1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037333

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

‘N NKANDLA IN JOU KOP!

Dr. H.F. Verwoerd 1958 by BloedrivierFEDERAAL, KONFEDERAAL EN DEELSTAAT.

Of dit nou n federasie of konfederasie is, die uiteinde daarvan is dat die meerderheid in beheer sal wees en in die geval van Suid Afrika, is dit die swartes. So het dr. Verwoerd by geleentheid in ʼn toespraak geredeneer.

Die vraag lê nie in die moontlike ontstaan van Bantoestate nie, maar wel daarin dat Suid-Afrika een Bantoestaat kan word. Hierdie selfde gedagte het Verwoerd twee weke later op die Transvaalse kongres as volg geformuleer: " 'n Mens kan jou nie 'n toekoms vir Suid-Afrika voorstel wat nie in een van die twee rigtings ontwikkel nie: of die Bantoe sal sy regte moet hê in sy eie gebiede en die blanke volk beheer in sy gebied, of daar sal 'n deurmekaar Suid-Afrika moet wees met die heerskappy in die hande van die meerderheid, nl. die Bantoe.

Daar is geen ander uitweg nie. Die keuse is nie of daar Bantoestate sal wees waar die Bantoe hul regte sal hê nie en of daar sulke state sal wees nie; die keuse is of die hele Suid-Afrika deur die Bantoe, wat die meerderheid is, geregeer sal word of nie." ( Soos wat ons gekry het toe F.W. de Klerk en sy kabinet De Villiers Graaf en die VP se beleid oorgeneem het met Mandela, Mbeki en Zuma nou in beheer. Reeds vir 27 (sewe-en-twintig) jaar word dr. Verwoerd se politieke insig en voorspellings reg bewys! Wanneer jy enige beleid aanvaar wat ʼn vennootskap met die swartes behel, IS DIE HEERSKAPPY VAN SUID AFRIKA IN DIE HANDE VAN DIE MEERDERHEID!) AVP.

“Die Verenigde Party moet die tekens van die tyd lees. Dit is 'n vorm van vennootskapregering . . . Miskien sal die vennote minder mag hê as op die oomblik in Kenia, selfs minder as op die oomblik in die Federasie van Midde-Afrika, maar pertinent tog word die Unie daarmee op die pad geplaas van vennootskap . .. Maar die Bantoe van Afrika wil dit nie hê nie". Die Bantoe elders in Afrika eis dat al die politieke mag in hul hande geplaas moet word. "Dit is die onvermydelike en onverbiddelike end van daardie rigting , . . So sien die Nasionale Party dit met al sy gevare.”

Verwoerd sou in die strewe na die ontwikkeling van 'n eie nasionale identiteit vir die Bantoe steeds 'n strenge skeiding maak. Hy was nie van plan om ooit toe te gee aan die druk van ontstamde Bantoeleiers wat onder die invloed van 'n ideologie soos die liberalisme of die Kommunisme verkeer het, wat die eie kultuur die rug toegekeer het, wat hom naas die blanke wou stel en wat nie teruggedeins het om van opruiing en geweld gebruik te maak nie. Dit het Verwoerd steeds verwerp as 'n valse uiting van die Bantoenasionalisme.

Dit is egter waar ons nou beland het met die verraad van die voormalige NP regering. Die swartes is nou in beheer en nie meer die blanke nie. Die blanke is dus nie meer in ʼn posisie waar hy kan dikteer nie, en sal ook nie in enige vorm van federalisme of deelstaat of wat jy dit ookal wil noem, in ʼn ander posisie as ondergeskik aan die meerderheid wees nie. ʼn Mens het begrip vir die behoefte om iéts te doen om vry te kom. Om egter na strooihalms te gryp en dan juis in die strikke wat vir ons gestel is te trap, bied géén oplossing nie. Wat meer is, “die Afrikaner moet sy eie Nkandla vind”. Dít, verduidelik Zuma, is nie ʼn staatkundige grondgebied nie maar ʼn sielkundige tuiste waar hy veilig is en die vryheid en vrymoedigheid het om dit wat vir hom belangrik is, uit te leef.   Ek dink selfs Salomo sou gesukkel het met hierdie “wysheid”. Wat egter daaruit duidelik is, is dat geen grondgebied sal uitsluitlik aan die Afrikaner afgestaan word nie, vir voor-die-hand-liggende redes ?

4.   Verdere stappe na Selfbestuur

Verwoerd sou in die eerste sitting van die Parlement, nadat hy regeringshoof geword het, twee wetsontwerpe laat indien wat hy as van die eerste vereistes beskou het vir die beleid wat hy van plan was om te volg ten einde die Bantoe op die weg van verdere ontwikkeling aan te help.

Die eerste van hierdie stappe was die afskaffing van die verteenwoordiging van die Bantoe in die Parlement en ter bevordering van verdere selfbestuur in hul eie gebiede. Op 18 Mei 1959 het die Minister van Bantoe-administrasie en -Ontwikkeling, mnr. M. D. C. de W. Nel, die tweede lesing van die wetsontwerp in die Volksraad voorgestel. Hy het o.m. gesê; "Die grootste vraag wat Suid-Afrika in die afgelope 300 jaar geroepe was om te beantwoord, bestaan hierin: Of ons volkswording... moes afstuur op 'n veelrassige eenheidsgemeenskap, of dit moes afstuur op die ontwikkeling van aparte volksgroepe."

Mnr. Nel het verklaar Suid-Afrika "het ondubbelsinnig gekies en hy het die beleid van integrasie verwerp en die beleid van apartheid en eiesoortige ontwikkeling aanvaar". Die wetsontwerp beoog om hierdie proses voort te sit. Die wetsontwerp is deur die Verenigde Party teengestaan omdat dit o.m. volgens hulle siening Suid-Afrika sou verdeel in swart state en 'n veelrassige staat.

Op 20 Mei het Verwoerd tot die bespreking toegetree met 'n toespraak wat meer as 'n uur geduur het. As sodanig was dit een van die grootste en vernaamste redevoerings wat Verwoerd oor die rassevraagstuk gehou het. Dit het bestaan aan die een kant uit 'n verduideliking van die eie beginselstandpunt en aan die ander kant 'n ontleding van die standpunt van die Verenigde Party in sy logiese konsekwensies.

'n Eerste beginsel wat Verwoerd gestel het, was dat met die wetsontwerp beoog word om voort te bou op wat die Bantoe reeds self aan bestuurstelsels geskep het. Hy het gesê: "Net soos die blanke beskawingsontwikkeling begin het by relatief eenvoudige bestuurstelsels, maar tog ontwikkel het tot die hoogste peile wat ons vandag het, sal hulle stelsel ook, maar met vergrote spoed, uitgaan van ... wat die Bantoe ken en daarvandaan ontwikkel word na wat dit kan word in die lig van sy ervaring van die progressiewe moderne blanke maatskappy waarin hy reeds lering verkry het en nog meer sal verkry."

Net soos in die jare toe hy nog Minister van Naturellesake was, het Verwoerd andermaal daarop gewys dat in hul eie gebiede daar vir die Bantoe geleenthede geskep word om net so hoog te klim as waartoe elke individu in staat was. "Honderde en honderde jong geleerde Bantoe het posisies van verantwoordelikheid en aansien gekry, wat hulle voorheen nooit geken het nie, in diens van hul nasie."

'n Tweede beginsel wat Verwoerd beklemtoon het, is dat daar geen perke rus op die strewe van die Bantoe om hul gebiede tot onafhanklike state te ontwikkel nie. Na aanleiding van 'n vraag van die leier van die opposisie het Verwoerd verklaar dat, "as dit binne die vermoë van die Bantoe is en as die gebiede wat... reeds sy eie ... is, kan ontwikkel tot volle selfstandigheid, dan sal dit so ontwikkel. Nog hy nog ek sal dit kan keer... en geeneen van ons opvolgers sal dit kan keer nie ..."

Moet Suid-Afrika tussen blank en nie-blank verdeel word of moet dit as 'n politieke eenheid gehandhaaf bly? Verwoerd het geen illusies gehad oor wat die gevolg sou wees, indien laasgenoemde die beleid moes word nie. Hy het verklaar: "Hier is niks anders moontlik nie as 'n gemeenskaplike Suid-Afrika, 'n veel-rassige land, hoewel die Bantoe die blanke drie en vier maal sal bly oortref in getalle. Dan sê ek weer: Dan kies ek met ope gemoed en in die beste belang van die blanke ... 'n versekerde blanke staat... wat ook al van die ander gebiede word, liewer as om my volk te laat opneem in een gemengde staat waaroor die Bantoe uiteindelik heerskappy moet voer. Een Bantoestan van die hele Suid-Afrika is die onvermydelike gevolg van die Verenigde Party se beleid." Verwoerd het sy formulering van hierdie aspek van die saak afgesluit met te verklaar dat die Verenigde Party " 'n bloedlose verowering aanvaar van die blanke gebied deur die Bantoe wat die blanke net as werker wou aanvaar het en as iemand wat vennoot en later oorheerser van sy land sou word ... As daar enige nasie ... is wat bereid sou wees om op hierdie wyse sy land van hom te laat roof..., dan sê ek ons aan hierdie kant is nie bereid om saam met die Verenigde Party die hendsoppers te wees wat hul land afstaan aan 'n bloedlose verowering nie".

Selfs dr. Verwoerd het die NP se benadering onder de Klerk se leiding, ʼn bloedlose oorgawe van hendsoppers genoem omdat dit die swartes onherroeplik in beheer van die Afrikanerblanke en sy land geplaas het, wat hy as roof bestempel het.

Die Nuwe Federale Vryheidsparty aanvaar deur middel van die federale benadering, vennootskap met die swartes of dit nou so bedoel word al dan nie! Deur as politieke party te registreer by die OVK, impliseer dit deelname aan die stelsel wat erkenning verleen dat die swartes regmatig in beheer van Suid Afrika is en onderneem hulle derhalwe ook om hulle neer te lê by die uitkoms van die meerderheidsbesluite.

"Die Nasionale Party onder dr. Verwoerd se standpunt was die van te strewe na 'n permanente blanke Suid-Afrika, watter gevaar dit ook mag bedreig, met gereedheid tot die ontwikkeling van gebiede waarin die Bantoebeheer kan toeneem onder die blanke as voog en met die verstandhouding dat, selfs al sou dit lei tot Bantoeselfstandigheid, dit deur staatsmanswysheid beoog word om te sorg dat daardie ontwikkeling in so 'n gees en op so 'n wyse sal plaasvind dat vriendskap moontlik sal bly, hoewel sonder dat die blanke ooit onder enige vorm van Bantoe beheer sal verkeer, hetsy in federale ... of in uniale vorm. Dit is die keuse.)"

(AVP beklemtoning)

Terwyl ons deurlopend sedert die planmatige moord op Dr. Verwoerd deur “Afrikaners” en afrikanerorganisasies agteruit gedwing is op die integrasiepad, was daar nog altyd die hoop en verwagting van optrede vanuit veral die ge-organiseerde landbougeledere en meer spesifiek, vanuit die BKA wat tot stand gekom het!

Dit het ons vyande egter ook besef en baie effektief deurmiddel van mense soos Tienie Groenewald, Constand Viljoen, sy broer Braam, Dries Bruwer, Piet Gous, die Mulder broers en reekse ander sogenaamde “regses” in onderhandelings en samewerking met die vyand teen die Afrikaner omgekeer!

Kan ons tevrede wees dat diesulkes se optrede afgehandel, of wanneer nou weer betrokke (soos de Klerk en sy voormalige knoeikabinet), in ons belang sal wees?

Waarom, voorsitter, word georganiseerde landbou steeds verdeeld gehou met een faksie wat met die vyand saamwerk terwyl die ander ywer om weerstand te bied, asof die hegte saambinding en sluit van geledere nie steeds vir ons vyande ʼn bedreiging inhou nie?

As dit waar is van die landbou is dit meer so in die politiek! Die aanbieding van al die onderskeie staatkundige benaderings is tog niks anders as die versplintering van ons potensiële gesamentlike krag nie!

Dink maar aan die Volkstaat, die Federale en konfederale modelle, die morele hoë grond van onderhandelde skikkings, regering van nasionale eenheid met wigte en teenwigte en al die valse versekerings van eie skole en kerke en woongebiede!

Waar is die outeurs en hulle modelle vandag? Waar sal hulle more wees met die nuwe modelle wat hulle gaan optower?

Nee geagte volksgenoot, laat ons opnuut die Idasa komplot gaan bestudeer! Dit is ʼn nalatenskap wat die diaboliese werking van die kommunis en sy verbysterende vermoë om uit sy vyand se geledere, bondgenote te rekruut tot hulle eie en hulle broers en susters se ondergang! Ons moet nie soos die liberale DA sê “ verdubbel die opposisie” nie, ons moet sê, verdubbel die verset! Verset teen aanhoudende verdeling, teen deelname aan die onregmatige en onwettige stelsel, teen voortgesette verraad, teen onbetrokkenheid in die stryd, teen ongeërgdheid oor die aanslag van die onderwysdepartement op ons kinders! Kortom, teen die verbete poging om die witman en veral die Afrikaner uit Afrika te verdryf om plek te maak vir die verterende swart hordes!

Laat ons ons volk opvorder deur hernieude ywer om hierdie pragplek wat God ons gegun het om te bekom, gesamentlik gereed te maak om op die beginsel van suiwer Afrikaner nasionalisme ons land terug te neem!

Ons oë gevestig op God!

Ons geloof gevestig in Hom!

Ons krag en ons leiding van Hom en nie vennootskappe met illusies van selfbeskikking in deelstate wat ook ons volk verder sal verdeel nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie