Afrikaner

JOERNALISTIEKE DREKPUBLISITEIT

Elsa Wessels (Joernalis)

Sjoe, ek weet ek is blond, maar kan 'n SLIM mens my dan reghelp, want ek kan wragtig nie langer die mediastrooi (mooiste woord waaraan ek kan dink) sluk nie.

Hierdie is verlede jaar se verslag van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en daarvolgens is die normale jaarlike sterftesyfer weens SEISOENALE griep in SA tussen 7 000 en 12 000.

Ná 7 maande se volgehoue, vreesaanjaende media-massahisterie oor die Covid-19 "pandemie" en ondanks erg opgeblase en vals statistiek, is die sterftesyfer tot op datum weens "alle Covid-verwante" siektes (dit sluit ALLE griepverwante siektes in plus sommer baie ander ook) steeds net 5 173 . . .en die "seisoen" eindig oor 'n maand?

Die globale jaarlikse sterftesyfer weens "seisoenale griep" is tussen 250 000 en 500 000, maar ná 9 maande waarin die hele wêreld omgedop is oor 'n "dodelike nuwe virus" waarvoor honderde riskante entstowwe binne maande ontwikkel en getoets moet word, is die globale "Covid-sterftesyfer" wat ook ALLE griepverwante sterftes insluit, steeds net 615,398 . . . ?

Dit is ook alom bekend dat hospitale gevra is om alle sterfgevalle wat ook positief toets vir Covid-19 as 'n "Covid-sterfte" aan te meld.

Boonop is SA se algehele sterftesyfer vir ALLE siektes tot dusver vanjaar laer as vorige jare? https://www.samrc.ac.za/.../202.../WeeklyDeaths19May2020.pdf

WAAR is die georkestreerde, vreesaanjaende vooruitskattings van MILJOENE Covid-sterftes binne maande en HOEKOM speel die hele wêreld saam met dié georkestreerde massa-mediapandemie?

Wanneer gaan almal self hul sommetjies begin maak, die MEDIA afskakel en sê GENOEG is GENOEG?

Die "nuwe normaal" is niks anders as massamedia-breinspoeling nie? Gaan koop vitamiene C en E, vlug sonlig toe en kry genoeg gesonde buitelug-oefening en gesonde kos (vrugte, groente, sap) danksy ons boere! om jou natuurlike immuniteit te versterk en GEBRUIK jou gesonde VERSTAND pleks van die gekaapte 24/7 massamedia-breinspoeling te volg?

Wáár kom die sieklike doodsvrees skielik vandaan? Almal van ons sal een of ander tyd doodgaan en jy kan jou vanaand doodval van 'n trap in jou eie huis of deur te verstik aan 'n appelskil terwyl jy in die huis wegkruip van 'n virussie? Mense diep in hul 90's herstel van Covid omdat hulle hul gesondheid oppas en hul immuniteit teen kanker, TB, hartsiektes, suikersiekte en ALLE siektes met gesonde verstand probeer opbou?

Toe wyle dok Jan Spies my in die 1980's tydens die grensoorlog in die ou Suidwes as groentjie in die mediawêreld ingelyf het, het hy die waarste woorde ooit gesê en ek het nooit gedink ek sal dit aan eie lyf beleef nie: "Onthou altyd - daar is duisende soldate met AK47's en bomme daarbuite, maar met jou pen is jy BAIE gevaarliker as hulle almal saam. Pasop wat jy skryf."

Ja Dok - ek wonder wat jy vandag van die Covid-massamedia-pandemie sou sê? Waarskynlik: "Ek het jou mos gewaarsku . . . ?"

Ek skaam my vandag dood oor wat in die joernalistiek/media aangaan ter wille van geld en mag. SIES!

En ek skaam my vir soveel kastige gelowige Suid-Afrikaners wat wragtig val daarvoor en hul hele lewe/geliefdes/besighede afskeep uit misplaaste en oordrewe VREES vir 'n seisoenale griepvirus ? Omdat die MEDIA so sê?    

Despite an effective influenza vaccine having been available for many years, influenza continues to cause significant morbidity and mortality worldwide. Annually influenza epidemics are estimated to cause between 3 and 5 million cases of severe illness leading to hospitalisation, and between 250 000 and 500 000 deaths worldwide.

In sub-Saharan Africa, and specifically in South Africa, the burden of influenza is substantial, with studies showing higher influenza-associated mortality rates compared to other regions. Annual estimates of between 7000 and 12000 seasonal influenza-associated deaths have been reported for South Africa.

https://www.nicd.ac.za/flu-season-is-around-the-corner/

Lees gerus ook dié kommerwekkende wetenskaplike navorsing: https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/32668870/