Onder die bo-vermelde opskrif bevraagteken Elsabé Brits die waarskuwings teen inentings as fiksie en "dodelik". Die enigste afleiding uit haar betoog wat 'n mens kan maak is dat jy jou moet laat inent, omdat haar verklaring en verduideliking die waarheid is. Daarmee vee sy alle ander verklarings van proffessionele wetenskaplikes en selfs die verklarings van ontwerpers van sekere entstowwe van die tafel af! Sy bly ook ingebreke om te sê of sy haar laat ent het en met watter entstof?
Die vraag wat sy egter nie genoeg, indien enige aandag aan gee nie, is waarom word mense siek en sterf selfs nadat hulle inge-ent is? Waarom sou haar ontledings van die werking van entstowwe waar wees en dié van ander wetenskaplikes vals? Hoewel die AVP saamstem dat daar geweldig baie vals en verdraaide nuus op sosiale media is, is dit ook waar van die hoofstroom media en selfs sogenaamde mediese tydskrifte.
Die AVP plaas dus die erkenning en bespreking van Dr. Robert Malone, creator of mRNA vaccine technology, na Elsabé se betoog sodat ons mede volksgenote hulle self kan vergewis van wat die werklike waarheid is en op sterkte daarvan die regte besluit sal neem. Hierdie besluit is 'n gewigtige besluit en het te make met lewe en gesondheid! As daar nie fout is met die "pandemie" en vreesdrywing vir inenting nie, waarom al die bohaai? Ons Afrikaners se ou gesegde van as daar 'n rokie is is daar 'n vuurtjie, moet nie hier deur die vingers gesien word nie! Moet dus nie al die "slimmes" onvoorwaardelik glo nie, maar maak self seker met 'n fyn sif! Ons kan nie bekostig om ons mense onnodig te verloor nie!
Nobelpryswenners is nie baie goeie voorbeelde nie. Gedenk de Klerk en Tutu se toekennings en dit nogal vir vrede? Juis omdat om 'n dokter te wees nie meer 'n roeping is nie maar bloot 'n beroep waarin goed en groot verdienste is, het die eed wat hulle aflê nie meer dieselfde waarde vir baie van hulle nie. Dit sal die AVP ook vir Elsabé toegee. Ons is egter bekommerd oor haar ontkenning dat daar werklike rede tot kommer is oor die inentings.
Elsabé BritsSeminare en essays2021-06-16
0https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/06/inspuiting650.jpg&description=Dodelike%20entstoffiksie:%20Wat%20is%20die%20waarheid?" target="_blank" title="Share on Pinterest">00360
Fotoerkenning: Pixabay
’n Ramp, pandemie, vrees, veranderende tye en onsekerheid is die perfekte teelaarde, ryp met mis wat ruimhartig op die grond gegooi word sodat elkeen wat nog ooit ’n wilde gedagte gehad het, op sy seepkis kan staan en skree en sy saadjies kan plant. En val daardie sade nie op geil stukkies aarde nie.
.........
Iets waarmee baie mense en die media sukkel, en wetenskaplikes baie in gebreke bly om behoorlik te verduidelik, is oorsaak en gevolg en assosiasie. Twee goed kan baie nou met mekaar geassosieer wees sonder dat daar enige verwantskap tussen oorsaak en gevolg is.
Veral in kwakkerye en sogenaamde kure, en gesondheid, of eerder die najaag van welstand eerder as gesondheid, is daar reuseverwarring hieroor. Tog dink mense dié verkeerde inligting kom van “wetenskaplikes en navorsing” af en dan vertrou hulle nie die behoorlike bewese wetenskap nie.
Bogstories om mense bang te maak oor entstowwe kruip byna elke dag uit ’n donker gat, veral van sosiale media. Fantasieë so wonderbaarlik fiktief dat dit goeie Hollywood-flieks sal kan maak.
Dit sou tydmors wees om elkeen van die duimsuigtoerieë oor die virus, voorkoming en wat nog oor die pandemie en die pseudowetenskap waarmee dit “bewys” word, te ontmasker. Laerskoolwetenskap en -biologie is genoeg daarvoor.
’n Ramp, pandemie, vrees, veranderende tye en onsekerheid is die perfekte teelaarde, ryp met mis wat ruimhartig op die grond gegooi word sodat elkeen wat nog ooit ’n wilde gedagte gehad het, op sy seepkis kan staan en skree en sy saadjies kan plant. En val daardie sade nie op geil stukkies aarde nie.
Daarby is daar die gruwelike afleidings wat oor COVID-19 gemaak word, meer as ’n jaar nadat die pandemie begin het, terwyl van die beste bronne beskikbaar is om jou van die basiese te vergewis. Daar is oorgenoeg rede waarom baie aansprake bloot fiktief is, veral indien oorsaak en gevolg geïgnoreer word, omdat twee dinge wat met mekaar geassosieer word, nie noodwendig oorsaaklik is nie.
Ons is nou maar eenmaal steeds vasgevang in die liefde vir die argetipiese figuur van gesag, die pater. Die doktor, professor, dominee en skoolhoof – veral dié wat mans is. As hulle nie kan bewys wat hulle sê nie, dan beteken die titels niks. Net omdat “hulle” so sê, beteken dit nie dit is waar nie.
Veral die stem op ’n WhatsApp-boodskap – die vet alleen weet wie dit is – wat voorgee om “iemand te wees” – wat raad gee en veral vrees saai. Wie is dit? Enige bron op Instagram, Facebook, Twitter en waar nog kan stories opmaak en lieg soos hulle wil.
Die lewe het ’n mynveld van waninligting geword, omdat daar wel ook dokters is wat om een of ander rede die pad byster geraak het en alles wat hulle geleer het, weggegooi het.
........
Die lewe het ’n mynveld van waninligting geword, omdat daar wel ook dokters is wat om een of ander rede die pad byster geraak het en alles wat hulle geleer het, weggegooi het.
..........
Omstrede Nobelpryswenners
Daar is selfs ’n Nobelpryswenner of twee wat ontrou geraak het en wat ander wetenskaplikes warm onder die kraag het.
Een so ’n afvallige, Luc Montagnier, wat in 2008 ’n medewenner van die Nobelprys vir geneeskunde was vir sy werk oor MIV, vertroebel die waters met sy uitsprake. Let wel: uitsprake – hy bewys nie sy wilde teorieë op die gewone manier deur in akademiese portuurevaluasie te publiseer nie: hy praat net.
Ander wetenskaplikes sien hom lankal reeds as ’n vrot randeier, omdat hy onder meer glo water het ’n geheue, DNS het glo elektromagnetiese afdrukke, en omdat hy homeopatie steun. Die idee dat water ’n geheue het is so verregaande ’n mens kan net daarmee spot – soos met homeopatie. Dit laat my noodwendig dink aan die “arme” water in die toilet ...
Dit is wel vals dat hy sou gesê het almal wat die entstof ontvang het, sal binne twee jaar dood wees. Maar wat hy wel gesê het, is dat nuwe variante geskep word deur die seleksie van teenliggaampies wat uit immunisasie ontstaan. Hy het ook gesê die massa-immunisasie is ’n “reusagtige fout. ’n Wetenskaplike en mediese fout”, en om dit gedurende ’n pandemie te gee is ondenkbaar, want nadat dit gegee is, is daar sterftes in lande.
Die verskeie variante wat eerste in Brittanje, Suid-Afrika en Brasilië ontstaan het, was hier lank voordat daar met massaveldtogte begin is. Die beste verweer en voorkoming in enige pandemie is ’n entstof. Dit het almal gesien in die geskiedenis van dodelike kindersiektes, poke, polio, vorige grieppandemies en die uitbrekings van masels. Was dit nie daarvoor nie, sou miljoene van ons nie hier gewees het nie.
Dit is duidelik Montagnier het sy sin vir die wetenskaplike metode verloor.
Die ander bekende is Michael Levitt, wat ’n medewenner van die Nobelprys vir chemie in 2013 was. Die plaaslike groep Pandemic Data Analysis (Panda) gebruik onder meer wat hy sê om hulle data te staaf. Levitt meen COVID-19 is nie ’n groot gevaar nie, en hy het ook nie gedink daar sal veel sterftes wees nie. Hy was en is verkeerd, maar hy het steeds ’n reuse-aanhang onder dié wat ná al die maande nog glo dié virus is net duskant ’n griep.
Die naam Nobelprys beteken vir talle mense die toppunt van geniale en foutlose denke. Kan wees, maar nie altyd nie. Voor dié twee was daar ander Nobelpryswenners in die wetenskappe wat aanvanklik goeie wetenskap gedoen het, en toe nie. Dalk raak die gewig wat dit op ’n mens se skouers plaas, of die euforie daarvan, te veel.
’n Goeie voorbeeld is Linus Pauling, wat die Nobelprys vir chemie en die een vir vrede gewen het. En toe word hy ’n totale kwak. Eens ’n briljante molekulêre bioloog wat later onwrikbaar geglo het vitamien C kan álles genees, van hartsiektes tot kanker. Dit kan nie.
Vitamien C wat, indien jy meer inneem as wat jou liggaam kan opneem, jy uitpiepie. Duur piepie. Dis al; dit kan nie eens verkoue genees nie, maar dit het tot een van die grootste mites van ons tye gelei en ’n industrie wat sekerlik in die miljarde is.
Die ander een is James Watson, medeontdekker van die dubbeleheliksstruktuur van DNS, wat alle aansien verloor het weens sy rassistiese uitsprake. Uitsprake wat hy ook nie bereid was om terug te trek nie, maar wat hy herhaal het. Vele toekennings en titels wat aan hom toegeken is, is teruggetrek.
In Brittanje, waar mense die entstowwe van AstraZeneca of Pfizer-BioNTech ontvang het, het die voorkoms van infeksies met onderskeidelik tussen 61% en 66% gedaal wat ná die tweede dosis verbeter het tot 79% en 80%. Dit is een van die voorbeelde wêreldwyd van wat toenemend sal gebeur.
Toetse in Suid-Afrika het gewys die AstraZeneca-entstof is nie effektief teen die plaaslike variant nie. Maar ons gaan dit nie gebruik nie. Miskien moet die fokus nou verskuif na om mense wat wel behoorlike inligting wil hê, en redelike vrae het, van inligting te voorsien. Onsekerhede en vrees kan ontstaan omdat mense wat verkeerde inligting versprei, jou ’n gat in die kop kan praat, en hulle is goed daarmee. Veral omdat ’n klein bietjie kennis oor die onderwerp óf vervorm word óf nie behoorlik verstaan word nie.
........
Onsekerhede en vrees kan ontstaan omdat mense wat verkeerde inligting versprei, jou ’n gat in die kop kan praat, en hulle is goed daarmee. Veral omdat ’n klein bietjie kennis oor die onderwerp óf vervorm word óf nie behoorlik verstaan word nie.
..........
Hoe werk ’n mRNS-entstof?
Deoksiribonukleïensuur (DNS) dra die genetiese inligting van alles wat lewe. Dit is binne-in die kern van ’n sel buiten mitochondriese DNS wat by mense en diere buite die selkern is. Dit vorm ’n dubbele heliks. Ribonukleïensuur (RNS) is soortgelyk aan DNS, maar dit is nie dieselfde nie, onder meer omdat dit in ’n enkelstring voorkom. Daar is verskillende tipes RNS, en die een wat hier belangrik is, is die boodskapper-mRNS wat opdragte dra sodat selle proteïene kan maak. Dus: mRNS is stringe van die genetiese kode wat chemiese boodskappers is tussen die DNS en die sellulêre enjin wat die proteïene maak wat ons nodig het om te funksioneer. mDNS gee die instruksies wat die enjins gebruik.
Daar is tans net twee mRNS-entstowwe teen COVID-19: Moderna en Pfizer-BioNTech, wat vinnig gemaak kan word – binne ’n week. Elke entstof het dieselfde doel: Lei die liggaam se immunstelsel op om ’n spesifieke patogeen, in dié geval die ernstige akute-respiratoriese-sindroom-koronavirus tipe-2 (SARS-CoV-2) te herken en dan met teenliggaampies aan te val. Hoewel ’n mens ook T-selle het wat help. Om dit te bereik het die meeste entstowwe ’n verswakte, of onaktiewe, weergawe van die virus, of een of ander herkenbare proteïen in sodat die liggaam daarvan kan leer. Dit staan beken as ’n antigeen en is die aktiewe bestanddeel. Sommige entstowwe bevat ook ’n hulpmiddel (adjuvant) wat die immuniteitsreaksie verbeter.
In die geval van mDNS-enstowwe is dit anders, want dit bevat stringe mRNS. Die stringe gee aan die liggaam se selle die opdragte om kopieë van die herkenbare, máár skadelose, virusproteïen te maak. Daardie juiste stekelproteïen. Die immunstelsel ontvang dan die skadelose weergawe van die proteïen, maar leer om reeds sy verdediging op te bou vir die dag wanneer jy wel aan die virus blootgestel word. Indien jy dit reeds gehad het, versterk dit die immunstelsel net meer.
........
Die immunstelsel ontvang dan die skadelose weergawe van die proteïen, maar leer om reeds sy verdediging op te bou vir die dag wanneer jy wel aan die virus blootgestel word. Indien jy dit reeds gehad het, versterk dit die immunstelsel net meer.
.........
Kan dit jou siek maak?
Nee. mDNS-entstowwe kan dit nie doen nie, omdat die stringe mRNS nie die volledige pakkie inligting bevat om die virus te bou nie. Dit het net inligting oor ’n spesifieke proteïen.
Kan ’n entstof jou DNS of RNS verander?
In die eerste plek kan RNS nie met jou DNS kombineer nie. Dit is geweldig broos en bly vir slegs 72 uur in ’n sel net om die boodskappe oor te dra voordat dit afbreek. Dis juis omdat mRNS so broos is dat die betrokke entstowwe so koud gehou moet word. Om DNS te verander moet jy genetiese materiaal van ’n ander organisme binne-in die selkern kry. ’n Entstof kan dit nie doen nie. mRNS dring nie selkerne binne nie, maar bly in die sitoplasma waar die stekelproteïne vervaardig word. mRNS-entstowwe is al ’n dekade lank in ontwikkeling en hoewel die tegnologie nuut is, is die kennis nie. Tydens die pandemie was daar natuurlik geld om daarin te belê.
Hoekom is daar dan nog nie entstowwe teen kanker en MIV nie?
Kanker is nie ’n oordraagbare siekte nie. Servikale kanker word in 80% van gevalle wel deur die menslike papilloomvirus veroorsaak. Die entstof is al jare lank beskikbaar. Kanker word veroorsaak deur verskeie faktore – twee daarvan, en wat ’n groot rol speel, is onkogene en mutasies.
Daar was al tálle pogings om ’n entstof teen die MI-virus te maak. Dié virus is egter nie dieselfde as die koronavirus nie. Een van die vele redes is dat die virus juis die immunstelsel aanval, die einste een waarop staatgemaak word. Teenliggaampies kan juis nie ontslae raak van MIV nie. Met MIV muteer die virus geweldig vinnig – dit is byna asof elke mens wat dit onder lede het, sy “eie virus” het. Boonop het MIV muteer in families en subtipes wat anders is in verskillende dele van die wêreld.
Is die entstowwe “eksperimenteel”?
Nee, en dit is bloot vals om dit te beweer. Óf diegene wat dit beweer, is teen entstowwe gekant, óf hulle verstaan nie die proses wat gevolg word om entstowwe te ontwikkel nie. Elke liewe entstof wat beskikbaar is, insluitend dié teen COVID-19, het deur kliniese toetsing, registrasie en lisensiëring gegaan. Van alle mediese produkte en prosedures word entstowwe aan die strengste toetsing, monitering en regulasies onderwerp. Geen belangrike stappe is enigsins uitgelaat vir die noodgebruik van entstowwe gedurende ’n pandemie nie. Presies wat gedoen is, kan hier gesien word.
Kortliks is dit:
Honderde entstofkandidate word ondersoek. (Die meeste opsies bly net hier.)
Dus, sodra die entstof op die mark is, is dit nie “eksperimenteel” nie.
Wat die entstowwe op die mark intussen gewys het (en onthou, daar was honderde kandidate en die uiteinde was toe net ’n klompie), is een belangrike punt: Hulle beskerm goed teen ernstige siekte, hospitalisasie en die dood. En dit is tog wat elkeen van ons al maande lank wil sien – dié soort beskerming. Dit is waarvan ons dié tyd verlede jaar nog net gedroom het.
Waarom dan twyfel in die beste wat die wetenskap vir ons gebring het?
En laat ons vir ’n oomblik dink aan, en dankie sê vir, die baie, baie diere in laboratoriums waarop die COVID-19-entstowwe getoets is. Net sodat ons beskerm kan wees. Net sodat ons kan leef.
INVENTOR OF MRNA TECHNOLOGY: VACCINE CAUSES LIPID NANOPARTICLES TO ACCUMULATE IN ‘HIGH CONCENTRATIONS’ IN OVARIES
Global Research, June 18, 2021
Children's Health Defense 17 June 2021
On the “Dark Horse Podcast,” Dr. Robert Malone, creator of mRNA vaccine technology, said the COVID vaccine lipid nanoparticles — which tell the body to produce the spike protein — leave the injection site and accumulate in organs and tissues.
On June 10, Dr. Robert Malone, creator of mRNA vaccine technology, joined evolutionary biologist Bret Brownstein, Ph.D., for a 3-hour conversation on the “Dark Horse Podcast” to discuss multiple safety concerns related to the Pfizer and Moderna vaccines.
In this short outtake from the full podcast, Malone, Brownstein and tech entrepreneur Steve Kirsch touch on the implications of the controversial Japanese Pfizer biodistribution study. The study was made public earlier this month by Dr. Byram Bridle, a viral immunologist.
They also discuss the lack of proper animal studies for the new mRNA vaccines, and the theory, espoused by virologist Geert Vanden Bossche, Ph.D., that mass vaccination with the mRNA vaccines could produce ever more transmissible and potentially deadly variants.
As The Defender reported June 3, Bridle received a copy of a Japanese biodistribution study — which had been kept from the public — as a result of a freedom of information request made to the Japanese government for Pfizer data.
Prior to the study’s disclosure, the public was led to believe by regulators and vaccine developers that the spike protein produced by mRNA COVID vaccines stayed in the shoulder where it was injected and was not biologically active — even though regulators around the world had a copy of the study which showed otherwise.
The biodistribution study obtained by Bridle showed lipid nanoparticles from the vaccine did not stay in the deltoid muscle where they were injected as the vaccine’s developers claimed would happen, but circulated throughout the body and accumulated in large concentrations in organs and tissues, including the spleen, bone marrow, liver, adrenal glands and — in “quite high concentrations” — in the ovaries.
The mRNA — or messenger RNA — is what tells the body to manufacture the spike protein. The lipid nanoparticles are like the “boxes” the mRNA is shipped in, according to Malone. “If you find lipid nanoparticles in an organ or tissue, that tells you the drug got to that location,” Malone explained.
According to the data in the Japanese study, lipid nanoparticles were found in the whole blood circulating throughout the body within four hours, and then settled in large concentrations in the ovaries, bone marrow and lymph nodes.
Malone said there needed to be monitoring of vaccine recipients for leukemia and lymphomas as there were concentrations of lipid nanoparticles in the bone marrow and lymph nodes. But those signals often don’t show up for six months to three or nine years down the road, he said.
Usually, signals like this are picked up in animal studies and long-term clinical trials, but this didn’t happen with mRNA vaccines, Malone said.
Malone said there are two adverse event signals that are becoming apparent to the U.S. Food and Drug Administration (FDA). One of them is thrombocytopenia — not having enough platelets, which are manufactured in the bone marrow. The other is reactivation of latent viruses.
Malone found the ovarian signal perplexing because there is no accumulation in the testes.
Malone said the original data packages contained this biodistribution information. “This data has been out there a long time” within the protected, non-disclosed, purview of the regulators across the world, he said.
According to Malone, the FDA knew the COVID spike protein was biologically active and could travel from the injection site and cause adverse events, and that the spike protein, if biologically active, is very dangerous.
In fact, Malone was one of many scientists to warn the FDA about the dangers of the free spike protein.
Malone suggested autoimmune issues may be related to free-circulating spike protein which developers assured would not happen. To pick up autoimmune issues, a 2- to 3- year follow-up period in phase 3 patients would be required to monitor for potential autoimmune consequences from vaccines — but that monitoring didn’t happen with the Pfizer and Moderna vaccines.
Pfizer and Moderna also didn’t conduct proper animal studies, Brownstein said. What the animal models give us is a signal that alerts us to what we need to follow up on in humans.
Brownstein said:
“We’ve got very alarming short-term stuff. We’ve got short-term stuff that is alarming on the basis of where we find these lipids, where we find the spike proteins — those things are reasons for concern because it wasn’t supposed to be this way. We’ve also got an alarming signal in terms of the hazards and deaths or the harms and the deaths that are reported in the system and there are reasons to think they are dramatic under-reports.”
Vaden Bossche got it right
One of the potential harms from the vaccines, Brownstein said, was made famous by Vanden Bossche, a vaccinologist who worked with GSK Biologicals, Novartis Vaccines, Solvay Biologicals, Bill & Melinda Gates Foundation’s Global Health Discovery team in Seattle, and Global Alliance for Vaccines and Immunization in Geneva.
Earlier this year, Vanden Bossche put out a call to the World Health Organization, supported by a 12-page document, that described the “uncontrollable monster” that a global mass vaccination campaign could potentially unleash.
Vanden Bossche said a combination of lockdowns, and extreme selection pressure on the virus induced by the intense global mass vaccination program, might diminish the number of cases, hospitalizations and deaths in the short-term, but ultimately, will induce the creation of more mutants of concern. This is what Vanden Bossche calls “immune escape” (i.e. incomplete sterilization of the virus by the human immune system, even following vaccine administration).
Immune escape will in turn trigger vaccine companies to further refine vaccines that will add, not reduce, the selection pressure, producing ever more transmissible and potentially deadly variants.
The selection pressure will cause greater convergence in mutations that affect the critical spike protein of the virus that is responsible for breaking through the mucosal surfaces of our airways, the route used by the virus to enter the human body.
The virus will effectively outsmart the highly specific antigen-based vaccines being used and tweaked, depending on the circulating variants. All of this could lead to a hockey stick-like increase in serious and potentially lethal cases — in effect, an out-of-control pandemic.
Malone said:
“Vanden Bossche’s concern is not theoretical. It is real and we have the data. We’re stuck with this virus or its downstream variants pretty much for the rest of our lives and it’s going to become more like the flu. We will have continuing evolution and circulation of variants, and that is an escape.”
*
Note to readers: Please click the share buttons above or below. Follow us on Instagram, @crg_globalresearch. Forward this article to your email lists. Crosspost on your blog site, internet forums. etc.
Megan Redshaw is a freelance reporter for The Defender. She has a background in political science, a law degree and extensive training in natural health.