Afrikaner

BESKULDIG VAN "CORONA-KRANKSINNIGHEID":

Dr. Thomas BinderSommige drs, en feitlik elke regering wat deel had aan die afdwing en selfs net oorreding tot inenting, kan nie anders as kranksinnig beskou word indien die onlangse beskikbare feite in aanmerking geneem word nie. Dit is eers wanneer die Neurembergkode werklik toegepas word dat hierdie waansinngheid sal ophou! (AVP)

Switserse dokter opgesluit in sielkundige PLEK VAN BEWARING omdat hy teen COVID-wette gepraat het, April 2020

Deur Martin Armstrong, Dr. Thomas Binder, en Taylor Hudak, Global Research, 24 November 2022

Armstrong Ekonomie 22 November 2022

Streek: Europa

Tema: Reg en Geregtigheid, Media Disinformasie

Dr. Thomas Binder is 'n Switserse kardioloog met meer as 34 jaar ondervinding in die behandeling van respiratoriese infeksies. Hy het 'n doktorsgraad in immunologie en virologie, met spesialisering in interne medisyne en kardiologie, van die Universiteit van Zürich ontvang. Binder is 'n intelligente man wat deur die Switserse regering as kranksinnig beskou is omdat hy hom teen COVID-regulasies uitgespreek het.

Dr. Binder was sedert die begin van die pandemie 'n uitgesproke kritikus van COVID-beperkings. Op 9 April 2020 het die kardioloog die regering se reaksie op COVID gekritiseer en sy eie ontleding van die virus verskaf. Hy het sy gedagtes op sy private webwerf geplaas, en die plasing het meer as 20 000 kyke gekry.

Drie dae later, 'n dag voor Paasfees, het 60 gewapende polisiebeamptes en 20 lede van die Kantonspolizei Aargau se anti-terrorisme-eenheid dr. Binder, GEWELDDADIG uit sy huis verwyder.

Owerhede het deur die dokter se aanlynaktiwiteit gesoek en kon niks vind om teen hom te gebruik nie. ’n Noodgevalle-dokter wat saam met die owerhede gewerk het, het egter opgedaag en dr. Binder met "corona waansin diagnoseer." Hy is in 'n geestelike plek vaan bewaring toegesluit omdat hy die COVID-vertelling bevraagteken het.

Tog weier hy om stilgemaak te word. Hy is nou 'n lid van die Dokters vir COVID-etiek en die Duitse Geneeshere en Wetenskaplikes vir Gesondheid, Vryheid en Demokrasie. Ek loof hom omdat hy steeds teen koronavirus-mandate praat ondanks die regering se jammerlike, (veragtelike) poging om hom stil te maak.

Martin Armstrong