1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037140

Besoekers aanlyn

Ons het 33 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

Aanpassing van die aanhef van die onwettige grondwet

AANHEF ANC GRONDWET

Ons, die mense van Suid-Afrika,

Erken die ongeregtighede van ons verlede;

Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;

Klaas Waarsegger

 

AANHEF KLAAS WAARSEGGER

Ons, die Afrikanervolk van Suid-Afrika,

Ken en Verag die ongeregtighede van die ANC se verlede en huidige bewind;

Respekteer en Salueer ons voorgeslagte wat twee vryheidsoorloë geveg het vir hierdie Vaderland, Gestry het vir reg en geregtigheid in die ganse land,

Ons aanspraak as die regmatige eienaar van hierdie land, Wat die land opgebou het tot ‘n moderne staat, is wettig, internasionaal erken en aanvaar en dus regmatig.

 

 

 

Aanhef              ANC

Ons, die mense van Suid-Afrika,

Erken die ongeregtighede van ons verlede;

Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;

Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en

Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.

Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde –

  • Die verdeeldheid van die verlede te heel en ʼn samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;
  • Die grondslag te lê vir ʼn demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;
  • Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en
  • ʼn Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ʼn soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.

Mag God ons mense beskerm.
Nkosi Sikelel’ iAfrika.
Morena boloka setjhaba sa heso.
God seën Suid-Afrika.
God bless South Africa.
Mudzimu fhatutshedza Afurika.
Hosi katekisa Afrika.

Aanhef    Klaas Waarsegger

Ons, die Afrikanervolk van Suid-Afrika,

Ken en Verag die ongeregtighede van die ANC se verlede en huidige bewind;

Respekteer en Salueer ons voorgeslagte wat twee vryheidsoorloë geveg het vir hierdie Vaderland, Gestry het vir reg en geregtigheid in die ganse land,

Ons aanspraak as die regmatige eienaar van hierdie land, Wat die land opgebou het tot ‘n moderne staat, is wettig, internasionaal erken en aanvaar en dus regmatig.

Daarom verklaar ons die Slovo grondwet as onwettig, onregmatig en verfoeilik, omdat de Klerk dié land se Afrikanervolk verraai het met ‘n JUDASKUS, strewe ons Afrikanervolk: na maatskaplike, en sosiale geregtigheid vir almal, die heiligheid van eiendomsreg, volksregte en geregtigheid, Sodat elke volk die reg veroorloof word om in sy eie geskiedkundige grondgebied homself te regeer, sy land kan ontwikkel volgens eie aard, waardes, wense en vermoë.

Om ons te beywer vir ‘n toekoms sonder vreemde oorheersing, binne ons vasgestelde grense, Getrou aan God, volk en vaderland.

Mag die God van Abraham, Isak en Jakob, ons Afrikanervolk se Drie-Enige-God en Hemelse Vader, ons volk beskerm en in geregtigheid weer herstel in ons erfenis wat ons uit Sy hand ontvang het.

Soos ons vadere vertrou het

Leer ook ons vertrou o Heer

Met ons land en met ons nasie

Sal dit wel wees, God regeer!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie