Afrikaner

HEIL DIE LESER

Klaas WaarseggerWat nou gebeur is presies wat apartheid ten doel gehad het om te vermy.  Die vraag wat ons Afrikaners nou moet antwoord is of dit heilsaam is om ingetrek te wees by ‘n veelrassige bestel.  Die getuienis sedert 1994 is nou oorweldigend dat die nuwe SA ‘n katastrofiese mislukking is.  Om dit nie te erken nie, is om verraad te pleeg teenoor jou volk.

De Klerk se wigte en teenwigte lȇ aan skerwe.

  Hoe lank nog moet ons gyselaar gehou word deur ‘n kriminele parlement en wettelose swart hordes wat brand en plunder.  Om die nuwe SA ‘n demokrasie te noem is galgehumor.  Sedert 1994 word haat gespoeg teenoor die Afrikaner, sy geskiedenis, sy taal en sy bestaan.  Aanspraak word gemaak op ons De Klerk se wigte en teewigteland, ons besighede en ons besit.  Die swart gemeenskap word opgesweep deur vele van hul leiers om die blanke uit te moor, sy huis en plaas af te brand.  Gegewe die Afrika tradisie van bloedvergieting, en bandeloosheid, was al hierdie dinge te wagte.  Die les van Afrika is dat die enigste reg wat jy het, is dáárdie reg wat jy instaat is om te verdedig.

Wat ons vandag ervaar is die gevolge van de Klerk se verraad en die voorsetting daarvan deur politieke partye en instansies soos die VF+, DA, Solidariteit en diesulks wat volledig ingekoop het in vreemde oorheersing.  Die feit is dat niks in SA sal verander as ons die status quo goedsmoeds verdra nie.  Gegewe die ANC se geskiedenis is dit diabolies om hulle te vertrou met ons land se toekoms.  Vryheid kan nooit gedy wanneer moraliteit ontbreek nie.

Volgens die huidige bestel is die Afrikaner verdoem tot volslae politieke irrelevansie.  Onkundige stemmers sal altyd ’n positiewe uitkoms belemmer.  Dit is hartseer dat volksgenote die nuwe SA kondoneer deur hul deelname. Moet nooit die invloed van dom mense onderskat in ‘n getalle oorwig nie.

Graag herinner ek u aan die ANC se slagspreuke: "Kill the farmer, kill the boer, en one setler one bullet"

Dit is tyd om ander besluite te neem.