DIE PIETER EN PIETER, DIE AFSKEIDING VAN DIE WESKAAP, MET DIE WINDE .... VAN AGTER?
Met ‘n wenk van Jas Stegman oor die debat op Maroelamedia se webblad in verband met die volgehoue bespiegelinge van moontlike afskeiding van die Weskaap van die res van Suid Afrika, is die alliansie van Pieter Groenewald van die VF-Positief, Pieter Marais, kleurling van die Weskaap wat nou die VF-Positief se verteenwoordiger in die Weskaap is en Allan Winde, premier van die Weskaap, nogal interressant.
Soos elke munisipaliteit in Suid Afrika waarvan waarskynlik elkeen se hoofbron van inkomste elektriesetydsvoorsiening is, was dit een van die eerste geopperde besware van Winde dat Eskom nie instaat is om die ligte aan te hou nie en dat privaat elktriese voorsiening in Kaapland toegelaat moet word.
“Expropriation without compensation” het die “Freedom Charter” se beleid in praktyk geword, wat in kort beteken, die onomkeerbare herverdeling van rykdom, waarvan Eskom tot nog toe die geduldigste voorsiener was. Rykdom in die drein af wat in miljarde bereken kan word. As bron van inkomste, klink dit nou asof dít die voorste motivering vir afskeiding van die Weskaap geword het, nl. die buitensporige winste wat uit elektrisiteitsvoorsiening te make is.
Wat die AVP betref is voortydige afskeiding van enige deel van die Republiek van Suid Afrika, niks anders as erkenning van oorgawe aan ‘n onwettige regime wat nou tot gevolg het dat die aasvoëls se skor geluide regoor die land gehoor kan word. Vir die swart kommunistiese ANC regime beteken dit natuurlik dat die karkas van die prooi wat die de Klerkregering vir hulle gegooi het, al kleiner sal word en die potensiaal het dat elke jan rap en sy maat op een of ander gedeelte aanspraak sal maak. Jy kan tog nie die een toelaat en die ander weier sonder konflik nie!
Hoe sterk die Winde van die Da se alliansie sal aanhou waai, agter onder andere die Pieters van VF-Positief, waar die bruin Pieter deur middel van federalisme, ondersteun deur , volgens hom, ‘n meerderheid wat Afrikaans praat, reeds lankal sy oë op beheer van die Weskaap het, is ‘n oop vraag.
Dan lê daar nog die hekkie van die Khoisankoning“Koning Cornelius 111” se “ofissionele” afskeiding van die Kaap en sy sewe dae se Jerigomars voor wat die DA en VF Positief voorgespring het en oorgespring sal moet word.
ULTIMATUM AAN DIE ANC VERSTRYK VRYDAG 20 JULIE 2018!
Die ultimatum aan die “parlement” van die ANC in Kaapstad om die parlementsgeboue te ontruim, verstryk môre, Vrydag 2018, waarvan die tyd nie aan die AVP bekend is nie. Die assegaaivlag, met dieselfde betekenis as die assegaaie wat gebruik was om klein kindertjies aan hulle moeders se bors vas te pen tydens die aanvalle na Dingaansdag by Bloukrans, Moordspruit en Wenen, is vervang met “Koning Cornelius 111” se vlag van die “Soewereine Staat van Kaap die Goeie Hoop”!
Wie is nou die volgende? Suid Afrika die reënboog utopia van “We are One” faam word nou opge-eis deur elke jan rap en sy maat! Die Zoeloes, die Zwasis die Basoetoes? Die eerstemaal, die tweede maal, die derde maal! Die bod toegeslaan?
Kom nou julle bloedbesweerders! Kom nou met julle bloedbad afweerpolitiek en kyk of julle die bloedstroom wat julle in 1994 ontlok het kan stuit in die tyd wat voorlê! Moet dit egter nie vanuit julle skuilplekke in die buiteland kom probeer keer, of deur middel van die VN Troepe met hulle wit geverfde wapentuig nie, nee kom keer dit sonder wapens soos wat julle die Afrikanervolk wapenloos blootgestel het aan gewapende terroriste, gewapen en gerugsteun deur wette op papier om ons volk ook nog te verhoed om onsself te verdedig!
Wat ‘n klad op die geskiedenis van die Afrikanervolk en Suid Afrika deur julle kranksinnige politieke verraad waarteen julle tydig en ontydig gewaarsku was! Julle sirkus begin nou stuksgewys uitmekaarval tot vermaak van die hele wêreld! Die geskiedenis sal julle name daaraan koppel sodat julle nageslag hopelik iets daaruit kan leer!
Parliament in Cape Town has been served with an Eviction Notice to vacate the property by Friday, 20 July 2018.
The Sovereign State of Good Hope is the formation of a new sovereign nation state being the result of a legitimate and lawful process of secession by the traditional hereditary tribal leader of the Khoisan Nation, Gaob (which loosely translates to King in English) Khoebaha Calvin Cornelius III.
Met die onwettige regime van die ANC en sy onwettige grondwet, sal elke aksie wat plaasgevind het en nog gaan plaasvind as gevolg van de Klerk se mandaatlose optrede, natuurlikerwys onwettig wees. Elke party, organisasie en individu betrokke by die regime en of versnippering van die Afrikanervolk se land, sal onder Afrikaners beskou word as rampokkers en rowerswaar persoonlike belang verhef word bo die belang van die Afrikanervolk.
Hierdie land is ons land en saam en soos genls. De Wet en de La Rey in 1902 by die Vredesluiting in Vereeniging vir Milner gesê het, sê ons vir almal wat wil luister, ons sal ons land terugneem by die eerste geleentheid wat hom voordoen. Daarna sal ons indien nodig, self besluit om nuwe grense te trek! Niemand anders het die reg as die eienaar van grond om te besluit of hy ‘n gedeelte daarvan wil afsny en hoe groot en waar dit sal wees nie.
Ons sluit vir u met erkenning aan Maroela Media die artikel in vir kennisname.
DA SE STILLE OPTOG NA SELFBESKIKKING IN DIE WES-KAAP
&\ 13Junie 2020 (https://maroelamedia.co.za/2020/06/13/) & Ander skrywers
(https://maroelamedia.co.za/author/anderskrywers/)
(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Alan_Winde.jpg?x47338)
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde. (Foto: Courtney Africa/ANA)
Deur Phil Craig
Gedurende Februarie 2020 was alle oe op die staatsrede van pres. Cyril Ramaphosa gerig wat, soos gewoonlik, versier was met die aanhoudende streke van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF). As jy egter in die Wes-Kaap gewoon het, het die werklike aksie stellig elders plaasgevind.
Nadat hy die provinsiale rede van Alan Winde aangehoor het, het Peter Marais, die Vryheidsfront Plus-kandidaat vir die Wes-Kaapse premier, die podium bestyg. Marais, 'n bruin Afrikaanssprekende, het horn eers gerig tot diegene wat geweier het om die Afrikaanse gedeelte van die volkslied in die provinsiale parlement te sing, omdat Afrikaans die mees gesproke taal in die provinsie is, voordat hy horn tot Winde gewend het.
Marais het Winde gelukgewens met sy "visioenere" toespraak en'gese dat dit "bedoel was om hoop te vestig", voordat hy op die harde manier vir Winde daarop gewys het dat hy nie die wettige gesag het om dit te implementeer nie. Hy het sy aandag daarop gevestig dat die polisie, behuising, die onderwyskurrikulum, skoolvoeding, grondhervorming, belasting en die treinnetwerk alles die verantwoordelikheid van die nasionale regering is. Deur Winde na artikel 3, subartikel 9 van die Wes-Kaapse Grondwet te verwys, het hy horn versoek om die nasionale regering om 'n referendum oor federale outonomie te vra ten einde artikel 235 van die Suid-Afrikaanse Grondwet te implementeer wat selfbeskikking aan die mense van die Wes-Kaap, en enige ander provinsies wat dit wou he, gee.
Terwyl Winde uitdrukkingloos na Marais se toespraak geluister het, moes mens wonder: het Marais horn teen die politieke toue gehad, of was Marais in werklikheid 'n welkome Trojaanse perd vir Winde se ware voornemens?
Die Wes-Kaapse manifes van die DA, getiteld Fighting for You-A Plan of Action for the Western Cape, het onderneem om "die stryd te lei om polisieringsmagte en -begrotings van nasionale tot provinsiale regering af te wentel", om "te veg om die bestuur van die spoorstelsel in die provinsie oor te neem by die nasionale regering" en om "te weier om die nasionale regering se voorgestelde rampspoedige Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in die Wes-Kaap te implementeer". Dit, terwyl Winde in die toespraak wat bogenoemde van stapel gestuur het, verklaar het: "Die DA sal werk maak daarvan om die Wes-Kaap se kragvoorsiening deur onafhanklike kragprodusente te verseker omdat daar nie op Eskom staatgemaak kan word om die ligte aan te hou nie".
(https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2019/07/table-mountain-800681 960 720.jpg?x47338)
Kaapstad. (Foto: pixabay)