Sonder dat dr. Verwoerd daartoe ingelig is, is daar gereël dat die Eerste Minister van Brittanje ‘n gesamentlike vergadering van die twee Huise van die Parlement in die parlementêre eetsaal op 3 Februarie 1960 toespreek. In afwyking van die gebruiklike reël dat ‘n afskrif van sy toespraak vroegtydig aan dr. Verwoerd oorhandig moes word, het Harold Macmillan sy onverwagte Winde van Verandering toespraak gelewer sonder dat dr. Verwoerd die geleentheid gehad het om hom daarop te kon voorberei!
In terugskouing is dit egter vir die oningeligte duidelik dat Dr. Verwoerd se begrip vir die gevaar wat die Britte se beplanning en beleidsrigtings vir ons volk ingehou het, veel dieper was as wat algemeen besef is, selfs deur sy parlementslede!
Geagte Eerste Minister, u het aan my ‘n aansienlike taak gestel. Ons het genoeg vraagstukke in Suid-Afrika sonder dat u kom om daaraan toe te voeg deur so ’n belangrike verklaring te doen en van my te verwag om u in ’n paar kort woorde te bedank.
Soos u wel deeglik weet, is daar twee maniere waarop ’n mens ’n mosie van dank kan benader. Die eerste is om feitlik elke mededeling wat u gedoen het, te herhaal en te beaam. Dit veronderstel natuurlik dat ’n mens alles wat u gesê het, kan onderskryf, wat ek nie in alle opsigte kan doen nie, maar dit veronderstel ook ’n ietwat vervelende herhaling wat ek nie aan u wil opdring nie. ‘n Tweede moontlike metode is om kommentaar te lewer op elke punt wat u aan ons voorgelê het. Dit sou nog erger wees. Dit sou ‘n woordestryd tussen u en my beteken by hierdie geleentheid wat sekerlik nie daartoe gepas is nie. Dus sal ek dit ook nie aan u opdring nie.
Al wat ek wil doen, is om u baie hartlik te bedank vir u koms na Suid Afrika en die voorlegging aan ons hier van u sienswyse—u filosofie, soos u dit sien------ soos daardie filosofie veral van toepassing mag wees op die gebiede waarvoor u verantwoordelik is. Ek is bly dat u reguit gepraat het. Ons is ‘n volk wat instaat is om met genoeë te luister na wat andere te sê het selfs al verskil hulle van ons. Ek dink dat dit ‘n eienskap van beskawing is dat ‘n mens instaat behoort te wees om sake met groot openhartigheid met vriende te bespreek en ten spyte van verskille, groot of klein, selfs daarna nog vriende te bly en te kan saamwerk in alles wat origens van onderlinge belang is.
Ek mag sê dat ons u uitkyk op die wêreldbeeld en die beeld van Afrika in daardie wêreld kan verstaan. Ek vind ook geen fout met met die hoofdoelwitte wat u beoog nie. Suid Afrika het dieselfde oogmerke: vrede waartoe u ‘n ontsaglike bydrae gelewer het en waarvoor ek u ook vandag graag wil bedank; die voortbestaan van Westerse idees, van Westerse beskawing; die inwerp van mens se gewig in die skaal aan die kant van die Westerse volke in hierdie moontlik toenemende verdeling wat tans in die wêreld bestaan----daarin is ons met u. Die sien van Afrika as ‘n moontlike ewewigsfaktor tussen die twee wêreldsgroepe en die hoop om die verstand van die mens in Afrika in die bogenoemde rigting te ontwikkel------dit kan ook van die grootste waarde wees in ‘n mens se soektog na welwillendheid tussen alle mense en na vrede en voorspoed op aarde. Dit is bloot ‘n kwessie van hoe om dit ten beste te volbring. Hoe kan Afrika gewin word? Daar stem ons soms nie ooreen nie.
Soos ek kan aflei, glo u dat die beleid wat ons vir Suid Afrika nie net raadsaam ag nie maar wat, ons glo en indien reg verstaan, ‘n uitwerking op Afrika en ook op die wêreld behoort te hê, nie tot voordeel strek vir daardie selfde ideale waarna u strewe en ons strewe nie! Indien ons beleidsrigtings reg verstaan was, glo ons egter dat daar ingesien sou word dat wat ons probeer doen nie aan die nuwe rigting in Afrika vreemd is nie maar volkome in ooreenstemming daarmee is. Ons matig ons dit nooit aan om die toepassing van ander beleidsrigtings in die gebiede waarvoor u verantwoordelik is, te kritiseer nie, maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigtings groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.
Die neiging in Afrika dat volke onafhanklik word en, terselfdertyd, die behoefte om aan almal reg te laat geskied, beteken nie net om regverdig teenoor die swartman van Afrika te wees nie maar ook om regverdig teenoor die witman van Afrika te wees. Ons noem onsself Europeërs maar in werklikheid verteenwoordig ons die blankes van Afrika. Hulle is die mense, nie net in die Unie nie, maar dwarsdeur die merendeel van Afrika, wat beskawing hier gebring het, wat die huidige ontwikkeling van swart nasionalisme moontlik gemaak het deur aan die naturelle opvoeding te bring, deur hulle die Westerse lewenswyse te toon, deur nywerheid en ontwikkeling na Afrika te bring, deru hulle te besiel met die ideale wat Westerse beskawing vir homself ontwikkel het. Die witman wat na Afrika gehkom het, miskien om handel te dryf en in sommige gevalle om die Evangelie te bring, het gekom om te bly ene veral ons hier in die suidelikste deel van Afrika het so ‘n aandeel hier dat dit ons enigste vaderland geword het. Ons het nêrens elders om heen te gaan nie. Ons het ‘n land beset wat kaal was. Die Bantoes het ook na hierdie land toe gekom en sekere dele vir hulself beset. Dit is in ooreenstemming met die denkrigting van Afrika om aan hulle daar die volste regte toe te staan wat ook ons, net soos u, toegee dat alle mense behoort te hê.
Ons glo in die verskaffing van daardie regte vir daardie mense in die volste mate in daardie deel van Suid-Afrika wat hul voorvaders vir hulself gevind en beset het. Maar ons glo ook in ewewigtigheid. Ons glo daarin om presies daardie selfde geleentheid binne die bereik van die witman te laat in die gebiede wat hy beset het, die witman wat dit alles moontlik gemaak het. Ons beskou onsself as deel van die Westerse wêreld, ‘n ware blanke staat in Afrika, nieteenstaande die moontlikheid daarvan om aan die swartman in ons midde ‘n volle toekoms toe te ken. Ons beskou onsself as onontbeerlik vir die banke wêreld. As daar in die toekoms ‘n verdeling moet wees, hoe kan Suid- Afrika ten beste sy rol speel?
Dit moet sowel met die blanke volke van die wêreld saamwerk asook, terselfdetyd met die swart state van Afrika vriende maak op so ‘n wyse dat hulle krag sal verskaf aan diegene wat stry vir die beskawing waarin ons glo. Ons is die skakel. Ons is wit, maar ons is in Afrika. Ons het verbinding met beide en dit lê op ons ‘n besondere plig en ons besef dit. Ek will nie graag verder op hierdie saak ingaan nie, maar verseker u graag dat ons in die Christelike filosofie wat u onderskryf ‘n filosfie vind wat ons ook wil volg. As ons metodes verskillend is, laat ons probeer om mekaar te verstaan en mag ons ten minste in die wêreld daarbuite daardie vertroue in ons opregtheid vind wat die grondslag van alle welwillenheid en ware begrip moet wees.
Graag bedank ek u daarvoor dat u na Suid-Afrika gekom het, nie om u aan ons beleid te verbind, nie om
“of” die middelaar “of” die regter te wees in ons probleme of tussen die verskeie rassegroepe wat ons in hierdie land het nie. Ons dank u dat u ons kom besoek het eenvoudig omdat dit toon dat u ons vriend wil wees soos ons u vriend wil wees.
Dit toon ook heel dudelik dat daar tans tussen ons en Groot-Brittanje die beste samewerking bestaan en in die toekoms behoort te bestaan en, hoop ek, sal bestaan oor die baie aangeleenthede waarin ons kan saamwerk. U het die ekonmiese betrekking genoem wat tussen ons twee lande bestaan. Ons weet dat hulle baie goed is; ons weet dat hulle baie ver strek. Ons, die lede vanaf die huidige Regering, sou die laaste wees om die geringste daaraan te wil afdoen. Ons wil graag ons voorspoed en u s’n deur goeie samewerking verhoog en ek kan waarlik die wyse woorde onderskyf wat u geuiter het toe u gesê
het: Niks kan daarby gebaat word om mekaar ekonomies, op politieke of teoretiese gebied te probeer benadeel nie.
Daar het ons ten minste ‘n terrein van bedrywigheid waarop ons nie net eenders dink nie, maar waarin ons eweseer belang stel: die ekonomiese wêreld, die voorspoed van Suid-Afrika, die voorspoed van Groot-Britanje, die voorspoed van Afrika. Ek verbind myself en my Regering tot die volste samerwerking in die strewe na daardie voorspoed en geluk vir almal.
As u deur hierheen te kom niks meer gedoen het nie as om dit moontlik te maak dat die beginsel oral deurding dat niemand iets goeds kan doen doen deur te probeer om iemand van wie se sienswyse hy verskil, seer te maak nie maar dat slegs die goeie daarvan kan kom om aan andere goed te doen, dan sal u reis so ver suidwaars, wel deeglik beloon wees.
Ek dank u uit die grond van my hart vir u teenwoordigheid in Suid-Afrika. Namens die Parlement van Suid-Afika wens ek u ‘n voorspoedige terugreis toe. Mag u in Groot-Britanje minder probleme vind as die waarmee ons, ongelukkig, hier te doen kry.
Pag. 317,318,319,320 Uit Verwoerd aan die Woord