1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6757169

Besoekers aanlyn

Ons het 20 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

STROPING VAN SUID AFRIKA SE BATES.

daar waar die karkas lêDit is duidelik dat een van die oogmerke met die regeringsverandering in 1994, die implimentering van die totstandbring van die "Nuwe Wêreld Orde" en die fiktiewe "Pandemie" met sy beperkende maatreëls, was ook en veral die bates van ons land wat hulle in die oog gehad het.

Met die afdruk van ons betaalmiddel se waarde, en ge-orkestreerde bankrotskappe deur beperkende maatreëls op reis en beweging, handhawing van afstand en verbod op kliëntgetalle wat omset en inkomste in die algemeen belemmer het, was Suid Afrika blootgestel aan opportunistiese geldbaronne se geld-en-magsug!

“Buitelandse beleggers stel belang in Suid-Afrikaanse maatskappye omdat hulle goedkoop is en baie voordele het wat hul toekomstige winste betref, al lyk die ekonomie vir nou nie goed nie,” sê Wayne McCurrie, 'n senior portefeuljebestuurder by FNB Welvaart en Beleggings.

Markwaarnemers glo dat die Covid-19-pandemie die waarde van aandele op die JSE laat daal het – wat die algehele genoteerde mark goedkoop laat lyk, en wat die weg baan vir opportunistiese/winskoopaankope deur buitelandse beleggers.

Nog 'n uitkoop van 'n Suid-Afrikaanse maatskappy deur 'n buitelandse belegger, is Consol die jongste teiken, die land se grootste glasvervaardiger.

Ardagh Group, die Luxemburg-gebaseerde glas- en metaalverpakkingsverskaffer, beplan om 100% van die JSE-genoteerde Consol aandele vir R10,1 miljard te verkry, laasgenoemde wat by 'n groeiende lys Suid-Afrikaanse maatskappye aansluit wat deur buitelandse beleggers gekoop word.

Ander maatskappye wat in die visier kom is bv. AVI wat 'n aanbod van Mondelēz in die VSA ontvang het vir dele van sy besigheid (hoofsaaklik die versnaperinge-onderneming wat Bakers- en Provita-beskuitjies vervaardig). Alhoewel dit nie duidelik is of AVI op die JSE genoteer sal bly nie, kan die breër plan insluit dat die oorblywende dele van die maatskappy opgebreek en verkoop word.

Soos wat Suid-Afrikaanse maatskappye verkry word, word hulle privaat geneem en van die JSE gedenoteer. 'n Uittog van besighede van die plaaslike beurs, skep 'n finansiële probleem vir die beurs.

Die JSE se inkomste van noterings krimp, wat die plaaslike beurs se inkomste beïnvloed. Die Beurs maak staat op die noteringsfooie wat deur maatskappye betaal word.

Die Nederlandse brouerymaatskappy Heineken, het onlangs 'n belangstelling uitgespreek om Distell, die vervaardiger van handelsmerke soos JC le Roux sparkling, Klipdrift-brandewyn en Savanna-sider te bekom. Distell sal van die JSE denoteer sodra die transaksie afgehandel is.

Onlangs het Imperial ook by korporatiewe aksie betrokke geraak aangesien DP World in Dubai beplan om dit vir R12,7 miljard te koop. Dan sal Imperial ook van die JSE gedenoteer word.

Die tegnologiefirma Adapt IT beplan ook om van die JSE te denoteer nadat hy ’n uitkoopaanbod van Volaris in Kanada aanvaar het. Die dienstegroep CSG Holdings en die elektroniese kommunikasiemaatskappy Alaris het uitkoopaanbiedinge bekend gemaak wat daartoe sal lei dat albei van die JSE denoteer.

Die eiendomsfirma Tower Property Fund oorweeg 'n oornameaanbod van RDC Properties, 'n multinasionale Afrika-eiendoms- en beleggingsgroep wat op die Botswana-aandelebeurs genoteer is. Spanjaard, wat smeermiddels en chemiese produkte vervaardig en versprei, beplan om alle aandele in die maatskappy terug te koop en te denoteer .

Brian Joffe se beleggingsgroep Long4Life het onlangs 'n blyk van belangstelling van 'n plaaslike entiteit ontvang wat daartoe kan lei dat die maatskappy ook privaat bedryf sal word.

Grand Parade Investments (GPI) finaliseer die verkoop van sy Burger King-bedrywighede, wat die maatskappy met slegs minderheidsbeleggings in Sun International-beheerde dobbelbates, insluitend SunWest, sal laat.

Die natuurwet van: "Daar waar die karkas bly lê, dit is daar waar die aasvoëls bymekaarkom! Die oorsaak van die ongesteldheid van 'n eens sterk en gesonde ligaam, verraad, afwyk van beginsel, ontkenning en onbetrokkenheid by die stryd om te oorleef! Genadiglik is die oorsakende deelnemers ook stadig maar seker besig om uit te sterf!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie