Psalm 8
VIR die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.
o Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —
wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
o Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
Het dit nie tyd geword dat ons Afrikanervolk vra: O Here onse Here, wat is die Afrikanervolk dat U aan ons dink, die Afrikanerkind dat U hom besoek? Is ons dan nie ook 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en ons met eer en heerlikheid gekroon nie? Het ons dan nie ook die verantwoordelikheid om te heers oor die werke van God's hande omdat hy dit onder ons voete gestel het nie?
Waarom kom ons as gelowiges dan nie ons verantwoordelikheid na nie? Waarom aanvaar ons gelate die ongeregtigheid wat op ons afgedwing word, maak ons in ontkenning ons oë toe en verdra in gelatenheid die vreeslikste onreg asof dit van ons Hemelse Vader op ons pad gelê is? Het die sorge van die lewe, of is dit liewer, die genot van die wêreld se vermaak en verleiding ons sin vir waardes só verstomp dat ons nie meer weet wie en wat ons regtig is nie?
Is dit reg dat ons, nadat F.W. de Klerk en sy swakkeling kabinet sy volksgenote se vertroue misbruik het om hulle te verraai, dit sonder stamp of stoot verdra? Dat die voorspelde onreg wat daaruit voortgespruit het, presies soos wat dr. Verwoerd voorspel en gewaarsku het en nog verder deur dr. Albert Hertzog, Jaap en Willie Marais by herhaling aan ons Afrikanervolk voorgehou is as die verkeerde beleidsrigting, daar nogtans op daardie verkeerde pad voortgegaan is?
Wil ons dan onsself vernietig? Het ons regtig polities kranksinnig geword? Terwyl die legio voorspellings van 'n "Nuwe Wêreld Orde" met een regering (VN), een godsdiens, een taal, gedryf deur satan's mag die Illuminati en al sy ongelowige geheime organisasies, deur sameswerings nou gevorder het tot die verleiding van die ganse mensdom, tot dienstigheid aan die leuen van 'n virus "pandemie" wat nie bestaan nie, is die beste waartoe ons as volk innstaat is om verder te verdeel!
Eers was dit verdeeldheid tussen ons omdat sommige tenspyte van duidelike tekens, nie wou glo dat die NP besig was om sy beginselpad byster te raak nie.Daardie verdeeldheid duur voort met die ontstaan van die Konserwatiewe Party in 1982, tenspyte van die Herstigte Nasionale Party wat reeds die beginselpad aangedui en voortgesit het. Daarna verdeel ons in 1986 in die kerk oor of apartheid sonde is of nie. Verder verdeel ons oor of ons ja of nee moet stem oor 'n nuwe grondwet in 1993. Ons hou aan verdee,l of ons moet deelneem aan 'n veelrassige verkiesing of nie. Na verdeeldheid tussen HNP en KP, verdeel ons oor 'n volkstaat al dan nie. Nou verdeel ons tenspyte van die oorwig van wetenskaplike bewys dat die inenting uiters nadelig, indien nie dodelik gevaarlik is, of ons ons en ons kinders moet laat ent of nie! QUO VADIS AFRIKANERVOLK??
Glo ons dan nog werklik dat ons 'n weinig minder as 'n goddelike wese is waar een van siel en een van sin die norm behoort te wees nie? Waarom hardloop ons volksgenote agter elke strooihalm aan asof die pad op beginsel reeds jare gelede al vir ons aangedui is! Het die aandrang op verandering nou die argument geword om alle ander geldige argumente van die tafel af te vee, onge-ag dat dit voorspel en bewys is dat die teenhang van die bewese beleid van Afsonderlike Ontwikkeling nog nêrens in die wêreld waar daar verskillende rasse in een land bymekaar woon, gewerk het nie!
Verset teen onreg is 'n onafwendbare verantwoordelikheid van elke gelowige! As dit ons wil en behoefte is om ons identiteit, onafhanklikheid en vryheid terug te wen, is gesamentlike verset op geordende wyse onontbeerlik! Wend u samewerking, u bydrae en u lidmaatskap af van elke instansie wat dit nie as uitgesproke doel het om sonder kompromie hulle daarvoor te beywer nie. Weier eenvoudig om enige instelling of bedryf te ondersteun wat u toegang tot werk, reis, studie en aankope ontsê, indien u nie ge-ent is teen Covid 19 nie en maak dit hardop bekend sodat almal dit hoor en daarvan kennis kan neem. Beperkte sukses daarmee groei vinnig tot 'n golf van verset wat sulke instansies al gou nadelig raak.