1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037153

Besoekers aanlyn

Ons het 41 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

VREES GOD!

BybelPred. 12:9-14

“Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is:  Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.” (:13).

Luister baie, baie mooi na die woorde van die Prediker, geliefdes.  Die opdrag in vers 13 van Prediker 12 moet deur ons baie ernstig opgeneem word – dit is die hoofsaak van alles wat gehoor is -  die belangrikste van hierdie dinge.  En hierdie opdrag is dat ons God moet vrees en sy gebooie moet onderhou.  Hierdie is eintlik twee opdragte, maar dit loop tog hand-aan-hand.  Ons kan dit dalk opsommenderwys stel as die opdrag om God te gehoorsaam omdat ons Hom repekteer.  

Geliefdes, die Prediker stel dit dat hierdie gebod vir alle mense geld.  Maar ons weet tog dat daar soveel mense is wat hierdie gebod verontagsaam.  Hoe dan nou?  Die mens se verontagsaming van ‘n gebod van God het dit nog nooit ongedaan gemaak nie.  Die gebod van God om Hom te vrees en te gehoorsaam, geld vir alle mense.  Dit is ‘n insetting wat ewig vas sal staan.  Net so min as wat die ontkenning van ras of geslag die Godgeskape werklikheid daarvan kan verander, net so min kan die ontkenning van ‘n mens dat hy hieraan onderworpe is enigsins hierdie insetting verander.  Elke liewe mens met ‘n lewensgees in hom/haar is eerbied en respek aan God verskuldig – of die mens dit wil hoor of nie.  En of die mens dit wil erken of nie is irrelevant.  God as die Skepper van alle dinge eis van elke mens om Hom te respekteer.  “... So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.” (Rom. 14:11).  Hierdie eer kom God toe en Hy sal nie hiervan afstand doen nie.  

Ek wil dit nou weereens aan u stel dat hierdie gebod vir alle mense geld, geliefdes.  En nie net vir ongelowiges na wie ons graag die vinger wil uitsteek nie.  Hulle sal vir hulself aan God moet rekenskap gee.  Maar hierdie gebod geld ook vir ons as gelowiges.  Ons wil so maklik na die wêreld rondom ons kyk en hul foute uitwys dat ons heeltemal nalaat om ons eie lewens voor God te beoordeel.  En ons sal dalk vanoggend ons hoofde in skaamte laat sak wanneer ons met eerlikheid moet antwoord oor hoeveel vrees vir God, hoeveel respek daar vir God in ons lewens te bespeur is.  Getuig dit van respek vir God wanneer ons Sy Sabatte ontheilig en op hierdie dag wat deur Hom geheilig is maar ons gewone gang gaan?  Is dit nie ‘n absolute daad van disrepek om iets wat Hyself geheilig het te minag nie?  Is dit nie juis waarom God oor hierdie tipe optrede toorning word nie – juis omdat Hy nie so ‘n tipe minagting van die mens teenoor Hom sal duld nie, geliefdes?  “...hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verorderinge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en my sabbatte het hulle baie ontheilig.  Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet in die woestyn om hulle te vernietig.” (Eség. 20:13).

Geliefdes, minag ons God nie wanneer ons met ‘n absolute gebrek aan liefde in ons lewens optree nie?  Ons vergeet maklik dat dit ‘n gebod van God is om ons naaste lief te hê, geliefdes!  Bewys ons regtig aan God nie nodige vrees, die nodige respek, wanneer ons nie ons naaste met vrymoedigheid berispe nie, maar eerder agteraf teen ander kwaad spreek?  Is dit ‘n bewys van respek teenoor God om my naaste, wat ook ‘n werk van God se hande is, met my mond te belaster?  Ek dink die Woord is duidelik hieroor.  “Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.  Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.” (Jak. 3:9&10).  Bewys ons regtig die nodige respek aan God wanneer ons nalaat om ons Geloftedae getrou te vier en trou aan ons volk se Gelofte aan God te probeer leef?  Dit is mos ‘n uiterste vorm van disrespek om op jou woord terug te gaan!  “As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.”  (Pred. 3:5).

Bewys ons aan God die nodige respek wanneer ons jong dames met uitlokkende kleredrag hulself ten toon stel?  En dan sal Pappa dit nog boonop aanhelp met ‘n stelling soos – “Ja, maar sy het darem die lyf daarvoor.” Ek sien, pappa.  As jy mooi is, mag jy God maar minag.  Die HERE het dan ‘n uitdruklike gebod hieroor in onder andere 1 Tim. 2:9.  “SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, ...”  Bewys ons aan God die nodige respek wanneer ons as kinders nie aan ons ouers gehoorsaam is en hulle eer volgens die gebod van God nie?  

Ja, geliefdes, net soos ek ‘n grynslaggie op my mond kry oor iets wat ek hoor vanoggend waaroor iemand wat ek ken darem aangespreek word, word daar ook ‘n skok in my rigting gestuur.  En dit bring hopelik by my en u die besef tuis van die geweldige gebrek aan ‘n opregte Godvrees in ons volkshuishouding.  Laat ek en u vandag opnuut daaraan dink dat God ook van mý eis om Hom te vrees en Hom te respekteer, geliefdes.  Ja, Sy gebooie geld ook vir my en nie net vir ander mense nie.  En laat ons onsself daarop toespits om deur ons lewens, deur ons optrede, dit duidelik te maak dat ons self ook vir Hom en Sy insettinge die nodige vrees, die nodige respek het!

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie