1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7280684

Besoekers aanlyn

Ons het 27 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WAARIN LÊ ONS ROEM?

BybelJer. 9:1-26 “So sê die Here: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die Here is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek die Here.” (:23&24).

Geliefdes, ek dink dat die meeste van ons vandag deur hierdie woorde van die Here beskaam word. Ja, ek dink dat die meeste van ons met aanhoor hiervan en ‘n eerlike beoordeling van onsself ons hoofde in skaamte laat sak. Ons put tog soveel genoegdoening daaruit om te roem. Daar is diegne van ons wat daarvan hou om ons op ons sukses te beroem, diegene wat daarvan hou om ons op ons rykdom te beroem en ‘n ander dalk weer beroem hom op sy wysheid, kundigheid of insig.

Ons hoor dikwels hoedat mense op hul kinders roem. Ja, geliefdes, selfs sien ons bewegings wat probeer om duisende of miljoene mense vir gebedsbyeenkomste byeen te roep sodat hulle hul in getalle kan beroem. En tog is die Woord van die Here baie duidelik oor die verkeerdheid van hierdie ydele roem. “Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.” (Jak. 4:16).

 

Die voorbeeld wat kinders in ons tyd kry, versterk hierdie verkeerde optrede. Hierdie mensies wat moet leer van reg en verkeerd en ook goed en sleg – hulle perspektief word verkeerd gevorm, geliefdes. Die meeste van hulle sien dat wat in hierdie lewe belangrik is, is om voor die ander mense rondom ons ‘n nuwe motor te koop. Ja, hulle sien dat om baie goed in sport te presteer of om baie geld te hê vir jou groot gewildheid bring. Hulle word meer ure in ‘n week aan ‘n televisie blootgestel waardeur hulle geleer word om in die dinge van die vlees te roem as wat hulle aan die Woord van die Here blootgestel word waar hulle van die verkeerdheid van hierdie aardse roem sou leer.

 

Waar in ons samelewing word ons kinders vandag geleer dat wat eintlik prysenswaardig is, is om die Here in waarheid te ken. Ja, om die wil van die Here van harte te ken én om daarna te streef om dit met dieselfde ootmoed as Christus te doen. Dit is gewoon nie in ons tyd meer ‘n prioriteit of van belang in die meeste huishoudings nie, geliefdes. Is voormelde nog in ú huishouding ‘n prioriteit, geliefdes? Die Here leer vir ons in 1 Kor. 1:31 dat ons roem in Christus moet wees. “Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.” Ja, hierdie selfde opdrag word in 2 Kor. 10:17 herhaal. “Maar wie roem, moet in die Here roem.” Ja, ons roem moet in Hom wees wat ons met God die Vader versoen het. Hy wat aan die reg van God voldoen het en die skuld van ons sonde op Hom geneem het sodat ons deur Hom kan leef.

Ja, Hy wat vrede tussen ons en God die Vader bewerk. In Hóm moet ons roem wees, geliefdes. “Want as ons, tewyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.

 

” (Rom. 5:10-11). Hý is ons roem. Hý wat ons leer van die wil van God en ons deur Sy Heilige Gees help om tot sondebesef te kom. Hý wat vir ons help om deur die Heilige Gees die vrug van die Gees voort te bring en daardie dinge te doen waarin God ‘n behae het. Hý wat ons help om daardie dinge wat voor God verkeerd is te probeer weerstaan en in lewens te bestry. Geliefdes, mag ons vandag ag gee op hierdie saak wanneer die Here ons uit Sy Woord hieroor vermaan. En mag ons die roem van hierdie wêreld van ons af wegwerp terwyl ons daarna streef om op só ‘n wyse te leef dat ons geheel in Christus roem.

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie