoloë, Gepensioneerde Generaals, verdwaalde Predikante en selfaangestelde “Volksrade” aan te loop!

Leierskap word nie bevestig deur verandering nie! (Jaap Marais)

  1. ‘n Leier met visie , wat beteken die helderheid waarmee die onmiddellike werklikheid opgesom en begryp word deur te kyk na die toekoms,… maar ook na die geskiedenis.
  2. ‘n Leier met die vermoë om die onmiddelike toestand na waarde te skat 
  3. ‘n Leier wat selfstandig is, waaronder verstaan word die innerlike sekerheid en vertroue wat 'n leier het in sy kennis en insig en die gevolglike weerbaarheid wat hy het teen teenstanders en vyande.
  4. ‘n Leier wat betroubaar is, waaronder bowe-al verstaan word die morele wil om trou te wees aan beloftes en die integriteit om beginsels te handhaaf.

Dit, geagte vriende, is die soort leier wat die Afrikanervolk moet hê!

Dit is die soort Leiers wat ons gehad het in Generaal Barry Hertzog, dr. Malan, advokaat Strydom, dr. H.F. Verwoerd, Mnre. Jaap en Willem Marais!

Meet nou die huidige selfaangestelde onverkose leiers aan bo-vermelde norme en ken aan hulle punte toe uit ‘n getal van 10. Wat ‘n teleurstelling!

Die pad is daar! Dit is oor eeue vir ons deur die geskiedenis uitgewys en deur bekwame leiers begryp en verfyn om die Identiteit van elke volk in Suid-Afrika te bewaar, te handhaaf en uiteindelik tot sy volle reg te laat kom!

Daar was niks nuuts nodig nie! Dit is nie die “Slimmigheid” en/of onkunde van de Klerk-en-genote wat ons in die ellende waarin ons nou verkeer gedompel het nie, maar hulle papbroekigheid om vas te staan toe die geskiedenis dit van hulle vereis het, saamgetel met die kiesers se onvermoë om ware leierskap te onderskei!

Daar is nie kortpaaie in die politiek nie! As daar was, het Langenhoven by geleentheid gesê, sou die grootpad daarlangs geloop het! Om al die simptome van die afwyking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling te probeer regstel, bied geen oplossing nie! Die oorsprong van die oorsaak van al hierdie simptome moet reggestel word! Dít is waar die oplossing lê en waaraan ons volk moet werk in die tyd wat hom voor ons uitstrek en pleit vir ’n oplossing!

Kom tog ten enemale in gesamentlike verset as ‘n volk, gevestig en ge-anker in die vaste en bewese suksesvolle beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling! Moet onder géén omstandigheid die toestand aanvaar nie! Ons kan terwille van behoud van ons identiteit die omstandighede tydelik verdra, maar dit beteken nie dat ons dit moet aanvaar nie!

Deur gesamentlike leidelike verset kan ons die regime lamlê op verskeie terreine. Deelname aan hulle verkiessings en regeringsinstansies het nou al vir dertig jaar bewys dat dit vir ons volk niks beteken nie, behalwe om geleidelik agteruit gedruk te word. Begin deur jou te onttrek van sulke betrokke organisasies wat bewustelik of onbewustelik deel het aan ons volk se ondergang!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie