Suid Afrika het onteenseglik ‘n rasseprobleem. ‘n Eerste en derde wêreldse ingesteldheid is onversoenbaar. Dit is ‘n struweling wat nooit sal eindig nie, en wat sal uitloop op ‘n ramp as die rassekwessie nie in die regte perspektief geplaas word nie. Dit hou verband met moraliteit, identiteit, waardes en vele ander aspekte. Genetika bepaal identiteit en nie reënboog bogtery nie.
‘n Aanskouingsles is besig om uit te woed in SA. Die verval is astronomies wat gepaard gaan met onlus en geweld. Niks het onaangetas gebly in ons samelewing nie. Die koerante is vol van moord en doodslag elke liewe dag. Instede daarvan om die probleem aan te spreek, probeer al die parlementêre partye dit wat onhaalbaar en onwerkbaar is goed te praat. Dit is nie enkel en alleen die ekonomiese plundering nie, maar elke faset van die samelewing is in gedrang.
Algou sal ‘n toestand ontstaan waar ‘n burgeroorlog onvermybaar sal word. Die episode in Natal het bewys dat die staat nie eers die basiese verpligting van veiligheid in die gemeenskap kan nakom nie.
Die hele konsep van die nuwe SA is daarop gemik om die witman te stroop van sy eiendomlike. ‘n Kommunistiese konsep om te vat van die gemeenskap wat produseer en te oorhandig aan dié gemeenskap wat slegs verbruikers is. Winsgewende plase het plakkerskampe geword waar die mense toegifte moet ontvang van die staat om aan die lewe te bly.
Rasseskeiding waar elke ras die reg het om volgens sy eie aard en behoefte, binne sy eie grondgebied oor homself kan regeer, is die enigste uitweg uit hierdie penarie. Afrika het bewys dat die enigste reg wat jy het, is daardie reg wat jy kan verdedig. Daaraan moet gewerk word. Skep jou eie toekoms, is die finale woord.
KLAAS WAARSEGGER