Afrikaner

OOR DIE VRA VAN VERSKONING!!

Verskoning ge eis van Brittanje vir oorlogsmisdadeOp 1 Februarie 1999 het mnr. Jaap Marais die volgende te sê gehad oor verskoning vra. In Maart van 2021, kort voor sy afsterwe het F.W.de Klerk ook weer verskoning gevra vir die laaste keer! Kom ons vergelyk die ooreenkoms!

Die Britte skuld die Afrikanervolk 'n verskoning

Die Britse Koningin vra verskoning aan 'n Maorivolk in Nieu Zeeiand vir 'n oorlog van

150 jaar gelede. Maar sy weier om aan die Boerevoik verskoning te vra vir die Britse

gruweldade van 100 jaar gelede.   Mnr Tony Blair, Britse Eerste Minister, vra

verskoning aan die lerse volk vir Britse versuim 150 jaar gelede tydens die

aartappelhongersnood van 1845-49.

Maar mnr Blair weier om aan die Afrikaners verskoning te vra vir die dood en verwoesting wat die Britte 100 jaar gelede in die Anglo-Boere-oorlog in Suid-Afrika gesaai het. Daarby vra mnr Blair (aan wie ook al) verskoning vir die hoë Britse belastings op Amerikaanse kolonies, wat 225 jaar gelede gelei het tot die Amerikaanse Vryheidsoorlog.   Maar vir die dood van duisende kindertjies in Britse Konsentrasiekampe 100 jaar gelede wil mnr Blair nie verskoning vra nie. En die Britte eis self van Japanners verskoning vir die behandeling van Britse krygsgevangenes in die Tweede Wêreldoorlog meer as 50 jaar geiede.

 

Dog, die Britte weier om vir hulle oorlogsmisdade teen die Afrikaners verskoning te vra. Waarom dié ongerymdhede? Dit is 'n uiters belangrike vraag. Waarom vra die Britse owerheid verskoning aan ander vir minder gruwels, maar vir die Afrikaners wil hulle nie verskoning vra nie? Watter verskuilde rede het die Britte vir hierdie opsigtelike teenstrydigheid? Waarom behandel hulle die Afrikaners anders as alle ander volke en nasies met wie hulle gebots het?

Britte wil Boere nie vergewe nie

Daar is waarskynlik meer as een rede. Maar een is dat die Boerekommando's die Britse militêre aansien 'n vernederende knou toegedien het in die Anglo-Boere-oorlog. Hulle het gedink die oorlog sou binne drie maande verby gewees het, maar dit het amper drie jaar geduur en die grootste Britse militêre monstering vereis wat tot daardíe stadium in die geskiedenis saamgetrek is. Die Britte wil die Boere dít nie vergewe nie. 'n Tweede rede is dat, soos Alfred Milner ná die vrede gesê het, "The South African struggle continues" — die stryd duur voort. Daaraan het hy toegevoeg: It is no longer war with bullets, but it is war still". As van Brïtse kant die oorlog (sonder koeëls) voortgesit word, sal die Brítte natuurlik nie verskoning vir hulle wandade wil vra nie. Is dit die verklaring vir hulle weiering?

 

Milner is lankal dood, maar vyf jaar gelede het 'n voormalige Britse Minister, Lord Deedes, verklaar dat, ná die verkiesingsoorwinning van die Afrikaners in 1948, die Britse Departement van Buitelandse Sake "op die voorpunt was van die geveg teen die Nasionaíe Regeríng" Dit beteken dat die Britse regering in 'n geveg teen die regering

van Suid-Afrika was — 'n voortsetting van die "Boer War". Hoe is dié geveg gevoer? "Die Engelse koerante in die wêreld", het mnr Paul Sauer, 'n voormalige Suid-Afrikaanse Kabinetslid, in 1960 gesê, "saai gif teen Suid-Afrika. En

dieselfde geld vir die BBC'. Daaraan het hy toegevoeg:" Wat vandag uit Bríttanje kom, is niks minders as 'n haatgesang teen Suid-Afrika nie", Só is Milner se oorlog teen die Afrikaners voortgesit. En die Britte wil blykbaar nie die Afríkaners om verskoning vra terwyl dié oorlog tans nog deur hulle voortgesit word nie.

 

Die Daily Express van Londen se internasionale uitgawe van 23-29 Maart 1994 het in kleur op die voorblad die volgende smerige beswaddering van Afrikaners gehad:

" The Boers are largely stupid. They are gross, foul-mouthed and bloated with arrogance. They are probably the most unattractive breed on earth".

Dit is haatspraak, smeerjoernalistiek, wat net in verband met 'n vyand gebruik word teen wie jy in oorlog is en wat jy wil voorstel as iets waarsonder die wêreld beter sal wees. Natuurlik gee dit te kenne dat Brítte nie aan 'n volk verskoning hoef te vra wat in sulke veragtende terme deur Britte voorgestel word nie. So word die oorlog sonder

koeëls geveg.

 

Hierdie beswaddering is net 'n weerklank uit die vorige eeu toe die historikus J A Froude geskryf het: 'The Boers had been so systematically abused and misrepresented that the English scarcely regarded them as human beings to whom they owed any moral consideration". Dít is die werklikheid waarmee Afrikaners steeds te maak het. En dit verklaar waarom Britte bereid is om verskoning te vra vir Maori's en lere en Amerikaners, en self verskoning eis van Japanners. Maar aan die Afrikaners wil die Britte nie verskoning vra nie vir die barbaarse gruweldade van Kitchener se leër, wat veel erger is as dié wat Britte elders gepleeg het en waarvoor hulle wel verskoning vra.

 

"The South African struggle continues". En die doel is, soos Milner ook gesê het: "We must knock the

bottom out of the Afrikaner nation for ever and ever and ever. Amen'.

 

Britse optrede is dubbelslagtig

Hierdie weiering van die Britse owerheid om, reëlreg in stryd met sy ander optrede, aan die Afrikaners verskoning te vra, toon hoe ernstig dié saak is. Geen volk of staat sal só flagrant sy eie openbare betuiging van spyt in een geval loënstraf deur te weier om verskoning te vra in 'n soortgelyke ander geval nie.   Daar moet gewigtige oorwegings aan Britse kant wees vir hierdie diskriminasie teen Afrikaners, soos hierbo aangedui. Geen ander rede as Boerehaat is die verklaring vir dié vyandigheid teen Afrikaners nie. Hoe meer die Britte vasskop teen verskoning vra, hoe meer geleentheid sal dit egter gee om die Britse gruweldade weer wêreldwyd oop te vlek en Afrikaners te laat besef:

die Engelse oorlog teen die Afrikaners duur voort Die saak van die Afrikaners is vyfvoudig versterk deur die Britte se!f weens die verskonings wat hulle reeds aan ander gevra het en tegelyk ook van ander geëis het.   As Afrikaners nie aandring op soortgelyke verskonings nie, sal hulle by implikasie berus in die Britse suggestie dat die Afrikanervolk nie 'n verskoning werd is nie.

Dit bring ons by de Klerk se verskoning

Soos die Engelse, weier de Klerk deur sy stilswye om aan die Afrikaner verskoning te vra, terwyl hy by herhaling aan die Swartes, Kleurlinge en Indiërs verskoning vra vir die pyn en leiding en onreg wat hy hulle aangedoen het deur apartheid.

Dit herhaal hy in sy laaste toespraak in Maart 2021 sonder 'n enkele verwysing na sy eie mense, sy eie volk, die Afrikaners en blankes in die algemeen. Nie 'n enkele verwysing na die onreg, die mandaatlose oorhandiging van gesag aan 'n swart terroristebende. Nie 'n enkele verskoning vir al die moorde, die vernietiging van infrastruktuur, die oorstroming van ons landsgrense deur vreemdes, die vernietiging van ons skole, kerke, kultuurorganisasies, universiteite. Nie eers één woord van jammer vir die werkloosheid, korrupsie, anargie en chaos by elke verskil van mening, nie eers 'n enkele jammer aan sy eie vir sy blatante verraad wat besig is om Suid Afrika te verteer nie.

 

As daar een onbetwisbare afleiding gemaak kan word uit die voorsterwenstoespraak van de klerk, dan is dit dat breinspoeling 'n feit is en dat dit volledig en onomkeerbaar toegepas kan word, het de Klerk se laaste toespraak bewys en bevestig!

Dat die afsterwe van 'n geliefde vir familie en vriende nie vreugdevol is nie, is sekerlik vir elkeen van ons begryplik. 'n Mens moet egter versigtig wees met lofbetuiging in die politieke arena wat deur die geskiedenis gemonitor word. Dit laat 'n merk op die lofbetuigers se vermoë tot gesonde oordeel, maar meer nog, in die Afrikanervolk se geval, vir die skade, die seer, die verlies aan lewe en eiendom wat deur die gestorwene se wanstaltige politieke oordeel veroorsaak is, word so 'n lofbetuiger 'n vyand van die Afrikanervolk!