1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7229076

Besoekers aanlyn

Ons het 13 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WAAROOR KLA ONS IN HIERDIE LEWE?

BybelKlaagliedere 3:1-66 “Wat klaag ‘n mens in sy lewe?  Laat elkeen klaag oor sy sondes.” (:39).Geliefdes, daar is seker nie een van ons hier teenwoordig wat nog nooit in sy lewe oor iets gekla het nie.  Party mense kla dalk makliker as ander, maar tog is dit ‘n manier om aan ons emosie uiting te gee en derhalwe is dit iets wat elkeen van ons doen.  En deur ons klagtes gee ons dan ook te kenne wat daardie dinge is wat soos ‘n swaar las op ons lê.  Ja, ons maak bekend dat hierdie saak waaroor ek kla iets is wat ek van my af wil wegwerp, ek wil daardie sware juk afwerp – ek wil dit nie in my lewe met my saam dra nie.

Ek wonder dan ook vandag hoeveel van ons in ons lewe al ooit oor ons ongeregtighede geklaag het?  Baie min van ons, geliefdes – dit kan ek vir u met sekerheid sê.  En die enkelinge onder ons wat met eerlikheid kan sê dat ons al werklik in ons lewens oor ons ongeregtighede gekla het, ja ons ongeregtighede met opregte, hartverskeurende berou voor God bekla het, doen dit ook nie gereeld genoeg nie, geliefdes.  En die rede hiervoor is eenvoudig – die samelewing in ons tyd verdwerg die afskuwelikheid van sonde.  Ja, Christus voorspel dit reeds in Matt. 24:12 – “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.” Die ongeregtigheid rondom ons word só algemeen, só sosiaal aanvaarbaar, dat ons die verwerplikheid en walglikheid daarvan in God se oë totaal onderskat.  Ja, die ongeregtigheid word só algemeen dat ons omtrent daaraan “gewoond” raak en die sonde nie meer vir ons só ‘n verskliklikheid is dat ons daaroor sal klaag of treur nie.  

Geliefdes, die ongeregtigheid sal vir die onveranderlike, Drie-Enige God ewig verwerplik wees.  Hy sal ewig daarvan ‘n afsku hê.  Dit sal vir Hom nóóit, aanvaarbaar raak nie.  En die ongeregtigheid van die mens is nie alleen verwerplik in God se oë nie, die ongeregtigheid bedroef Hom ook.  “Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart.” (Gén. 6:5&6).  Ja, wanneer die mens teen die insettinge en verordeninge van God wederstrewig is, bedroef dit Hom.  “Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.” (Jes. 63:10).  Ja, geliefdes, dink maar aan die droefheid in Christus se hart oor die onbekeerlikheid van Jerusalem se sonde waarvan ons in Lukas 19:41 lees.  “En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween.” 

Paulus rig ook aan die Efésiërs in sy brief aan hierdie gemeente die waarskuwing om God nie deur hul ongeregtighede te bedroef nie.  “En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.” (Efés. 4:30).  En as ons weet dat ons sondes en ongeregtighede God bedroef, is dit mos veronderstel om vir ons ook droefheid te veroorsaak.  Wel, dit sal ten minste waar wees indien daar in ons harte enige ware gevoel, ware liefde vir God bestaan.  Wanneer ek sien dat iemand vir wie ek liefhet enige leed aangedoen word, word ek tog ook hierdeur bedroef.  Hoeveel te meer nie wanneer ek besef dat ek die oorsaak van daardie leed is nie.  En wat is anders die geval met ons sondes dat ons Hom deur ons optrede aanstoot gee en Sy Vaderhart diep seermaak.  Hoe diep tref daardie pyle nie Sy Vaderhart wanneer Hy ons oortredinge sien nie – daardie dinge wat die oorsaak van die verskriklike marteldood van Sy geliefde Seun was!

Geliefdes, Dawid was tog vir ons so ‘n pragtige voorbeeld in hierdie saak om oor ons sondes bedroef te wees.  Hy was nie sonder sonde nie, geliefdes.  Maar hierdie man was op sy hoede vir sy sonde.  Hierdie man het bedroef geraak oor sy eie sondes omdat hy geweet het dat dit in God se hart droefheid veroorsaak.  Dit was vir Dawid verskriklik om te dink dat hy God deur sy optrede vertoorn en bedroef het.  En Dawid het dan ook geleer dat God ‘n behae daarin het dat ‘n mens oor sy ongeregtighede bedroef is.  Ja, die mens moet oor sy sondes gebroke wees, geliefdes!  “Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Ps. 51:19).

Geliefdes, mag my en u sondes vir ons ook ‘n sware las wees eerder as iets wat vir ons heeltemal aanvaarbaar raak omdat dit dalk reeds in die samelewing aanvaarbaar is.  En mag ons oor ons sondes opreg bedroef raak en so gereeld hieroor klaag dat ons eindelik met inspanning van alle ywer, met ‘n bloedige weerstand teen die sonde, daardie juk van welke sonde ookal van ons af wegwerp!  

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie